Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Torium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
90aktiniumtoriumprotaktinium
serium

Th

-
Algemeen
Naam,simbool,getaltorium, Th, 90
Chemiese reeksaktiniede
Groep,periode,blok3,7,f
Atoommassa232,0381(1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 6d27s2
Elektrone perskil2, 8, 18, 32, 18, 10, 2
Toestandvastestof
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
RuimtegroepFm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kodeA1

Torium is 'n radioaktiewechemiese element met simboolTh

Vervaardiging

[wysig |wysig bron]
Verval van torium-232

Torium is 'n sterk elektropositiewe element en dit maak dit moeilik om die metaal te vervaardig. Toriumoksied kan metkalsium gereduseer word enThCl4 ofThF4 kan gereduseer word metCa,Mg ofNa-metaal. 'n Ander pad is die elektrolise van gesmelte soute. Torium het 'n hoë smeltpunt (1750 °C) en die gesmelte metaal is baie reaktief. Fyn verdeelde toriumstof is pirofories en die vars oppervlak van 'n stuk metaal word vinnig dof.[1]

Chemiese eienskappe

[wysig |wysig bron]

Torium vorm verbindings in sy +4oksidasietoestand soosThO2 (toria),ThCl4,ThF4,K2ThF6 enTh(SO4)2.Toria is in die vroeë 20ste eeu dikwels gebruik in gloeikousies. As 'n toriumsout soos die nitraat met 1%seriumoplossing gemeng word en daarmee 'n manteltjie van fyn weefstof, soos kunssy, geïmpregneer word, vorm dit by verhitting 'n vuurvaste materiaal dat sterk lig uitstraal as dit deur 'n gas- of olievlam verhit word.[2] Dit is as ligbron gebruik.

Radioaktiwiteit

[wysig |wysig bron]

Torium bestaan amper uit net eenisotoop torium-232 (99,98%). Dit isradioaktief en vorm deuralfaverval radium-228. Diehalfleeftyd is egter baie lank: 14,05 miljard jaar en die element self is dus min aktief. Die dogterisotope het egter 'n baie korter halfleeftyd en die eindproduk is lood-208.

Kernkrag

[wysig |wysig bron]

Torium kan nesuraan gebruik word omkernkrag op te wek, maar dit is moeiliker om dit vir die vervaardiging van wapens te gebruik en die ontwikling van hierdie kragbron het min aandag gekry. Sedert 2004 was Kalpakkam die enigste plek waar 'n toriumproefreaktor in aanbou was. In 2017 hetNederland in Petten 'n toriumreaktor in bedryf gestel. Torium word eers aanneutrone met 'n hoë energie blootgestel; dit vorm U-233 wat nes die gebruiklikeU-235 kan splyt.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. The Radiochemistry of Thorium,National research council.Earl K. Hyde, National Academies, 1960
  2. Roscoe, J.D. van der Plaats (1903).Roscoe's beknopt leerboek der scheikunde. Van Broekhoven.
  3. New Scientist 2017

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Torium&oldid=2670540"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp