Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bokwark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafTopkwark)
Bokwark
Die bokwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
Die bokwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
SamestellingElementêre deeltjie
StatistiekFermionies
GroepKwarke
GenerasieDerde
WisselwerkingSterk,swak,elektromagneties,swaartekrag
Simboolt
AntideeltjieBo-antikwark
GeteoretiseerMakoto Kobayashi en Toshihide Maskawa (1973)
OntdekCDF en DØ (1995)
Massa172,44 ± 0,13 (stat.) ± 0,47 (sist.) GeV/c2[1]
Verval inOnderkwark (99,8%)
Vreemdkwark (0,17%)
Afkwark (0,007%)
Elektriese lading+2/3e
KleurladingJa
Spin1/2
Swak isospinLH: +1/2, RH: 0
Swak hiperladingLH: +1/3, RH: +4/3
’n Botsing waarby bokwarke betrokke is.

Diebokwark oft-kwark (simbool: t, van dieEngelsetop quark) is die swaarste van al diekwarke, ’n soortelementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel vanmaterie. Nes ander kwarke is die bokwark ’n elementêrefermion wat al vierfundamentele kragte:swaartekrag,elektromagnetisme,swak kernkrag ensterk kernkrag ervaar. Dieantideeltjie van die bokwark is die anti-bokwark (of anti-bo), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het. Bokwarke het ’nspin van +12,[2] 'nelektriese lading van +23 e[3] en ’n massa van172,9±1,5 GeV/c2.[4]

Die bokwark was eers in dieStandaardmodel, wat in die 1970's ontwikkel is, voorgestel. Dit is die swaarste kwark en is in1995 waargeneem met behulp van dieD0-detektor en dieCDF-detektor inFermilab seTevatron-versneller. Die bokwark word in die natuur in dietermosfeer vervaardig wanneerkosmiese straling metione bots. Op die oomblik is slegs die energie van die Tevatron-versneller enCERN seGroot Hadronversneller hoog genoeg om bokwarke in 'n laboratorium te produseer.[5]

Die bokwark se wisselwerking word hoofsaaklik deur diesterk krag gedryf waar kwarke in pare geproduseer word, naamlik 'n bokwark en 'n anti-bokwark. Wanneer die bokwark se wisselwerking deur dieswak krag gedryf is, word enkele kwarke geproduseer. Kwarke verval byna uitsluitlik in ’nW-boson en ’nonderkwark (99,8%), maar dit kan ook soms in ’n W-boson en ’nvreemdkwark (0,17%) of in ’n W-boson en ’nafkwark (0,007%) verval. Volgens dieStandaardmodel is sy leeftyd rofweg5×10−25 s.[6][5] Dit is 20 keer korter as die tyd vir sterk wisselwerkings en daarom vorm hulle niehadrone nie – dit bied wetenskaplikes dus ’n unieke geleentheid om ’n "naakte" kwark te sien. (Alle ander kwarke kan net in hadrone gevind word.)

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. CMS Collaboration (2016). "Measurement of the top quark mass using proton-proton data at sqrt(s) = 7 and 8 TeV".Physical Review D.93 (7): 072004.arXiv:1509.04044.Bibcode:2016PhRvD..93g2004K.doi:10.1103/PhysRevD.93.072004.
  2. C.R. Nave."Quarks".HyperPhysics (in Engels). Department of Physics and Astronomy, Georgia State University.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op20 Junie 2014.
  3. S. Willenbrock (2003). "The Standard Model and the Top Quark". In H.B Prosper and B. Danilov (red.) (red.).Techniques and Concepts of High-Energy Physics XII. NATO Science Series. Vol. 123. Kluwer Academic. pp. 1–41.arXiv:hep-ph/0211067v3.ISBN 1-4020-1590-9.
  4. K. Nakamuraet al. (Particle Data Group) (2011)."PDGLive Particle Summary 'Quarks (u, d, s, c, b, t, b', t', Free)'"(PDF). Particle Data Group. Besoek op8 Augustus 2011.
  5. 5,05,1"Evidence for production of single top quarks and first measurement of" (in Engels).Fermilab. 2006.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2017. Besoek op20 Junie 2014.
  6. A. Quadt (2006). "Top quark physics at hadron colliders".European Physical Journal C.48 (3):835–1000.Bibcode:2006EPJC...48..835Q.doi:10.1140/epjc/s2006-02631-6.

Notas

[wysig |wysig bron]
Elementêr
Fermione
Kwarke
Leptone
Bosone
Ykbosone
Skalaar
Ander
Spoke
Hipoteties
S-deeltjies
Gaugino's
Ander
Aksino • Chargino • Higgsino • Neutralino • Sfermion
Ander
Aksion • Dilaton •Graviton • Majoron • Majorana-fermion • Magnetiese monopool • Tachion •X-bosonX-boson|Y-boson • W'-boson • Z'-boson •Steriele neutrino
Saamgestel
Hadrone
Barione /Hiperone
Mesone /Kwarkoniums
Ander
Hipoteties
Eksotiese hadrone
Eksotiese barione
DibarionPentakwark • Skirmion
Eksotiese mesone
Ander
Meson-molekule • Pomeron
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bokwark&oldid=2704005"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp