Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Titrasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Titrasietegniek word aan hoërskoolleerders gedemonstreer
Titrasie met 'n buret

Titrasie is 'n chemiese ontledingstegniek. Die beginsel van diestoigiometrie word gebruik om die onbekende konsentrasie van 'n gegewe molekule of ioon in 'n oplossing, dieanaliet, te bepaal, deur dit te laat reageer met 'n oplossing met 'n bekende konsentrasie, dietitrant. Titrasie word in voorgraadse studielaboratoria, chemiese navorsingslaboratoria en tot selfs in fabrieke wat bv. voedselverwerking doen, ingespan.

Die titrant word gewoonlik drupsgewys met 'nburet bygevoeg, en die punt waarop genoeg daarvan bygevoeg is om alle analiet te laat reageer word dikwels bepaal met 'naanduider wat van kleur verander by hierdie ekwivalensiepunt of eindpunt.[1] Maar daar is variasies op hierdie tema. Soms word bv. eers 'n oormaat titrant bygevoeg en 'n terugtitrasie uitgevoer.

Ander metodes bepaal pleks van 'n kleurverandering 'n verandering in die elektriese geleiding van die oplossing[2] of 'n verandering in die hoeveelheid hitte wat die byvoeging van 'n druppel titrant opwek.[3]

Outomatisering

[wysig |wysig bron]

Titrasie is 'n ou tegniek wat deurJoseph Louis Gay-Lussac ingevoer is. Dit het aan die einde van die 20ste eeu kompetisie ondervind van heelparty ander tegnieke. Die koms van outomatiese titreertoestelle het die tegniek egter opnuut 'n hupstoot gegee.[4]

Vorms van titrasie

[wysig |wysig bron]

Daar is heelparty vorms van titrasietegnieke:

Jodometrie

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Kaliumjodied#Jodometrie.

Jodometrie is gebaseer op 'n redoksreaksie tussentiosulfaat enjodium wat deur die vorming van trijodiedione in oplossing is. Die analiet bevat 'n oksideermiddel wat se konsentrasie bepaal moet word en wat jodied tot trijodied kan oksideer. Dieaanduider is gewoonlik stysel.

Argentometrie

[wysig |wysig bron]

Argentometrie is 'n metode omchloriedkonsentrasies te bepaal. Die reaksie waarop dit gebaseer is, is 'n presipitasiereaksie vansilwerchloried

Ag+(aq)+Cl(aq)AgCl(s){\displaystyle Ag^{+}(aq)+Cl^{-}(aq)\rightarrow AgCl(s)\downarrow }

Die titrant is gewoonlik 'n oplossing vansilwernitraat. Hierdie sout kan maklik en noukeurig afgeweeg word. Voor die bereik van die eindpunt sal silwerione wat bygevoeg word vinnig uit die analietoplossing neergeslaan word omdatsilwerchloried onoplosbaar is. Die silwerkonsentrasie [Ag+] bly dus laag. Ná die ekwivalensiepunt verander dit omdat alle chloried reeds neergeslaan is en daardeur styg die [Ag+] skielik.[5]

Daar word drie verskillende aanduiders van die eindpunt gebruik:

  1. Die Fajans-metode van Kazimierz Fajans
  2. Die Mohr-metode van Karl Friedrich Mohr
  3. Die Volhard-metode van Jacob Volhard

Fajans se aanduider is dichloorfluoresceïen. Dit verander van groen na pienk. Mohr s'n iskaliumchromaat (K2CrO4). Dit gee 'n rooi neerslag van silwerchromaat by die eindpunt. Ongelukkig kan die teenwoordigheid vankarbonaat offosfaat die titrasie negatief beïnvloed. Volhard se aanduider is yster(II)ammoniumsulfaat (Fe(NH4)2(SO20−4)). In sy metode word eers 'n oormaat silwernitraat bygevoeg en die silwerchloriedneerslag deur filtrasie verwyder. Die filtraat word met 'n chloriedtitrant teruggetitreer. By die eindpunt gee vrye chloried 'n bloedrooi kleur met die aanduider.[5]

Nadele van argentometrie is dat silwernitraat nie goedkoop is nie en dat die metode silwerhoudende afval produseer. 'n Ander probleem is dat silwerchloried liggevoelig is. Onder invloed van lig word vrye silwer gevorm.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "What is a titration". Purdue University. Besoek op6 Augustus 2023.
  2. "Conductometric titrations"(PDF). Tel Aviv University.
  3. "Isothermal titration calorimetrie". Center for macromolecular interactions Harvard University.
  4. "Titrators". Mettler Toledo.
  5. 5,05,1"Argentometry". Hypowira. Besoek op6 Augustus 2023.
Hierdiechemie-verwante artikel is 'nsaadjie. U kan die Afrikaanse Wikipedia help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Titrasie&oldid=2595639"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp