Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Tipespesie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

’nTipespesie (Engels:type species) is in diewetenskaplike klassifikasie vanplante endiere die naam van ’nspesie waaraan die naam van ’ngenus permanent verbind word. Dit is die spesie wat die tipiesebiologiese voorbeeld van dietakson is. Die waarde van die "tipespesie" lê in die feit dat dit duidelik maak wat deur die spesifieke genusnaam bedoel word. Dit is veral belangrik wanneer ’n takson wat verskeie spesies bevat, in meer as een genus opgedeel moet word; die tipespesie verskaf outomaties die naam van die oorspronklike takson aan een van die nuwe taksa en skakel dus die moontlikheid van verwarring uit.

Volgens soölogiese en botaniese naamkodes behoort elke genus of onderafdeling van ’n genus wat ’n naam het, ’n tipespesie te hê – of dit in daardie stadium as geldig of korrek beskou word of nie. In die praktyk is dit egter nie altyd die geval nie.

’n Soortgelyke konsep,tipegenus, word gebruik vir suprageneriese groepe.

Voorbeeld

[wysig |wysig bron]

Die tipespesie vir dieslakgenusMonacha isMonacha cartusiana. Dié genus is in diefamilie Hygromiidae. Die tipegenus van dié familie is die genusHygromia.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tipespesie&oldid=2026565"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp