DieTigris (Sumeries: 𒁇𒄘𒃼,Idigna ofIdigina;Akkadies: 𒁇𒄘𒃼,Idiqlat;Arabies: دجلة,Dijlah, [didʒlah];Siries: ܕܹܩܠܵܬ,Deqlaṯ;Armeens: Տիգրիս,Tigris; Դգլաթ,Dglatʿ;Hebreeus: חידקל,Ḥîddeqel,Bybels:Hiddekel;Turks:Dicle;Koerdies:Dîcle,Dîjla) is die oosterse een van die twee groot riviere watMesopotamië begrens. Die ander een is dieEufraat, wat oor die berge vanAnatolië deurIrak vloei. (Trouens, die naam "Mesopotamië" is 'n Griekse vertaling uit dieOu-PersiesMîânrûdân, wat "die Land tussen die Riviere" beteken. Die Siriese naam vir die gebied isBeth Nahrain). Die oorspronklikeSumeriese naam wasidigna ofidigina, wat vertaal kan word as "die vinnig vloeiende rivier, die rivier wat vloei", teenoor sy eweknie, die Eufraat, wat stadiger vloei sodat dit meer slik laat opbou en 'n hoër stroombed het as die Tigris. In Pahlavi betekentigr "pyl" (in dieselfde taalfamilie asOu-Persiestigra-,hedendaagse Persies têz, "skerp"). Dit is blykbaar nie die oorspronklike naam van die rivier nie, maar (soos die Semitiese vorme van die naam) 'n nabootsing van die inheemse Sumeriese naam.
'n Ander naam vir hierdie rivier sedert die tyd van diePersiese Ryk, isArvand, wat dieselfde betekenis het. Vandag verwys die naam Arvand na die laer deel van die Tigris (dit wil sê Arvand/Sjatt al-Arab) in Persies.
Die Tigris is ongeveer 1 900 km lank en ontspring in dieTaurus-berge van Oos-Turkye en vloei meestal in 'n suidoostelike rigting totdat dit naby Al-Kurna in Suid-Irak by die Eufraat aansluit. Die twee riviere vorm saam dieSjatt al-Arab-waterweg, wat in diePersiese Golf uitmond. Baie sytakke sluit by die rivier aan, onder meer dieDijala en die Bo- sowel as die Onder-Zab-rivier.
Bagdad, die hoofstad van Irak, lê op oewer van die Tigris, terwyl die hawestadBasra aan weerskante van die Sjatt al-Arab lê. In antieke tye het baie van die groot stede van Mesopotamië aan of naby die rivier gelê en het sy water die beskawing van dieSumeriërs gevoed. Beroemde stede wat aan die Tigris geleë was, hetNineve,Ctesiphon enSeleukië ingesluit, terwyl die stadLagasj water uit die Tigris gebruik het wat daarheen gelei is deur 'n kanaal wat omstreeks2400 v.C. gegrawe is.Saddam Hoesein se tuisdorp,Tikrit, lê ook aan die rivier en het sy naam daarvan gekry.
Die Tigris is al lank 'n belangrike vervoerroete in 'n land wat hoofsaaklik uit 'n woestyn bestaan. Dit is tot by Bagdad bevaarbaar vir platboomvaartuie, maar vlotte is nodig om goedere verder tot byMosoel te vervoer. Rivierhandel het in die20ste eeu afgeneem in belangrikheid toe die Basra-Bagdad-Mosoel-spoorlyn en paaie al hoe meer van die goedereverkeer begin dra het.
Daair is baiedamme op die rivier in Irak en Turkye om water te voorsien vir besproeiing van die droë en halfwoestyngebiede wat langs die riviervallei lê. Damme was ook belangrik om oorstromings in Irak af te weer, waartoe die Tigris geneig is nadat die sneeu in April op die Turkse berge gesmelt het. Onlangs was damme in Turkye 'n redelik omstrede onderwerp as gevolg van die uitwerking op die omgewing in die land self sowel as die potensiële verminderde watervloei stroomaf.
H. F. Russell, Shalmaneser's campaign to Urartu in 856 B.C. and the historical geography of Eastern Anatolia according to the Assyrian sources. Anatolian Studies 34, 1984, S. 171–201.
Alessandro Scafi, Mapping Paradise, a history of heaven on earth (London, British Library 2006).
Karl Holl (Theologe)|Karl Holl (Hrsg.), Epiphanius von Salamis, Ancoratus und Panárion. Bd 1 u 2 (Leipzig, Hinrichs 1915–1922); Bd. 3, hrsg. v. Hans Lietzmann (Leipzig, Hinrichs 1933).
O. Aytuǧ Taşyürek, Some New Assyrian rock-reliefs in Turkey. Anatolian Studies 25, 1975, S. 169–180.