Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Thoth

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Thoth
Thoth, in een van sy gedaantes met die kop van ’n ibis.
Thoth, in een van sy gedaantes met die kop van ’nibis.
Soort god Egipties
God vanKennis, hiërogliewe en wysheid
Naam in hiërogliewe
G26t
Z4
A40
OF
dHwt
Z4
R8
Kultussentrum Hermopolis
SimboolMaanskyf, papirusrol
OuersGeen (selfgeskep),
somsRa ofHorus enHathor
MetgeselSesjat,Maät,Bastet ofHathor
Portaal Portaalicoon Antieke Egipte

Thoth was in dieEgiptiese mitologie ’n god wat baie belangrike rolle vervul het, soos die onderhoud van dieheelal, en hy het saam metMaät langs die songod,Ra, se boot gestaan.[1] Hy is later verbind mettowerkrag, skrif, die ontwikkeling van wetenskap[2] en die oordeling van die afgestorwenes.[3]

In kuns is hy dikwels uitgebeeld as ’n man met die kop van ’nibis ofbobbejaan, diere wat vir hom heilig was. Sy vroulike eweknie wasSesjat; soms was sy ook sy vrou, en ander kere Maät.[4]

Thoth se hooftempel was in die stad Chmoen,[5] wat later Hermopolis Magna genoem is.[6] Hy het ook in verskeie ander stedetempels gehad.

Eienskappe

[wysig |wysig bron]
’n Uitbeelding van Thoth as ’n bobbejaan omstreeks 1400 v.C. (Britse Museum).

Thoth is op baie maniere uitgebeeld na gelang van die tydperk en die aspek waarop die kunstenaar wou klem lê. Hy is meestal uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n ibis[7] en ’n maanskyf. Soms het hy die kroon van die verenigde Egipte gedra.

Soms was hy ’n bobbejaan met die gesig van ’n hond, of ’n man met die kop van ’n bobbejaan.

Thoth het ook baie rolle in die mitologie gehad. Hy was ’n tussenganger, veral tussen die goeie en die bose; hy het seker gemaak nie een het ’n groot oorwinning oor die ander nie.[8] Verder was hy ’n skriba van die gode,[9] en hy het soms die eer gekry daarvoor dat hy dieEgiptiese hiërogliewe en alfabette ontdek het.[10] In die onderwêreld het hy verskyn as die aapAän, die god van ewewig, wat gehelp het in die "weeg van die hart"-seremonie.[11]

Die antieke Egiptenare het geglo Thoth het homself geskep.[7] Hy was die meester van beide die fisieke en die morele wette, en daarvoor het hy maät (orde) gebruik.[12] Daar is geglo hy het die berekenings gedoen vir die vestiging van die hemele, sterre, aarde[13] en alles daarin.[12] Hy het ook die beweging van die hemelliggame bepaal.[14] Sy mag was onbeperk in dieDoeat (onderwêreld) en amper so groot soos dié vanRa enOsiris.[7]

Hy is beskou as die skrywer van alle wetenskaplike, godsdiens-, filosofie- en towerwerke.[15] Hy het glo ook die sterrekunde, astrologie, numerologie,wiskunde en landmeting uitgevind, asook medisyne, botanie, teologie, beskaafde regering, lees, skryf en openbare rede. Daar is geglo hy was die ware skrywer van alle menslike en goddelike werke.[10]

Mitologie

[wysig |wysig bron]

Thoth het ’n belangrike rol gespeel in baie Egiptiese mites. As ’n tussenganger was hy betrokke by drie groot gevegte van die gode uit verskillende tydperke: tussen Ra enApep, tussen Heroe-Bechoetet enSet, en tussenHorus, die seun vanOsiris, en Set, Osiris se broer wat hom vermoor en sy bewind oorgeneem het. In elk van die gevalle het die eersgenoemde god orde verteenwoordig en laasgenoemde god chaos. As die een god ernstig beseer is, het Thoth hom geheel om te voorkom dat die ander god ’n algehele oorwinning behaal.

Hy het ook ’n groot rol gespeel in dieOsiris-mite: hy het virIsis die towerspreuk gegee om Osiris weer lewend te maak nadat sy die stukke van sy liggaam opgetel het. So kon Osiris vir Isis ’n seun, Horus, gee. Toe Horus verslaan word, het Thoth ook die towerkrag verskaf om hom weer lewend te maak.

Volgens mites het hy ook die kalender met 365 dae geskep. Die jaar was oorspronklik net 360 dae lank en die godinNoet was onvrugbaar op dié dae en dus nie in staat om kinders te hê nie. Thoth het met diemaan gedobbel vir172ste van sy lig (36072 = 5), of 5 dae, en het gewen. In dié vyf dae was Noet vrugbaar en so het sy die lewe geskenk aan Cheroe-oer (Horus die Ouere), Osiris, Set, Isis enNephthys.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Budge, E.A. Wallis,The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 400
  2. BudgeThe Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 414
  3. BudgeThe Gods of the Egyptians p. 403
  4. Thutmose III: A New Biography By Eric H Cline, David O'Connor University of Michigan Press (January 5, 2006)p. 127
  5. National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map
  6. National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map:Western Desert portion.
  7. 123BudgeThe Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 401
  8. BudgeGods of the Egyptians Vol. 1 p. 405
  9. BudgeGods of the Egyptians Vol. 1 p. 408
  10. 12BudgeGods of the Egyptians Vol. 1 p. 414
  11. BudgeGods of the Egyptians Vol. 1 p. 403
  12. 12BudgeThe Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 407
  13. BudgeGods of the Egyptians Vol. 1 p. 401
  14. BudgeGods of the Egyptians Vol. 1 pp. 407–8
  15. HallThe Hermetic Marriage p. 224

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Gode
AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawet
Geskrifte
Ander
Internasionaal
Nasionaal
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Thoth&oldid=2833360"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp