Thomas Isidore Noël Sankara (Franse uitspraak: [tɔma sɑ̃kaʁa]; gebore op21 Desember1949 -15 Oktober1987) was 'n Burkinabé-rewolusionêr. Hy het vanaf 1983 tot 1987 as president vanBurkina Faso gedien. Hy was 'n Marxis-Leninis en Pan-Afrikanis, en word deur sommige ondersteuners beskou as die mees charismatiese en ikoniese figuur van dierewolusie wat in die land plaasgevind het. Derhalwe word hy soms ook "Afrika seChe Guevara" genoem.
'n Groep rewolusionêres het namens Sankara (wat destyds in huisarres was) aan bewind gekom tydens 'n populêre staatsgreep in 1983. Sankara, toe 33 jaar oud, het daarna die president van die Republiek van Bo-Volta geword. Hy het onmiddellik programme van maatskaplike-, ekologiese- en ekonomiese veranderinge van stapel gestuur, en die land herdoop vanaf die Franse koloniale naam Bo-Volta na Burkina Faso ('Land van onverganklike mense'), met die mense wat voortaan as Burkinabé ('opregte mense') sou bekendstaan. Sybuitelandse beleid het gefokus op anti-imperialisme. Sy regering het alle buitelandse hulp vermy, omvangryke skuldvermindering nagestreef, alle grond- en minerale rykdomme genasionaliseer en die mag en invloed van dieInternasionale Monetêre Fonds en dieWêreldbank verwerp. Sy binnelandse beleid was daarop ingestel om hongersnood te voorkom met selfvoorsiening in die landbou en grondhervorming, met die prioritisering van onderwys deur'n landwye geletterdheidsveldtog en die bevordering van openbare gesondheid deur 2,5 miljoen kinders teen breinvliesontsteking, geelkoors en masels in te ent.
Ander elemente van sy nasionale agenda was onder meer die aanplant van meer as 10 miljoen bome om die groeiende woestynvorming van dieSahel te bekamp, die herverdeling van grond van feodale eienaars na kleinboere, die opskorting van landelike belastings en die instelling van 'n pad- en spoorwegbouprogram. Op plaaslike vlak het Sankara 'n beroep op elke dorp gedoen om 'n apteek te bou, en het meer as 350 gemeenskappe skole met hul eie arbeid laat bou. Boonop het hyvroulike genitale verminking, gedwonge huwelike enpoligamie verbied. Hy het vroue in hoë regeringsposisies aangestel en hulle aangemoedig om buite die huis te werk en in die skool te bly, selfs al is hulle swanger. Sankara het die vervolging aangemoedig van amptenare wat beskuldig is vankorrupsie, asook teen-rewolusionêres en 'lui werkers' in die populêre rewolusionêre tribunale. As bewonderaar van die Kubaanse rewolusie het Sankara komitees in die Kubaanse styl opgerig vir die verdediging van die rewolusie.
Sy rewolusionêre programme vir selfvertroue in Afrika het hom 'nikoon gemaak vir baie van die armes in Afrika. Sankara was gewild onder die meeste van sy land se burgers. Sy beleid het egter verskillende groepe vervreem en in die gedrang gebring soos die klein maar magtige Burkinabé-middelklas; die stamleiers wat van hul tradisionele voorregte van dwangarbeid en huldebetalings ontneem is; en die regerings vanFrankryk en sy bondgenoot, dieIvoorkus.
Op 15 Oktober 1987 is Sankara vermoor deur troepe onder leiding vanBlaise Compaoré, wat kort na die dood van Sankara die leierskap van die staat oorgeneem het. 'n Week voor sy sluipmoord het Sankara verklaar: "Terwyl rewolusionêres as individue vermoor kan word, kan jy nie idees doodmaak nie."