Thomas Hobbes |
 |
Gebore | 5 April1588 Westport naby Malmesbury, Wiltshire, Engeland |
---|
Oorlede | 4 Desember 1679 (op 91) Derbyshire, Engeland |
---|
Nasionaliteit | Engeland |
---|
Vakgebied | Politieke filosofie, geskiedenis, etiek, meetkunde |
---|
Beïnvloed deur | Aristoteles, Thucydides, Tacitus, René Descartes, Grotius, Niccolò Machiavelli |
---|
Invloed op | Westerse politieke filosofie en sosiologie |
---|
Handtekening |  |
---|
Thomas Hobbes (1588 -1679) was 'nEngelsefilosoof wat vandag onthou word vir sy werk rakende politiese filosofie. Sy 1651-boek,Leviathan, het die fondasie gevestig vir die meerderheid Westersepolitieke filosofie uit die oogpunt van "sosiale kontrak"-teorie.
Hobbes het ook aan 'n wye verskeidenheid ander vakgebiede bygedra, waarondergeskiedenis,meetkunde, diefisika van gasse,teologie,etiek, algemene filosofie enpolitieke wetenskap. Hy het tydens dieEngelse Burgeroorlog gelewe en die geweld en wetteloosheid van sy tyd het hom sterk beïnvloed.