Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Theodore Roosevelt jr.

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Theodore Roosevelt jr.
Theodore Roosevelt jr.

Goewerneur-generaal van dieFilippyne
Ampstermyn
29 Februarie1932 – 15 Julie1933
PresidentHerbert Hoover
Franklin D. Roosevelt
Voorafgegaan deurDwight F. Davis
Opgevolg deurFrank Murphy

Goewerneur vanPuerto Rico
Ampstermyn
9 September1929 – Januarie1932
PresidentHerbert Hoover
Voorafgegaan deurJames R. Beverley
Opgevolg deurJames R. Beverley

Assistent Sekretaris van die Vloot
Ampstermyn
10 Maart1921 – 30 September1924
PresidentWarren G. Harding
Calvin Coolidge
Voorafgegaan deurTheodore Douglas Robinson
Opgevolg deurErnest L. Jahncke

LP van die New York Vergadering vir die 2de Distrik
Ampstermyn
1920 – 1921
Voorafgegaan deurFranklin Coles
Opgevolg deurFrederick Trubee Davison

Persoonlike besonderhede
GeboreTheodore Roosevelt III
(1887-09-13)13 September 1887
Cove Neck,New York
Sterf12 Julie 1944 (op 56)
nabyNormandië,Frankryk
Politieke partyRepublikein
Kind(ers)Grace, Theodore, Cornelius, Quentin

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Diens/TakAmerikaanse Leër
Jare in diens1917–1919
1940–1944
Rang Brigadier-generaal
Eenheid26ste Infanterie Regiment (Verenigde State)
Oorloë/VeldslaeEerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
ToekenningsMedal of Honor
Distinguished Service Cross
Silver Star
Purple Heart
Legion of Honor
Croix de guerre

Theodore Roosevelt (13 September 1887 – 12 Julie 1944) was die oudste seun van die voormaligeAmerikaanse PresidentTheodore Roosevelt en 'n Brigadier-Generaal in dieAmerikaanse Leër. Hy was die bevelvoerder van die Amerikaanse magte wat byUtah-strand geland het en was ook die oudste soldaat in die hele mag wat op D-dag aan land gegaan het. Hy was ook die eerste Amerikaanse generaal wat aan land gegaan het.Franklin D. Roosevelt, ook 'n voormalige Amerikaanse President, was verlangs familie. Hy het in beide dieEerste Wêreldoorlog en dieTweede Wêreldoorlog diens gedoen.

Theodore het drie broers en twee susters gehad. Hy gradueer aan Harvard en betree die politiek. Hy stel homself verkiesbaar, maar verloor teen Al Smith vir die Goewerneur van New York verkiesing in 1924. Hy word later Goewerneur vanPuerto Rico en dieFilippyne.

Tweede Wêreldoorlog

[wysig |wysig bron]

Hy het diens gedoen inTunisië,Sisilië,Italië enNormandië. Tydens D-dag was hy reeds om 06:10 aan land, maar het nie geweet waar hy geland het nie omrede hulle 1 km suid van die beplande landingsplek geland het. Nadat hy sy situasie opgesom het, het hy blykbaar gesê:Ons sal die oorlog hier begin!

Hy kry 'nhartaanval op 9 Julie 1944 en sterf op 12 Julie 1944. Hy was 56 jaar oud.

Bron

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Theodore_Roosevelt_jr.&oldid=2839555"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp