The Guardian se kentekenKings Place in dieLondon Borough of Islington huisves sedert Desember 2008The Guardian se hoofkantoor inLondenThe Guardian se hoofkantoor in Londen
The Guardian, vroeër (tussen 1821 en 1959) bekend asThe Manchester Guardian, is 'n invloedrykeBritsedagblad wat inLonden uitgegee word en onder die Verenigde Koninkryk se voorste koerante gereken word.[1]
Die koerant is oorspronklik in 1821 inManchester as 'n weekblad gestig, maar verskyn daagliks met die uitsondering vanSondae nadat die Britse regering in 1855 die belasting op dagblaaie (die sogenaamdestamp tax) opgehef het. Die verwysing na Manchester in die koerant se naam is in 1959 geskrap om dieGuardian se status as nasionale dagblad van gehalte te weerspieël. Die redaksiekantore is in 1964 na Londen verskuif.
Die dagblad word deur dieGuardian Media Group gepubliseer wat aan dieScott Trust behoort.
Die koerant is in 1821 deur tekstiel-verkopers en handelaars in Manchester gestig asThe Manchester Guardian.Die koerant is as 'n orgaan van die middelklas beskou,[2] of soos deur C.P. Scott se seun Ted gestel: "'n koerant wat tot die eindebourgeois sal bly".[3] "Ek skryf vir dieGuardian," sê Sir Max Hastings in 2005,[4] "omdat dit deur die nuwe establishment gelees word", 'n aanduiding van die koerant se groeiende invloed.
Die SondagkoerantThe Observer behoort sedert 1993 aan dieGuardian Media Group. Ongeag die naam, is die koerant soortgelyk aanThe Guardian, maar word slegs op Sondae gepubliseer.
Mense wat die dagblad lees het gewoonlik 'nlinks-liberale politiese oriëntasie. Volgens 'n stemming in 2004 stem 44% van die lesers vir dieArbeidersparty en 37% vir dieLiberaal-Demokrate.