Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Thai Airways

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Thai Airways International
บริษัท การบินไทย จำกัด (มหาชน)
IATAICAORoepteken
TGTHATHAI
Gestig1 Mei1960 (smelt saam met Thai Airways Company op 1 April 1988)
HoofspilleSuvarnabhumi Internasionale Lughawe
FokusstedeChiang Mai Int. Lughawe
Incheon Int. Lughawe
Phuket Int. Lughawe
LojaliteitsprogramRoyal Orchid Plus
AlliansieStar Alliance
SubsidiêreThai Smile (100%)
Vlootgrootte46
Bestemmings40
HouermaatskappyThaise Minister van Finansies
SitkamerRoyal First Lounge
Royal Orchid Spa
Royal Silk Lounge
Royal Orchid Lounge
Hoofkantoor89 Thanon Vibhavadi Rangsit, Jom Phol Subdistrik, Khet Chatuchak,Bangkok,Thailand
SleutelpersoneHooflugmaarskalk Chaiyapruk Didyasarin (Voorsitter)
Chai Eamsiri (HUB)[1]
Omset THB 57 554 miljoen (K3 2024)[2]
Netto inkomste THB 12 483 miljoen (K3 2024)[2]
Totale bates THB 263 743 miljoen (K3 2024)[2]
Werknemers5 000 (2024)[3]
Webwerfwww.thaiairways.com

Thai Airways (Thai: บริษัท การบินไทย จำกัด (มหาชน)) (IATA:TG,ICAO:THA) is die vlagdraerlugredery vanThailand. Die lugredery is in 1988 gestig en sy hoofkwartier is in Vibhavadi Rangsitweg, Chatuchakdistrik,Bangkok. Dit bedryf hoofsaaklik vlugte uit Suvarnabhumi Lughawe. THAI is 'n stigterslid van die Star Alliance. Die lugredery is die grootste aandeelhouer van die laekosteredery Nok Air met 'n 49%-belang, en begin met 'n plaaslike draer onder die naam Thai Smile in die middel van 2012 met behulp van nuweAirbus A320 vliegtuie.

Van sy middelpunt bySuvarnabhumi Lughawe, vlieg THAI na 40 internasionale bestemmings met 'n vloot van 46 vliegtuie. Die lugredery was eens die operateur van twee van die wêreld se langste ononderbroke roetes tussen Bangkok enLos Angeles enNew York Stad, maar as gevolg van hoë brandstofpryse, die onttrekking van vliegtuie, bagasiebeperkings en stygende kaartjiepryse, het die lugredery alle ononderbrokeAmerikaanse vlugte in 2012 onbepaald gestaak. Sedert 2013 word dienste tussen Bangkok en Los Angeles gediens via dieIncheon Internasionale Lughawe nabySeoel. THAI se roetenetwerk word oorheers deur vlugte na Europa, Oos-Asië, en Suid/Suidwes-Asië, maar die lugredery besoek ookO.R. Tambo Internasionale Lughawe inJohannesburg, Suid-Afrika en vyf stede in Oseanië. THAI was die eerste Asië-Stille Oseaan lugredery om dieLonden-Heathrow Lughawe te bedien. Onder Asië-Stille Oseaan karweiers, het THAI een van die grootste passasiersbedrywighede in Europa.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]

Vloot

[wysig |wysig bron]

In November 2022 het die Thai Airways-vloot bestaan uit:[4]

VliegtuigDiensbaarOp bestellingPassasiersNotas
EKBKEkoTotaal
Airbus A330-3003031263294
Airbus A350-900121032289321
Boeing 777-200ER6030262292
Boeing 777-300ER3840255303
1442306348Sal in Royal First Class omskep word
Boeing 787-86022234256
Boeing 787-9230268298
Thai Vragvloot
Boeing 747-400BCF2
Geen sitplekke
Omgeboude passasiersvliegtuie
Totaal481

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metThai Airways.
  1. "EXECUTIVE MANAGEMENT TEAM".Thai Airways. Bangkok. Besoek op16 Februarie 2023.
  2. 123"Financial Statement Q2/2024"(PDF).thaiairways.com. Besoek op8 November 2024.
  3. "Creditors okay revised THAI rehab plan". Bangkok Post PCL. 2 September 2022.
  4. Thai Airways Internasionale Vloot Verkry op 2023-01-10
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Thai_Airways&oldid=2737872"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp