Texel (Tessels[1]:Tessel) is 'nmunisipaliteit in die provinsieNoord-Holland in die noordweste vanNederland en 'n eiland in dieWaddesee. Die administratiewe setel is inDen Burg.
Texel is die grootsteNederlandse Waddesee-eiland. Die eiland het oorspronklik uit twee eilande bestaan, Eierland in die noorde en Texel in die suide.
Texel was baie belangrik as laaiplek ten tyde van dieVOC, omdat dieSuidersee (natuurlik ook voor die drooglegging en verpoldering) te vlak vir 'n gelaaide skip was. Die (leë) skepe sou eers vanuitAmsterdam vertrek, daarna anker gooi by die diepwaterkant van dié sanderige eiland. Die vrag sou reeds in die pakhuise op Texel wag. Die vrag word gelaai, die boeke nagegaan - en die skip vertrek. Indien dinge voorspoedig verloop, sou die skip oor 'n jaar en 'n half terugkeer. Net buitekant Texel was drie boeie in die see geanker. Sodra die uitgaande skip die tweede boei verbygesteek het, het die reis en die bemanning se soldy amptelik begin.[2]
Suidwes van die eiland Texel lê die sandplaat Noorderhaaks (ook Razende Bol genoem) met 'n oppervlak van 7 km², wat ook aan die munisipaliteit behoort.
Die eiland se hoogste punt is 15 m hoog.
Dorpies:
- De Cocksdorp
- De Koog
- De Waal
- Den Burg
| - Den Hoorn
- Oosterend
- Oudeschild
|
Gehuggies:
- Bargen
- De Nes
- De Westen
- Dijkmanshuizen
- Driehuizen
- Harkebuurt
- Het Noorden
- 't Horntje
| - Midden-Eierland
- Molenbuurt
- Nieuweschild
- Noord Haffel
- Noorderbuurt
- Ongeren
- Oost
- Spang
| - Spijkdorp
- Tienhoven
- Westergeest
- Westermient
- Zevenhuizen
- Zuid-Eierland
- Zuid Haffel
|
- ↑Tessels is 'nWes-Friese streektaal.
- ↑Sleigh, D. 1978. Die uitvaart. In:Jan Kompanjie: die wêreld van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Kaapstad: Tafelberg, pp. 38-39.