Texas ([ˈtɛksəs],Engels:State of Texas,Spaans:Tejas) is 'ndeelstaat in die sentrale suide van dieVerenigde State van Amerika (VSA) met 'n oppervlakte van 696 241 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26,9 miljoen.[1]
Die administratiewehoofstad isAustin, die grootste stad isHouston en die grootste metropolitaanse gebied isDallas/Fort Worth/Arlington. Texas is sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking die tweede grootste Amerikaanse deelstaat – slegsAlaska het 'n groter oppervlakte, en netKalifornië se inwonertal oorskry dié van Texas. In administratiewe opsig het geen ander deelstaat meercounties of administratiewe distrikte as Texas (254).
Die bynaam van Texas,Lone Star State, verwys na die historiese feit dat Texas reeds voor sy toetrede tot die Unie as 'n onafhanklike republiek bestaan het. In geskiedkundige en kulturele opsig het Texas, onder meer vanweë die geskiedenis van sy kolonisasie en sy lidmaatskap in die Konfederasie, nou bande met die Amerikaanse Suide. As 'n voormaligeSpaanse enMeksikaanse besitting behoort die deelstaat egter ook by die Amerikaanse Suidweste.
Oggendmis in die Martin Dies Jr. State ParkStormreën in die Enchanted Rock State Natural AreaGrapevine Vintage Railroad in Fort WorthVarner-Hogg Plantation House in West ColumbiaThe Alamo in San AntonioUitsig oor Lake AustinEverything's bigger in Texas... Lake AustinDie middestad van Dallas teen sononderDie sterrehemel oor Texas: Indian Lodge, Davis Mountains State Park
Spanje was die eerste Europese land wat aanspraak op Texas gemaak het, en tot die einde van dieTexaanse Onafhanklikheidsoorlog in die jaar 1836 het dit 'n deel van Meksiko gevorm. Tussen 1836 en 1845 het Texas as 'n onafhanklike republiek bestaan en daarna as 28ste deelstaat by die VSA aangesluit. Die Amerikaanse anneksasie van Texas was deel van die gebeurtenisse wat uiteindelik die aanleiding tot dieMeksikaans-Amerikaanse Oorlog en dieAmerikaanse Burgeroorlog gegee het. Met die ontdekking vanruolie in die vroeë 20ste eeu het die vinnige ekonomiese ontwikkeling van Texas begin. Vandag beskik die deelstaat oor 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n groeiende hoëtegnologiebedryf as sy basis.