Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Termiese geleidingsvermoë

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Termiese geleidingsvermoë, λ, infisika is dieintensiewe eienskap van 'n materiaal wat sy vermoë om hitte te gelei aandui.

Termiese geleidingsvermoë is die hoeveelheid warmteQ, wat deur 'n dikteL in rigting loodreg tot die oppervlak met oppervlakteA gelei word as gevolg van 'n temperatuurverskil ΔT ondergestadigde toestande en wanneer die hitte-oordrag slegs afhanklik is van die temperatuurgradiënt.

termiese geleidingsvermoë = tempo van warmtevloei × afstand / (oppervlak × temperatuurgradiënt)
λ =Q ×L / (A × ΔT)

Eenhede

[wysig |wysig bron]

Watt per meter-kelvin of W/mK is 'n afgeleide eenheid van dieSI-stelsel.

Dit is die eenheid waarin termiese geleidingsvermoë gewoonlik uitgedruk word.

Voorbeelde

[wysig |wysig bron]

Oor die algemeen is daar 'n verband tussen termiese- en elektriese geleidingsvermoë;Metale is dan ook tipies goeie warmtegeleiers. Daar is egter uitsonderings: die noemenswaardigste hiervan isdiamant wat 'n hoë termiese geleidingsvermoë het (tussen 1000 en 2600 W·m-1), terwyl dit 'n baie lae elektriese geleidingsvermoë besit.

Die onderstaande tabel is saamgestel uit data uit dieCRC Handbook of Chemistry and PhysicsGeargiveer 24 Julie 2017 opWayback Machine. Alle waardes is vir materiale by kamertemperatuur (298 K), tensy anders vermeld.

Termiese geleidingsvermoëns van alledaagse materiale:

MateriaalTermiese geleidingsvermoë (298 K)

W·m-1·K-1

Diamant895-2300
Silwer429
Koper401
Goud317
Aluminium237
Geelkoper120
Platinum71.6
Yster80.2
Lood35.3
Kwik8.514
Kwarts (273K)6.8-12
Ys (273K)2.2
Glas1.35
Water0.6062
Hout0.04 (balsa) – 0.35 (den)
Wol0.04
Polistireen0.033
Lug (100 kPa)0.0262
Silikaaerogel0.017

Termiese geleidingsvermoë verander met temperatuur. Vir die meeste materiale verminder dit effens soos die temperatuur styg. Aangesien diamant 'n hoë termiese geleidingsvermoë het en natuurlike blou diamant selfs 'n hoër geleidingsvermoë het kan 'n mens die edelgesteentes vir egtheid toets deur van 'n toetser van termiese geleidingsvermoë gebruik te maak.

Verwante begrippe

[wysig |wysig bron]

Die omgekeerde van termiese geleidingsvermoë istermiese weerstand wat inkelvin-meter perwatt (K·m·W-1) gemeet word.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  • Halliday, David; Resnick, Robert; & Walker, Jearl(1997).Fundamentals of Physics (5th ed.). John Wiley and Sons, INC., NYISBN 0-471-10558-9.
  • Ooreenstemmende artikel in die Engelstalige Wikipedia:en:Thermal conductivity
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Termiese_geleidingsvermoë&oldid=2471375"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp