Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Teotokos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Teotokos van Wladimir.

Teotokos (Grieks: Θεοτόκος,theotókos, letterlik "God-baarder") is ’n Griekse titel virMaria, die moeder vanJesus, waarin erkenning daaraan gegee word dat sy die lewe geskenk het aan Jesus die God-mens en nie net aan Jesus die mens nie. Die term word veral in dieOosterse Christendom gebruik. In die meeste ander kerke, soos dieRooms-Katolieke Kerk, word die naam Moeder van God (Latyn:Mater Dei) verkies vanweë die gebrek aan ’n bevredigende vertaling vir die Griekse woordtokos.

Nestorius, die patriarg vanKonstantinopel, het verkondig dat Maria slegs Christus die mens gebaar het. DieKonsilie van Efese in431 n.C. het besluit dat die titel "Teotokos" Maria wel toekom omdat Jesus se goddelike en menslike natuur nie geskei kan word nie.

Die moederskap van Maria word in dieRooms-Katolieke Kerk op1 Januarie gevier op die hoogfees van die Plegtigheid van Maria, Moeder van God.

Teotokos word ook gebruik as ’n term vir ’n Oosters-Ortodokseikoon, of soort ikoon, van Moeder en Kind (die naam Madonna word gewoonlik in die Weste gebruik). ’n Voorbeeld is "dieTeotokos van Wladimir", ’n belangrike ikoon uit die12de eeu.

Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Teotokos&oldid=2082613"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp