Ted Baker plc | |
![]() | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 1988 inGlasgow,Skotland |
Hoofkantoor | Londen,Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sleutelpersone | Ray Kelvin CBE (stigter) David Bernstein (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Kleinhandelbedryf |
Produkte | Klerasie |
Inkomste | ![]() |
Bedryfsinkomste | ![]() |
Netto inkomste | ![]() |
Slagspreuk | No Ordinary Designer Label |
Webwerf | tedbaker.com |
Ted Baker plc is 'nBritse mode-etiket wat luukse klere vir dames, here en kinders asook bybehore in sy eie en in konsessiewinkels verkoop. Die onderneming word op die Londense Effektebeurs gelys en maak deel uit van die FTSE 250-indeks.
Anders as wat die onderneming se naam sinueer, is Ted Baker geen mode-ontwerper nie, maar 'n fiktiewe naam wat deur die stigter en huidige hoof uitvoerende beampte, Ray Kelvin, vir sy onderneming gekies is. Kelvin het sy eerste winkel in Maart 1987 inGlasgow gevestig waar hy 'n reputasie as verskaffer van gehaltehemde vir here verdien het. Aanvanklik is 'n gratis skoonmaakdiens aangebied vir elke hemp wat daar gekoop is.
Verdere winkels is vervolgens in ander groot Engelse stede soosManchester,Sheffield,Cambridge enNottingham geopen, later - in 1990 - ook inCovent Garden,Londen. Ongewoon genoeg het die onderneming ondanks die feit dat geen geld aan konvensionele advertensies en bemarking bestee is nie en aangewese was op mond-tot-mond-verspreiding tot een van die mees vooraanstaande mode-etikette gegroei. Vir sy Verdienste aan die Britse modebedryf het Ray Kelvin in 2011 die toekenning en titelKommandeur van die Orde van die Britse Ryk uit die hand van koninginElizabeth II ontvang.[1] In die volgende jaar is die eerste Ted Baker-modewinkel inSuid-Afrika geopen.