Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Kalligrafie van die woordQazan (قازان) in Arabiese skrif in die vorm van 'n Zilant'n Kazanse Metroteken in Tartaars (bo) enRussies
Tartaars (татар теле; татарча,tatar tele,tatarça; تاتار تلی of طاطار تيلي) is 'ntaal wat tot dieTurkiese tale behoort. Dit word onder meer in dieRussiese deelrepubliekTartarstan gepraat. Dit word ook buite die republiek gepraat, tot in die weste vanEurasië in dieKrim,Bessarabië enLitaue.
Tartaars moet nie metKrim-Tataars, wat in dieKrim gepraat word, verwar word nie. Hoewel die twee tale aan mekaar verwant is, is dit nie onderling verstaanbaar nie.