Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Tanzanië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Verenigde Republiek Tanzanië
United Republic of Tanzania (Engels)
Jamhuri ya Muungano wa Tanzania (Swahili)
Vlag van TanzaniëWapen van Tanzanië
VlagWapen
Nasionale leuse:Uhuru na Umoja(Swahili)
Freedom and Unity(Engels)
(Afrikaans: "Vryheid en Eenheid")
Volkslied:Mungu ibariki Afrika(Swahili)
God Bless Africa(Engels)
(Afrikaans: "God seën Afrika")
Ligging van Tanzanië
HoofstadDodoma

6°10′S35°45′O /6.167°S 35.750°O /-6.167; 35.750

Grootste stadDar-es-Salaam

6°48′S39°17′O /6.800°S 39.283°O /-6.800; 39.283

Amptelike taleEngels enSwahili
RegeringUnitêre dominante party
presidensiële grondwetlike
republiek[1][2]
Samia Suluhu
Emmanuel Nchimbi
Mwigulu Nchemba
Onafhanklikheid
Tanganjika
Zanzibar en Pemba
• Unifikasie
• Huidige grondwet
van dieVerenigde Koninkryk
9 Desember1961
10 Desember1963
26 April1964
25 April1977
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
947 300[3] km2 (32ste)
365 755 myl2
6,4[4]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2022-sensus
 -Digtheid
 
67 462 121[3] (23ste)
61 741 120[5]
71,2 / km2 (147ste)
184,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$293,592 miljard[6] (69ste)
$4 371[6](158ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$85,977 miljard[6] (80ste)
$1 280[6](162ste)

MOI (2023) 0,555[7] (165ste)  laag
Gini (2018)40,5[8]  hoog
GeldeenheidSjieling (TZS)
Tydsone
 -Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD.tz
Skakelkode+255a
a. +007 vanafKenia enUganda.

Tanzanië (Engels:Tanzania; [ˌtænzəˈniːə];Swahili:Tanzania, [tanzaˈni.a]), amptelik dieVerenigde Republiek Tanzanië (Engels:United Republic of Tanzania; Swahili:Jamhuri ya Muungano wa Tanzania), is 'n groot land inOos-Afrika, geleë binne die Groot Mere van Afrika-streek. Dele van die land is in Suider-Afrika. Dit word begrens deurKenia en Uganda in die noorde; Rwanda,Burundi, en dieDemokratiese Republiek die Kongo in die weste;ZambiëMalawiMosambiek in die suide; en deur dieIndiese Oseaan aan die ooste. Kilimandjaro, Afrika se hoogste berg, is in die noordooste van Tanzanië.

Nasa-satellietbeeld van Tanzanië
Kaart van Tanzanië

Tanzanië het 'n diverse bevolking van 61,7 miljoen (2022-sensus) wat bestaan uit verskeie etniese,taal- engodsdiensgroepe. Die land is 'n presidensiële grondwetlikerepubliek, en sedert 1996 is die amptelike hoofstadDodoma, waar die president se kantoor, die nasionale vergadering en die ministeries gesetel is.[9]Dar-es-Salaam, die voormalige hoofstad, huisves steeds meeste van die regeringskantore, en is die land se grootste stad, hoofhawe, en leidende handelsentrum.[3][10][11]

Europese kolonialisme het in die laat 19de eeu begin toe dieDuitse KeiserrykDuits-Oos-Afrika gestig het, wat na die Eerste Wêreldoorlog onder Britse beheer geval het. Die vasteland is in die naam vanTanganjika bestuur, terwylZanzibar 'n afsonderlike koloniale jurisdiksie gehad het. Nadat die twee gebiede respektiewelik in 1961 en 1963 onafhanklik geword het, is dit in April 1964 saamgesmelt as die Verenigde Republiek Tanzanië.[3]

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die naam Tanzanië is 'n saamgestelde naam uit die twee lande wat verenig is: Tanganjika en Zanzibar.[12]

Die naam Tanganjika is afgelei van die Swahili-woorde tanga ("seil") en nyika ("onbewoonde vlakte", "wildernis") wat die frase van "seil in die wildernis" skep.[13] Dit word soms as 'n verwysing na dieTanganjikameer beskou.[14]

Die naam Zanzibar is afgelei van "zengi", die naam vir die plaaslike mense (wat "swart" beteken), en dieArabiese woord "barr", wat kus of strand beteken.[15]

Geografie

[wysig |wysig bron]
Kameelperde, Tanzanië se nasionale dier, is volop in die Arusha Nasionale Park

Met 'n oppervlakte van 947 303 vierkante kilometer,[4] is Tanzanië die 13de grootste land inAfrika, en die 31ste grootste land in die wêreld, en word gereken op die vlak van die veel groterEgipte en kleiner Nigerië.[3] Dié land grens aan Kenia en Uganda in die noorde, Rwanda, Burundi en die Demokratiese Republiek die Kongo in die weste; en Zambië, Malawi en Mosambiek in die suide. Tanzanië lê aan die ooskus van Afrika en het 'n kuslyn aan die Indiese Oseaan van sowat 800 km lank.[16] Dit sluit verskeie eilande in;Oengoeja,Pemba en Mafia.[16] Die land spog ook met die hoogste en laagste punte in Afrika: Kilimandjaro, op 'n hoogte van 5 895 meter bokant seespieël, en die bodem van die Tanganjikameer 352 meter onder seespieël.[16]

Sowat 38% van die land is opsy gesit as beskermde gebiede vir natuurbewaring.[17] Tanzanië het 16 nasionale parke,[18] asook 'n verskeidenheid van wild- en woudreservate, insluitende die Ngorongoro Bewaringsgebied.[19][20]

Klimaat

[wysig |wysig bron]
Klimaatsones in Tanzanië volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie

Tanzanië se ligging binne die keerkringe, die hoogteverskille en die uitgestrekte watervlakke van die mere het tot gevolg dat dieklimaat wissel van tropiesereënstreke tothalfwoestyn,steppe- ensavanneklimaat, en Alpiene klimaatstreke met 'n ewigdurendesneeukleed (byvoorbeeld op Kilimandjaro). Die groot klimaatsverskille gee aanleiding tot 'n groot verskeidenheid plantegroeistreke – van tropiese woude tot halfwoestyn en heidegebiede.

Meer as 75% van die land het ’n gemiddelde jaartemperatuur van meer as 20 °C, maar in die bergagtige gebiede kom nagryp gereeld voor. Die jaarlikse reënval oor Sentraal-Tanzanië, die suidelike hooglande en in die gebied van die oostelike skeurvallei is benede die minimumneerslag van 750 mm wat nodig is vir die verbouing van gewasse by die onderskeie temperature.

Die onreëlmatige verspreiding van die reënval in juis hierdie gebiede het tot gevolg dat slegs (half-)nomadiese veeteelt moontlik is. Tussen Mei/Junie en November/Desember is dit oral in die land droog. Slegs in die noorde en in die kusgebied by Dar-es-Salaam is daar twee reënseisoene: die eerste is in November/Desember en die tweede is in April/Mei.

In die gebiede, wat maar 10% van die landoppervlakte beslaan, is twee oeste soms jaarliks moontlik; in die oorblywendelandbougebiede is selfs net een oes per jaar rede tot blydskap.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Tekens van 'n primitiewe aapmensbeskawing sowat drie miljoen jaar gelede is al voor die Eerste Wêreldoorlog in die Olduwaikloof in Tanzanië gevind. Die oudste volke in Tanzanië is vermoedelik afstammelinge van jagters uit die Laat-Steentydperk (10 000 jaar gelede).

Ongeveer 3000 tot 2000 v.C. het die eerste Swart landbouers hulle uit die noorde in die gebied gevestig. Van ongeveer 1000 v.C. af het groepe uitSuidoos-Asië die kusgebiede begin aandoen en nuwe gewasse, soospiesangs,rys ensuikerriet, bekend gestel.

Teen die begin van die Christelike jaartelling was ’n lewendige handel met dieArabiese Skiereiland aan die gang, en teen die 10de eeu was heelwat Arabiese nedersettings langs die kus gevestig. Teen die 17de eeu het dieArabiere 'n slawehandel met die binnelandse Swart volke opgebou en groot dele van die binneland is vanweë die uitvoer van tienduisende slawe ontvolk.

Na 'n Europese stryd om besit van die land het Tanzanië (toe bekend as Tanganjika) in 1891 'n Duitse kolonie geword, terwyl die eiland Zanzibar 'n Britse protektoraat geword het. Vroeg in die 20ste eeu het bloedige opstande teen die Duitse heersers in Suidwes-Tanzanië voorgekom en na dieEerste Wêreldoorlog is die land aan dieVerenigde Koninkryk afgestaan. Na dieTweede Wêreldoorlog het Tanganjika 'n trustgebied van dieVerenigde Nasies geword en in 1961 het die land sy onafhanklikheid gekry.

Pre-koloniaal

[wysig |wysig bron]
'n 1,8 miljoen jaar-oue klipkap-gereedskap, wat by die Olduval-vallei ontdek is

Die inheemse bevolking van Oos-Afrika stam skynbaar van dieKhoisan-sprekende Hadza en Sandawe jagter-versamelaars van Tanzanië af.[21]

Die eerste golf van migrasie was die suidelikeKoesjitiese-sprekendes, voorsate van die Iraqw, Gorowa en Burunge wat suidwaarts uitEthiopië na Tanzanië gekom het.[21] Gegrond op taalkundige bewyse was daar ook omstreeks 4 000 en 2 000 jaar gelede twee migrasies van Oos-Koesjitiese-mense na Tanzanië, wat van noord van dieTurkanameer af gekom het.[21]

Argeologiese bewyse steun die slotsom dat Suid-Nilote, insluitende die Datoog, tussen 2 000 en 2 400 jaar gelede, suid vanuit die hedendaagseSuid-Soedan/Ethiopiese grensgebied gekom het.[21]

Hierdie verskuiwings het omstreeks dieselfde tyd gebeur met die vestiging van die Masjariki Bantoe uitWes-Afrika in die gebiede van Victoriameer en Tanganjikameer. Dit was gedurende die Ystertydperk. Hulle het met hulle Wes-Afrika se landboukundigheid en die primêrestapelvoedsel,patats, saamgebring. Hierna het hulle, tussen 1 700 en 2 300 jaar gelede, uit hierdie gebiede na die res van Tanzanië migreer.[21][22]

Oos-Nilote, insluitende dieMasai, verteenwoordig 'n meer onlangse migrasie (500 tot 1 500 jaar gelede) vanaf die hedendaagseSuid-Soedan.[21][23]

Die mense van Tanzanië word met die vervaardiging vanyster enstaal vereenselwig. Die Pare-mense was die vernaamste vervaardigers van yster wat in groot aanvraag was by die volke wat in die berggebiede van noordoos-Tanzanië gebly het.[24] Die Haya-mense, aan die oewers van die Victoriameer, het 'n soort vanhoogoond ontwerp wat hulle in staat gestel het om meer as 1 500 jaar gelede koolstofstaal teen temperature van hoër as 3 310 ºF yster te smee.[25]

Reisigers en handelaars uit diePersiese Golf en Indië het Oos-Afrika se kusgebied in die eerste millennium n.C. besoek.[26] Sommige bewoners langs die Swahili-kus het al die Islamgeloof reeds in die agtste- of negende eeu n.C. beoefen.[27]

Koloniaal

[wysig |wysig bron]
'n Voorstelling van die antieke stad vanKilwa (1572) – 'nUnesco-Wêrelderfenisgebied

Die Portugese seevaarderVasco da Gama het in 1498 die Tanzaniese kus besoek. Later, in 1506 het diePortugese daarin geslaag om die grootste dele van die suidoos-Afrikakus te beheer. Die Portugese is in 1699 deur dieOmaniArabiere uit Zanzibar verdryf.

Die Sultan van Oman Seyyid Said het die kusstrook oorgeneem en sy hoofstad in 1840 na Zanzibarstad verskuif. Zanzibar het in hierdie tydvak die sentrum vir dieArabiese slawehandel geword.[28] Tussen 65–90% van die bevolking van die Arabies-Swahili Zanzibar is as slawe verkoop.[29] Een van die mees berugte slawehandelaars aan die Oos-Afrikakus was Tippu Tip, wat self die kleinseun van 'n Afrika-slaaf was. Die Nyamwezi-slawehandelaars het onder die leierskap van Msiri en Mirambo gewerk.[30] Volgens Timothy Insoll is daar in die 19de eeu 718 000 van die Swahili-kus af as slawe uitgevoer en 'n verdere 769 000 is as slawe aan die kus aangehou.[31]

Laat in die 19de eeu verower die Duitse Keiserryk die gebiede wat vandag bekend staan as Tanzanië (sonder Zanzibar) en inkorporeer dit by Duits-Oos-Afrika. Na die Eerste Wêreldoorlog bepaal ooreenkomste en die Volkebond dat die gebied 'n Britse mandaatgebied word, behalwe die Kionga-driehoek, 'n klein gebied in die suidooste wat by Portugees-Oos-Afrika (later Mosambiek) ingesluit is.

Sowat 100 000 mense van Tanganjika sluit gedurende Tweede Wêreldoorlog by die Geallieerdes aan[32] en was deel van die 375 000 Afrikatroepe wat daar geveg het.[33] Tanganjika was gedurende die oorlog 'n waardevolle bron van voedsel en sy inkomste met uitvoere het aansienlik gestyg in vergelyking met die vooroorlogse jare van dieGroot Depressie. Die oorlogstydse aanvraag na produkte het die pryse opgejaag en reuse inflasie in die kolonie veroorsaak.[32][34]

Julius Nyerere transformeer in 1954 sy organisasie na die polities- georiënteerde Tanganyika African National Union (TANU) met die doel om nasionale soewereiniteit vir Tanganjika te kry. 'n Veldtog om nuwe lede te registreer word geloods en binne 'n jaar word TANU die leidende politieke organisasie in die land. Nyerere word in 1960 aangestel as die minister van die Brits-geadministreerde Tanganjika en word die eerste minister toe die land in 1961 onafhanklikheid verkry.

Post-koloniaal

[wysig |wysig bron]
Arusha se Deklarasiemonument

Die Britse bewind kom op 9 Desember 1961 tot 'n einde, maar vir die eerste jaar van onafhanklikheid, het Tanganjika 'n Britse goewerneur gehad wat die Britse monarg moes verteenwoordig.[35] Op 9 Desember 1962 word Tanganjika 'n demokratiese republiek onder 'n uitvoerende president.[35]

Die Arabiese dinastie word met dieZanzibar-rewolusie in die aangrensendeZanzibar omver gewerp,[36] die land word in 1963 onafhanklik en op 26 April 1964 word dit by die vasteland van Tanganjika ingelyf.[37] Op 29 Oktober van dieselfde jaar word die land se naam na die Verenigde Republiek Tanzanië verander ("Tan" is afgelei van Tanzanië en "Zan" van Zanzibar).[3]

Nyerere se presidentskap slaan in 1967, na sy Arusha Deklarasie, 'nlinksgesinde rigting in, en hy verbind die land totsosialisme enPan-Afrikanisme. Banke en baie van die groot nywerhede is hierna genasionaliseer.

In 1992 word die land se grondwet aangepas om veelparty-politiek toe te laat.[38] In die eerste veelparty-verkiesings van 1995 wen die regerende party, Chama Cha Mapinduzi, 186 van die 232 setels in die nasionale vergadering en Benjamin Mkapa word president.[39]

Politiek

[wysig |wysig bron]

Regering

[wysig |wysig bron]
Die semi-outonome Zanzibareiland
'n Deur met Arabiese kalligrafie in Zanzibar uitgekerf

Tanzanië is 'n eenparty dominante-staat met dieChama Cha Mapinduzi-party aan bewind.

VN-vredesoperasies

[wysig |wysig bron]

Sedert 31 Oktober 2014 voorsien Tanzanië 2 253 soldate en ander personeel vir verskeie van die Verenigde Nasies se vredesoperasies.[40] Die Tanzaniese weermag neem saam met dieSuid-Afrikaanse enMalawiese magte deel aan die Verenigde Nasies se intervensiebrigade in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK). Die Verenigde Nasies seVeiligheidsraad het hierdie spesiale eenheid op 28 Maart 2013 gemagtig om geteikende operasies uit te voer teen groepe wat die vrede in die DRK bedreig.[41][42]

Armoede

[wysig |wysig bron]

Daar is groot armoede in Tanzanië. Die land het min vooruitgang gemaak met die bekamping van ernstige ondervoeding en hongersnood in die land.[43][44]

Daar word meer as 100 verskillende tale in Tanzanië gepraat, wat die land die mees diverse taalkundige land in Oos-Afrika maak.[45] Onder die tale wat daar gebesig word is al vier van Afrika se taalfamilie: Bantoe, Koesjities,Nilo-Saharies en Khoisan.[45] Swahili en Engels is Tanzanië se twee ampstale.[45]

Sport

[wysig |wysig bron]
Die Benjamin Mkapa-stadion inDar-es-Salaam

Sokker is die gewildstesportsoort in Tanzanië, maarbasketbal,netbal,boks,vlugbal,atletiek,rugby enkrieket is ook gewild met sommiges wat hul oorsprong in dieVerenigde Koninkryk het. Tanzaniese spelers het voorheen saam met spelers uit Kenia, Uganda en Zambië verskyn vir dieOos-Afrikaanse krieketspan wat aan die eersteKrieketwêreldbeker 1975 in Engeland deelgeneem het. Daarna het Tanzanië saam met Malawi, Uganda en Zambië spelers vir dieOos- en Sentraal-Afrikaanse krieketspan beskikbaar gestel. Sedert 2001 word die land deur sy eie nasionale span verteenwoordig, maar hulle kon nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie. Hulle kon wel vir dieo/19-krieketwêreldbeker 2026 kwalifiseer.[46] Soos in krieket het in rugby van 1950 tot 1982 met die Oos-Afrikaanse rugbyspan 'n multinasionale span bestaan, wat spelers uit Kenia, Tanzanië en Uganda betrek het.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)David Lawrence (2009).Tanzania: The Land, Its People and Contemporary Life. Intercontinental Books. pp. 146–.ISBN 978-9987-9308-3-8.
  2. (en)"About the United Republic of Tanzania". Permanent Representative of Tanzania to the United Nations. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 19 Februarie 2011. Besoek op31 Januarie 2015.
  3. 123456(en)"Tanzania".Central Intelligence Agency. Besoek op13 November 2025.
  4. 12(en)"Basic Facts and Figures on Human Settlements, 2012". National Bureau of Statistics, Tanzania Ministry of Finance. 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op10 November 2014.
  5. (en)"Population Size in Tanzania". Tanzania Sensa. Besoek op13 November 2025.
  6. 1234(en)"Tanzania".Internasionale Monetêre Fonds. April 2025. Besoek op13 November 2025.
  7. (en)"Human Development Report 2025"(PDF). United Nations Development Programme. 6 Mei 2025. Besoek op13 November 2025.
  8. (en)"Gini Index – Tanzania".Wêreldbank. Besoek op13 November 2025.
  9. (en)Aloysius C. Mosha."The planning of the new capital of Tanzania: Dodoma, an unfulfilled dream"(PDF). University of Botswana.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op13 Maart 2013.
  10. (en)"The Tanzania National Website: Country Profile". Tanzania.go.tz.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2013. Besoek op1 Mei 2010.
  11. (en)"Dar es Salaam Port". Tanzaniaports.com. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op19 Februarie 2014.
  12. (en) Harper, Douglas."tanzania".
  13. (en)John Knouse: A Political World Gazetteer: Africa website besoek op 1 Mei 2007.
  14. (en)John Knouse: A Political World Gazetteer: AfricaGeargiveer 10 Junie 2011 opWayback Machine webwerf besoek op 1 Mei 2007.
  15. (en) Harper, Douglas."zanzibar".
  16. 123(en) Joseph Lake (2013) "Economy" inAfrica South of the Sahara, edited by Europa Publications and Iain Frame, Routledge.
  17. (en)Laher, Ridwan; SingíOei, Korir (2014).Indigenous People in Africa.: Contestations, Empowerment and Group Rights. Africa Institute of South Africa. pp. 57–.ISBN 978-0-7983-0464-1.
  18. (en)"Home". Tanzania National Parks.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op16 Oktober 2014.
  19. (en)"Gombe Stream National Park". Tanzania National Parks. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 September 2016. Besoek op16 Oktober 2014.
  20. (en)Laura Riley; William Riley (2005).Nature's Strongholds: The World's Great Wildlife Reserves. Princeton University Press.ISBN 0-691-12219-9.
  21. 123456(en)Tishkoff, S. A.; Reed, F. A.; Friedlaender, F. R.; Ehret, C.; Ranciaro, A.; Froment, A.; Hirbo, J. B.; Awomoyi, A. A.; Bodo, J. -M.; Doumbo, O.; Ibrahim, M.; Juma, A. T.; Kotze, M. J.; Lema, G.; Moore, J. H.; Mortensen, H.; Nyambo, T. B.; Omar, S. A.; Powell, K.; Pretorius, G. S.; Smith, M. W.; Thera, M. A.; Wambebe, C.; Weber, J. L.; Williams, S. M. (2009)."The Genetic Structure and History of Africans and African Americans".Science.324 (5930):1035–44.doi:10.1126/science.1172257.PMC 2947357.PMID 19407144.
  22. (en)Christopher Ehret (2001).An African Classical Age: Eastern and Southern Africa in World History, 1000 B.C. to A.D. 400. University Press of Virginia.ISBN 978-0-8139-2057-3.
  23. (en)Phyllis Martin; Patrick O'Meara (1995).Africa. Indiana University Press.ISBN 0-253-20984-6.
  24. (en)Shoup, John A. (2011).Ethnic groups of Africa and the Middle East : an encyclopedia. Santa Barbara, Calif.: ABC-CLIO. p. 67.ISBN 978-1-59884-362-0.
  25. (en)Schmidt, P; Avery, D. H. (1978). "Complex iron smelting and prehistoric culture in Tanzania".Science.201 (4361):1085–9.doi:10.1126/science.201.4361.1085.PMID 17830304.
  26. (en)Kevin Shillington (2013).Encyclopedia of African History 3-Volume Set. Routledge. pp. 1510–.ISBN 978-1-135-45670-2.
  27. (en)"The Story of Africa".
  28. (en)"Slavery".Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 6 Oktober 2014.
  29. (en)"Slave societies".Encyclopædia Britannica. 22 Januarie 2014.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2015. Besoek op19 Februarie 2014.
  30. (en)"The Story of Africa| BBC World Service".
  31. (en)Junius P. Rodriguez (1997).The Historical Encyclopedia of World Slavery. ABC-CLIO.ISBN 978-0-87436-885-7.
  32. 12(en)Jay Heale; Winnie Wong (2010).Tanzania. Marshall Cavendish.ISBN 978-0-7614-3417-7.
  33. (en)"African participants in the Second World War". mgtrust.org.
  34. (en)"Tanzania: British rule between the Wars (1916–1945)"Geargiveer 4 Februarie 2015 opWayback Machine.eisa.org.za.
  35. 12(en)Statistical Abstract 2013, National Bureau of Statistics, Tanzania Ministry of Finance, Julie 2014, besoek op 22 Oktober 2014
  36. (en)"Unveiling Zanzibar's unhealed wounds". BBC News. 25 Julie 2009.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
  37. (en)"Background history of The Union between Tanganyika and Zanzibar"(PDF). Vice President's Office, United Republic of Tanzania. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op25 April 2013.
  38. (en)"Tanzania 1992"Geargiveer 18 Oktober 2014 opWayback Machine.princeton.edu.
  39. (en)"Tanzania: 1995 National Assembly election results"Geargiveer 18 Maart 2015 opWayback Machine.eisa.org.za.
  40. (en)Contributions by Country, United Nations Peacekeeping, 31 Oktober 2014
  41. (en)"Tanzanian troops arrive in eastern DR Congo as part of UN intervention brigade". United Nations. 10 Mei 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2017. Besoek op17 Oktober 2014.
  42. (en)UN Mission's Summary detailed by Country, United Nations Peacekeeping, 31 Oktober 2014, bl. 39
  43. (en)Tanzania UNDPGeargiveer 13 Julie 2017 opWayback Machine
  44. (en)TanzaniaGeargiveer 12 April 2016 opWayback Machine
  45. 123(en)Ulrich Ammon; Norbert Dittmar; Klaus J. Mattheier (2006).Sociolinguistics: An International Handbook of the Science of Language and Society. Walter de Gruyter. pp. 1967–.ISBN 978-3-11-018418-1.
  46. (en)"African team creates history with shock U19 World Cup qualification". Wisden. 7 April 2025. Besoek op8 April 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metTanzania.
SienTanzanië in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Lidlande
Leiers
Voorsitters
Sekretarisse-Generaal
Sien ook
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tanzanië&oldid=2851135"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp