Tantra (Sanskrit: तन्त्र, letterlik "weef") dui op dieesoteriese tradisies vanHindoeïsme enBoeddhisme wat van die middel van die 1ste millennium n.C. af inIndië ontwikkel het. Die term "tantra" beteken in die breër Indiese tradisies ook enige "teks, teorie, stelsel, metode, instrument, tegniek of praktyk".[1][2] ’n Sleuteleienskap van dié tradisies is die gebruik vanmantras, en daarom word algemeen na hulle verwys asMantramarga ("Weg van Mantra") in Hindoeïsme ofMantrayana ("Mantravoertuig") enGuhyamantra ("Geheime Mantra") in Boeddhisme.[3]
Vanaf die vroeë eeue n.C. het nuwe tantras te voorskyn gekom wat omVishnu,Shiva ofShakti gesentreer was.[4] Daar is tantriese tradisies in al die belangrike vorme van moderne Hindoeïsme, soos die Shaiva Siddhanta enShaktisme.
In Boeddhisme is dieVajrayana-tradisies bekend vir tantriese idees en praktyke wat op Indiese Boeddhistiese tantras geskoei is.[5] Dit sluit in Indo-Tibettaanse Boeddhisme, Chinese Esoteriese Boeddhisme, ens. Tantriese Hindoe- en Boeddhistiese tradisies het ook ander Oostelike godsdienstradisies beïnvloed, soosDjainisme, die Tibettaanse Bön-tradisie,Taoïsme en die JapanneseSjintoïsme.[6]
Hindoetempels voldoen gewoonlik aan dieikonografie van tantra.[7] Hindoegeskrifte wat dié onderwerpe beskryf, word Tantras, Agamas of Samhitas genoem. In Boeddhisme het tantra diekuns en ikonografie van Tibettaanse en Oos-Asiatiese Boeddhisme beïnvloed, asook die historiese grottempels van Indië en die kuns vanSuidoos-Asië.[8][9]
Tantra beteken letterlik "weef".[10][11] Volgens Padoux beteken die werkwoordworteltan "om uit te brei", "om te versprei", "om te weef", "om ten toon te stel" en "om saam te stel". In ’n breër sin kan dit dus ook beteken "stelsel", "leerstelling" of "werk".[12]
Die verbintenis van die woordtantra om esoteriese praktyke of godsdienstige ritualisme te beteken is ’nEuropese skepping in diekoloniale tydperk. Die term is gebaseer op die metafoor vanweefwerk, sê Ron Barrett, want die Sanskrit-worteltan beteken die skering en inslag van drade aan ’n weefraam.[1] Dit impliseer die "verwewing van tradisies en leringe as weefdrade" in ’n teks, tegniek of praktyk.[1][11]
Bisschop, Peter C. (2020). "1. From Mantramārga Back to Atimārga: Atimārga as a Self referential Term". In Goodall at al. (red.).Śaivism and the Tantric Traditions : Essays in Honour of Alexis G.J.S. Sanderson. Indological Studies, vol. 22. Gonda.ISBN978-9004432666.