Tantaal is 'n blink, silweragtige metaal. Dit weerstaan chemiese aanvalle by temperature onder 150 °C. Tantaal is bestand teen korrosie as gevolg van 'n oksiedfilm op sy oppervlak.[1]
Tantaal is ontdek deur Anders G. Ekeberg in 1802, inUppsala,Swede, in die mineraletantaliet uitFinland enyttrotantaliet uit Swede. Ongelukkig vir Ekeberg het die bekende Engelse chemikus William Wollaston in 1809 ontken dat dit 'n nuwe element was en daar het verwarring ontstaan oor verskil tussenniobium en tantaal. Dis twee elemente wat moeilik van mekaar geskei kan word. In 1846 het die Duitse mineraloog Heinrich Rose uiteindelik bewys dat tantaal en niobium verskillende elemente is en aan alle twyfel 'n einde gemaak. In 1903 het Werner von Bolton vir die eerste keer tantaalmetaal daargestel.[2]
Tantaal is die skaarsste stabiele element in ons hele sonnestelsel, met net een atoom tantaal vir elke 181 miljard atome van ander elemente. Dit maak tantaal baie minder volop as goud, of enige van die tradisionele edelmetale.[3]
In 2022 was die prys van tantaal ongeveer 150 Amerikaanse dollar per kilogramTa2O5. In 2013 was dit nog $260.-[4]
Die vernaamste tantaalerts istantaliet, wat ook yster, mangaan en niobium bevat, ensamarskiet, wat sewe metale bevat. Nog 'n erts wat tantaal en niobium bevat, ispirochloor. Die belangrikste myngebiede isThailand,Australië,Kongo,Brasilië,Portugal enKanada. Die vraag na tantaal is ongeveer 2300 ton per jaar.[1] Tantaal word veral in Australië en Suid-Amerika aangetref. Daar word beraam dat die huidige hulpbronne van tantaal binne die volgende 50 jaar uitgeput sal wees.[5]
Tantaal is 'n seldsame oorgangsmetaal wat hoogs bestand is teen korrosie.[4] Dit is hoogs rekbaar en kan in 'n dun draad getrek word. Die chemiese eienskappe daarvan is baie soortgelyk aan dié van niobium. In suiwer elementêre vorm het dit 'n hardheid van 200 Vickers en 'n treksterkte van 900 MPa, wat dit net so hard en amper twee keer so sterk maak as die beste staal. Sterk sure het hoegenaamd geen effek daarop nie. Selfs koningswater kan nie tantaal aanval of beskadig nie.[3]
Tantaal is hoogs korrosiebestand as gevolg van die vorming van 'n oksiedfilm. Dit is 'n uitstekende geleier van hitte en elektrisiteit.Die metaal het 'n smeltpunt wat slegs deur wolfram en renium oorskry word. Tantaal is een van die vyf belangrikste vuurvaste metale (metale met baie hoë weerstand teen hitte en slytasie). Die ander vuurvaste metale iswolfram,molibdeen,renium enniobium.[2]
Tantaalpoeiers kan verkry word deur kaliumfluorotantalaat te reduseer met natriummetaal:
Hierdie eksoterme reaksie word onder 'n inerte atmosfeer in 'n gesmelte NaCl as oplosmiddel uitgevoer. 80%-90% van tantaalpoeiers wat inkapasitors gebruik word, word op hierdie manier verkry. Daar is egter ook 'n elektrolitiese proses wat gesmelteK2TaF7 met KF, KCl en opgelosteTa2O5 aan elektolise blootstel. Die smelt bevat die ioneK+,Cl−,F−,TaF8−,TaOF6− enTaO2F4−.[6]
Tantaal het belangrike toepassings in elektroniese toerusting.[4] Vanweë die lae mislukkingsyfer word tantaal gereeld in kapasitors in slimfone en rekenaars gebruik.[5]
Tantaal het 'n unieke grys kleur wat 'n bietjie blou lyk. Die natuurlike kleur van tantaal is effens donkerder as titanium s'n, maar tantaalringe kan ook swart wees.[5]
Tantaal is 'n hipoallergene metaal. Dit is uiters kraakbestand (anders as wolfram) en sal nie reageer ná blootstelling aan alledaagse chemikalieë, soos huishoudelike skoonmakers nie. Tantaal is ook matig krapbestand. As 'n tantaalring gekrap word, kan dit na sy oorspronklike glans teruggepoleer word.[5]
Omdat tantaaloksied baie onoplosbaar is, is daar byna geen tantaal in natuurlike waters te vinde nie. Min pogings is aangewend om die vlak daarvan in grond te meet, wat 'n reeks van 0,1 tot 3 dpm toon. Slegs klein hoeveelhede tantaal word deur plante geneem: die hoeveelheid in plantegroei oorskry selde 5 ppb.[1]
↑Oleg D. Neikov, Stanislav S. Naboychenko, Irina B. Murashova, Nikolay A. Yefimov (2019).Chapter 23 - Production of Refractory Metal Powders; in: Handbook of Non-Ferrous Metal Powders (Second Edition). Elsevier. pp. 685–755.doi:10.1016/B978-0-08-100543-9.00023-3.ISBN9780081005439.