Tadmoer تدمر | |
|---|---|
Stad | |
Die moderne stad Tadmoer. | |
| Koördinate:34°33′36″N38°16′02″O / 34.56°N 38.2672°O /34.56; 38.2672 | |
| Hoogte | 405 m (1 329 ft) |
| Bevolking Sensus 2004 | |
| • Totaal | 51 323 |
Tadmoer (Arabies:تدمر; ook gespelTadmor; in baie tale bekend asPalmyra) is ’n stad in Sentraal-Sirië in dieHoms-goewernement. Dit is in ’noase in die middel van dieSiriese Woestyn geleë, sowat 215 km noordoos van die hoofstad,Damaskus[1] en 180 km suidwes van dieEufraatrivier. Dieantieke ruïnes van die antieke stad Palmyra, ’nUnesco-wêrelderfenisgebied, is sowat 500 m suidwes van Tadmoer.[2] Die stad is relatief geïsoleer; die naaste nedersettings is Arak in die ooste, al-Sukhnah in die noordooste, Tiyas in die weste en al-Qaryatayn in die suidweste.
Tadmoer is die administratiewe hoofstad van die Tadmoerdistrik en die Tadmoersubdistrik. Die stad het in 2004 ’n inwonertal van 51 323 gehad.[3] Tydens dieSiriese Burgeroorlog het die stad se inwonertal aansienlik toegeneem vanweë vlugtelinge uit ander dele van die land.[4]
Beide die antieke en moderne stad is in baie tale algemeen bekend as Palmyra. In Arabies is albei stede bekend as Tadmoer.
"Tadmor" is die Semitiese en eerste bekende naam van die stad; dit is in die eerste helfte van die 2de millennium v.C. gebruik.[5] Die oorsprong van die naam is nie duidelik nie; volgens die Nederlandsefiloloog Albert Schultens kom dit van die Semitiese woord vir "dadels" (tamar),[6][7] wat verwys na die palmbome om die stad.
Die naam "Palmyra" het in die vroeë 1ste eeu n.C. in die werk van Plinius die ouere verskyn[5][8] en is in die Grieks-Romeinse wêreld gebruik.[7] Volgens Schultens het die Romeine die naam na "Palmura" verander (van dieLatynse woordpalma ("palm").[5] Daarna is die naam na "Palmyra" verander.[7][9] Dit kan ook ’n Griekse vertaling van "Tadmor" wees (as ’n mens aanneem dit beteken "palm"), soos Jean Starcky, ’n Franse priester en redakteur van dieDooie See-rolle, glo.[5]
In 1929 het Henri Arnold Seyrig, die direkteur-generaal van oudhede in Sirië, die ruïnes van Palmyra begin opgrawe en die dorpenaars oorreed om na die nuwe dorp Tadmoer te verskuif wat daarnaby deur die Franse gebou is.[10] Die verskuiwing is in 1932 voltooi[11] en die antieke terrein was gereed vir opgrawings.[10]
Op 13 Mei 2015 het die ekstremistiese militante groepIslamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) die moderne dorp aangeval en die vrees laat ontstaan dat hulle die historiese terrein sal verwoes.[12] Op 18 Mei het ISIL die antieke terrein oorgeneem.[13]
Verskeie monumente is sedertdien deur ISIL verwoes, en hulle het na berig word plofstowwe om Palmyra geplant.[14][15][16]
{{cite web}}:|last2= het 'n numeriese naam (hulp)