Tadjikistan (Tadjiks: Тоҷикистон,Toçikiston) is 'n bergagtigelandingeslote land inSentraal-Asië. In die suide grens die land aanAfghanistan, in die weste aanOesbekistan, in die noorde aanKirgisië en in die ooste aan dieVolksrepubliek China. Die grootste deel van Tadjikistan se bevolking behoort tot dieTadjiks, wat hul kultuur en geskiedenis met dieIrannese volke deel enPersies praat. Tadjikistan was eens deel van diePersiese Samanid-ryk en het in die 20ste eeu 'n deelrepubliek van dieSowjetunie geword as dieTadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek.
Na die land se onafhanklikwording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigendeburgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politieke stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie laat groei. Natuurlike hulpbronne sooskatoen enaluminium het ook baie bygedra tot hierdie verbetering.
Die meerderheid van Tadjikistan se bevolking is lede van die Tadjiks, wat volgelinge van die SoennitieseIslam is. Die land se grondwet waarborg egter godsdiensvryheid en daar bestaan 'n klein minderheid (minder as 1%) Protestante: ongeveer 230 000.
Van die denominasies is:
- Baptiste-kerk van Tadjikistan
- Duitse Evangeliese Lutherse Kerk
- Pinksterkerk
Baptiste-werk in Tadjikistan het in 1929 begin. Die Baptiste-broederskap bestaan uit sewe selfbesturende kerke en 23 geaffilieerde groepe. Die Baptiste-gemeenskap het ongeveer 1 000 lidmate en die voorsitter van die broederskap is die Russies-Duitse Alexandr Vervai.
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Geografies | |
|---|
| Akademie | |
|---|
| Kunstenaars | |
|---|
| Mense | |
|---|
| Ander | |
|---|