Dietabelleermasjien was 'n elektromeganiesemasjien wat ontwerp is ominligting tesommeer en later ook omrekeningkunde te doen. Dit is deur Herman Hollerith uitgevind en hy ontvang in 1889 'n patent vir sy ontwerp. Data is opponskaarte aangebring, wat blitsvinnig deur die masjien gesommeer kon word.
Die masjien is vir die eerste keer tydens dieAmerikaansesensus van 1890 gebruik omstatistieke te verwerk. Die vorige sensus het sewe jaar geneem en die sensusburo het gevrees dat hierdie volkstelling langer as tien jaar sou duur. Die tabelleermasjien was egter so suksesvol, dat die taak in 'n paar maande afgehandel is. Benewens die spoed het die ponskaarte ook as datastoor gedien en foute is drasties verminder.[1]
Die masjien het 'n nuwe era in dataverwerking ingelei en verskeie nuwe ontwerpe en modelle het gevolg. Hollerith het in 1896 dieTabulating Machine Company gestig, wat sy ponskaartleser aan die sakewêreld bekendgestel het. In 1924, na verskeie samesmeltings, het die maatskappy die hedendaagseIBM (International Business Machines) geword. In 1931 bou IBM 'n tabelleermasjien vir die Universiteit van Columbia, wat deur dieNew York World-koerant as 'n 'superrekenaar' beskryf is.[2]
Die eerste volledig elektroniese digitalerekenaar is egter eers tydens dieTweede Wêreldoorlog gebou, na die aankondiging van dieENIAC in 1946.[3]