Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

T. E. Lawrence

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
T. E. Lawrence
T. E. Lawrence

Lawrence in 1919

Bynaam/bynameLawrence of Arabia
El Aurens
Geboortedatum16 Augustus 1888
GeboorteplekTremadog,Caernarfonshire,Wallis,Verenigde Koninkryk
Sterfdatum19 Mei 1935 (46 jaar oud)
SterfplekBovingtonkamp,Dorset,Engeland
LojaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Koninkryk van Hidjaz
Diens/TakBritse Leër
Britse Lugmag
Jare in diens1914–18
1923–35
RangKolonel en lugman
Veldslae/oorloëEerste Wêreldoorlog
  • Arabiese opstand
  • Beleg van Medina
  • Slag van Fwelia
  • Slag van Aba el Lissan
  • Slag van Aqaba
  • Slag van Talifeh
  • Slag van Deraa
  • Verowering van Damaskus
  • Slag van Megiddo
ToekenningsCompanion of the Order of the Bath
Distinguished Service Order
Chevalier de la Légion d'Honneur
Croix de guerre (Frankryk)

Thomas Edward Lawrence (16 Augustus188819 Mei1935) was 'nBritse soldaat, skrywer en argeoloog en het bekend geraak asLawrence of Arabia tydens dieEerste Wêreldoorlog. Hy is gebore in Tremadog in die noorde vanWallis, as die tweede van vyf seuns, maar het grootgeword inDinard,Frankryk. Sy vader was lord Chapman, 'n Ierse baron.

Lawrence was 'n toegewyde leser en voltooi sy skoolloopbaan by dieCity of Oxford en daarna byJesus College, Oxford. Hy presteer die beste ingeskiedenis in sy klas en kry erkenning daarvoor. Gedurende sy vakansies van 1908 tot 1910 besoek en bestudeer hy diemiddeleeusekastele in Frankryk enSirië. Hy voltooi sy eersteboek,Crusader Castles, wat eers in 1936 ná sy dood gepubliseer word.

Lawrence neem deel aan die uitgrawings by Carchemish (Jerablus) onder die toesig van D.G. Hograth, Campbell Thompson en C.L. Woolley van 1911 tot 1914. Hy het ook in 1912 aan uitgrawings inEgipte deelgeneem onder die toesig vanFlinders Petrie.

Eerste Wêreldoorlog

[wysig |wysig bron]

Hy sluit in 1914 aan byLord Kitchener seSinai Surney, in wese 'n millitêre intelligensienetwerk. Hy doen verslag oor die projek met die titelThe Wilderness of Zin. Ná dieEerste Wêreldoorlog in 1914 uitgebreek het, sluit hy by die Arabiese Buro inKaïro aan. Gedurende Maart 1916 word hy naMesopotamië gestuur om namens 'n Britse garnisoen, wat in Kut vasgekeer was, gunstige oorgawebepalings te onderhandel met die Turkse generaals. In Mei 1916 sluit hy by prins Feisel van Mekka se Arabiese Vryheidsvegters aan. Hy bring die ganse Turkse garrisoen, wat byMedina gestasioneer is, tot stilstand, deur die Hejazspoorlyn te saboteer. Hy bevry Agaba van die Turke na 'n stormloop op kamele. Hierdie aanval het die druk verlig op die Britse mag watPalestina terselfdertyd ingeval het.

Hy dring die Turkse magte binne, vermom as 'nCircassion-rekruut. Hy word na die hoofkantoor van die Turkse bevelvoerder geneem waar hy aangerand word. Hy slaag tog daarin om te ontsnap sonder om herken te word. Hy verseker dat genl. Allenby die Slag van Gaza wen deur die belangrike spoorlyn by Maan te vernietig en hy arriveer voor die Britse magte inDamaskus.

Ná oorlog

[wysig |wysig bron]

Ná die oorlog wys hy vele eerbewyse van die hand, maar aanvaar 'n fellowship byAll Souls' College,Oxford. Hy woon in 1919 die vredesonderhandelinge inVersailles by. Hy was onsuksesvol om onafhanklikheid virArabië te verseker. In 1922 verleenWinston Churchill hom magtiging om vrede in dieMidde-Ooste te bewerkstellig. Terselfdertyd skryf hySeven Pillars of Wisdom, sy weergawe van die Arabiese opstand. Hierna sluit hy by dieBritse Lugmag aan onder die naam Ross, maar sy ware identiteit word deur 'n lastige joernalis openbaar gemaak en hy bedank uit die lugmag. Gedurende Maart 1923 sluit hy by die Britse tenkkorps aan, hierdie keer onder die naam Shaw. In sy vrye tyd het hy elke jaar die nuwe model van die Brough-motorfietse getoets. In 1925 word hy hertoegelaat tot die Britse lugmag. Terselfdertyd publiseer hySeven Pillars of Wisdom.

In 1927 word hy na Karachi inIndië verplaas waar hy tot in 1928 in die magasyn werk. Terselfdertyd skryf hyThe Mint. Vanaf 1930 tot 1935 was hy betrokke saam met dieBritse Vloot om snelbote te toets teSouthampton. Sy kontrak met die Britse lugmag eindig in 1935 en op 19 Mei van daardie jaar sterf hy in 'n motorfietsongeluk.

Bron

[wysig |wysig bron]
  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 14, Bladsy 401.
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=T._E._Lawrence&oldid=2378825"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp