Die swastika is 'n simbool met baie style en betekenisse. Dit word in baie kulture aangetref.Die gebruik van die swastika deur dieNazi's enneo-Nazi's is die makliks herkenbare moderne gebruik van die simbool in dieWeste.
Dieswastika,卐 of卍, is 'n simbool wat vandag in dieWeste hoofsaaklik bekend is vanweë die gebruik daarvan deur dieNaziparty.[1] Dit is 'n antiekegodsdiensikoon in verskeieEurasiese kulture. Dit word gebruik as 'n simbool van goddelikheid en spiritualiteit inIndiese gelowe, insluitendeHindoeïsme,Boeddhisme enDjainisme.[2][3][4][5][6] Die simbool is gewoonlik in die vorm van 'nkruis, waarvan die arms ewe lank is en reghoekig op mekaar lê. Elke arm is in die middel teen 'n reghoek gebuig.[7][8]
In die Westerse wêreld was dit tot in die 1930's 'n simbool van gunstigheid en goeie geluk.[9] Toe het die Duitse Naziparty 'n kloksgewyse vorm daarvan as embleem van die Ariese ras begin gebruik. Weens dieTweede Wêreldoorlog en dieHolocaust verbind die Weste dit nou steeds met nazisme enantisemitisme.[10][11] Dit word nou beskou as simbool van wit heerskappy[12][13] of bloot boosheid.[14][15]
As gevolg daarvan is die gebruik van die swastika in sommige lande, insluitende Duitsland, verbode. Dit bly egter 'n simbool van goeie geluk en vooruitgang in Hindoeïstiese, Boeddhistiese en Djainistiese lande soosNepal,Indië,Mongolië,Sri Lanka,China enJapan. Dit word ook algemeen gebruik in Hindoeïstiese huwelikseremonies enDivali-vierings.
Die woord "swastika" kom vanSanskrit स्वस्तिकswastika, "bevorderlik vir welsyn".[16][6] In Hindoeïsme word die klokgewyse simbool, wat regs wys (卐), "swastika" genoem en simboliseer ditsurya ("son"), vooruitgang en goeie geluk, terwyl die antikloksgewyse simbool, wat links wys (卍),sauwastika genoem word en die nag simboliseer, asook dietantriese aspekte van die godinKali.[6] InDjainisme is dit die simbool van suparshvanatha, die sewende van 24 spirituele leerstellings, en in Boeddhisme simboliseer dit die gunstige voetspore van dieBoeddha.[6][17][18]
Dit is in verskeieEuropesetale bekend as diefylfot,gammadion,tetraskelion ofcross cramponnée ('n term in Anglo-Normaanse heraldiek);Duits:Hakenkreuz;Frans:croix gammée;Italiaans:croce uncinata. InMongools word dit хас (chas) genoem en hoofsaaklik op seëls gebruik. InChinees word dit 卍字 (wànzì) genoem, wat beteken "simbool van alle dinge", inJapannees word ditmanji uitgespreek, inKoreaansmanja (만자) en inViëtnameesvạn tự / chữ vạn.
Agting vir die swastikasimbool in Asiatiese kulture, in teenstelling met die stigma wat in die Weste daaraan kleef, het al tot misverstande en verkeerde vertolkings gelei.[9][21]
Etimologie en benamings
Die woord "swastika" is afgelei van Sanskrit,swasti, wat saamgestel is uitsu (सु: "goed, gunstig") enasti (अस्ति: "dit is" of "daar is").[22] Die woord word sedert 500 v.C. op dieIndiese subkontinent gebruik. Dit is die eerste keer aangeteken deur die antieke linguis Panini in sy werkAshtadhyayi.[23] Dit word in ander tekse ook gespelsvastika,[24]suastika, ens.[25]
'n Tekening van 'n swastika op die Snoldelevsteen, wat inDenemarke ontdek is (9de eeu).
'n Belangrike vroeë gebruik van die woord swastika in 'n Europese geskrif was in 1871 in 'n publikasie van Heinrich Schliemann, wat meer as 1 800 antieke voorbeelde van die simbool en sy variante ontdek het naby dieEgeïese See in sy soektog na die geskiedenis vanTroje. Schliemann het dit aan die Sanskritwoord swastika gekoppel.[26][27][28]
Die woordswasti verskyn gereeld in dieVedas en in die klassieke letterkunde, waar dit "gesondheid, geluk, sukses, vooruitgang" beteken, en dit as algemeen as 'n groet gebruik.[29][30] Die agtervoegselka is algemeen en kan verskeie betekenisse hê.[31] Volgens Monier-Williams beskou baie geleerdes dit as 'nsonsimbool.[29]
Die vroegste gebruik van die woord "swastika" is in Panini seAshtadhyayi, wat dit gebruik om 'n Sanskrit-taalreël te verduidelik, in die verband van 'n soort identifiseringsmerk aan 'n bees se oor.[22] Die meeste geleerdes meen Panini het in of voor die 4de eeu v.C. gelewe,[32][33] moontlik in die 6de of 5de eeu v.C.[34][35]
Die begrip van 'n "omgekeerde" swastika is onder Europese geleerdes moontlik in 1852 die eerste keer opgehaal deur Eugène Burnouf en aangehaal deur Heinrich Schliemann inIlios (1880), gebaseer op 'n brief van Max Müller wat Burnouf aanhaal. Die termsauwastika word gebruik in die sin van "agterstevoor swastika" deur Eugène Goblet d'Alviella (1894).[36]
Ander name vir die term sluit in:
tetragammadion (Grieks: τετραγαμμάδιον), "kruisgammadion" (Latyncrux gammata; Frans:croix gammée), omdat elke arm die Griekse letter Γ (gamma) verteenwoordig.[7]
"Kruis met hake" (Duits:Hakenkreuz), "kruis met hoeke" (Duits: Winkelkreuz) of "krom kruis" (Duits:Krummkreuz).
"Crampon-kruis" of "winkelhaakyster" in heraldiek, omdat elke arm lyk soos 'n haak wat gebruik is om wolwe mee te vang (Duits: Winkelmaßkreuz).
Ugunskrusts (Letties vir "vuurkruis"; ander name: Pērkonkrusts ("donderkruis"), "kruis vanPerun, ens.
"Draaiende stompe" (Navajo, inheems Amerikaans): kan dui op oorvloed, vooruitgang, heling en geluk.[38]
Voorkoms
Links: Die sauwastika, wat links wys, is 'n heilige simbool in dieBon- enMahayana-Boeddhisme. Regs: Die swastika, wat regs wys, is algemeen in Hindoeïsme, Djainisme enSri Lankaanse Boeddhisme.[39][40]
Alle swastikas is gebuigde kruise gebaseer op 'nchirale simmetrie (waar die spieëlbeelde van mekaar verskil), maar hulle het verskillende geometriese detail: as kompakte kruise met kort bene, as kruise met lang arms en as motiewe in 'n patroon van aaneengeskakelde lyne. Chiraliteit beskryf die afwesigheid van 'n spieëlbeeldsimmetrie. Die spieëlbeeldvorms word gewoonlik beskryf as 'n simbool wat links wys (卍) en een wat regs wys (卐).
Geskrewe karakters
Die karakters 卍 en 卐.
Die sauwastika is as 'n standaardkarakter aanvaar in Chinees, "卍" (pinyin:wàn), en is ook in verskeie anderOos-Asiatiese tale opgeneem. In Japannees word ditmanji genoem.
Die sauwastika is ingesluit in dieUnicode-karakters van twee tale: Chinees[41] enTibettaans. In laasgenoemde is daar twee swastikas en twee sauwastikas (met of sonder vier kolletjies): ࿕, ࿗, ࿖, ࿘.[42]
Betekenis
Europese hipoteses van die swastika word gewoonlik behandel saam metkruissimbole in die algemeen, soos die godsdienstige sonkruis van dieBronstydperk. Daarbenewens was dit teenwoordig in simboolstelsels voordatskryfstelsels gebruik is soos die Vinčastelsel,[43] wat tydens dieNeolitikum verskyn het.[44]
'n Mosaïekswastika in 'n Bisantynse kerk inIsrael wat opgegrawe is'n Benaderde voorstelling vanTiānmén (天門, Hemelpoort) ofTiānshū (天樞, Hemelspil) as die noordelikehemelpool metα Ursae Minoris as diepoolster, met vier draaiende voorstellings van diesterrebeeld dieGroot Beer in verskillende tydsfases. Die Hemelspil kan verteenwoordig word deurwàn (卍).
Noordpool
Volgens die Franse intellektueel René Guénon verteenwoordig die swastika die noordpool en die roterende bewewing om 'n onveranderlike spil (axis mundi), en eers tweedens verteenwoordig dit dieson as 'n weerspieëlde funksie van die noordpool. As sulks is dit 'n simbool van dielewe, van die verlewendigende rol van die opperste beginsel van dieheelal, die absoluteGod, in verhouding tot die kosmiese orde. Dit verteenwoordig die aktiwiteit (die HellenistieseLogos, die HindoeïstieseOm, die ChineseTaiyi, "Groot Een") van die beginsel van die heelal in die vorming van die wêreld.[45] Volgens Guénon het die swastika in sy poolwaarde dieselfde betekenis van diejin en jang van die Chinese tradisie, en van ander tradisionele simbole van die werking van die heelal, insluitende die letters Γ (gamma) en G, wat die Groot Argitek van die Heelal van dieVrymesselary simboliseer.[46]
Volgens die geleerde Reza Assasi verteenwoordig die swastika die ekliptiese noordpool wat omZeta Draconis gesentreer is, met die sterrebeeldDraak as een van sy strale. Hy meen dié simbool is later voorgestel as die vierperdewa vanMitras in die antiekeIranse kultuur. Hulle het geglo die kosmos word deur vier hemelse perde getrek wat in 'n kloksgewyse rigting om 'n vaste middelpunt draai. Hy stel voor dié idee het later floreer in RomeinseMitraïsme, want die simbool kom voor in Mitraïstieseikonografie ensterrekunde.[47]
Volgens dieRussiese argeoloog Gennadi Zdanowitsj, wat van die oudste voorbeelde van die simbool in dieSintasjta-kultuur bestudeer het, simboliseer die swastika die heelal en verteenwoordig dit die draaiende sterrebeelde van die noordelike hemelpool, wat gesentreer is inα Ursae Minoris, veral dieKlein enGroot Beer, of Ursa Minor en Ursa Major.[48] Net so, sê René Guénon, word die swastika geteken deur die Groot Beer te visualiseer in die vier fases van revolusie om die poolster.[49]
Komeet
'n Voorstelling van komete uit dieBoek van Sy,Han-dinastie, 2de eeu v.C.
In hulle boek van 1985,Comet, sêCarl Sagan enAnn Druyan die voorkoms van 'n draaiendekomeet met 'n vierpuntige stert so vroeg as 2000 v.C. kan verduidelik hoekom die swastika in die kulture van beide dieOu Wêreld en dieAmerikas van voorColumbus aangetref word. In dieHan-dinastie seBoek van Sy (2de eeu v.C.) word so 'n komeet uitgebeeld met 'n swastika-agtige simbool.[50]
Bob Kobres sê in 1992 in 'n verhandeling die swastika-agtige komeet in die boek uit die Han-dinastie is genoem 'n "fisantster met 'n lang stert", omdat dit soos 'n voël se poot of voetspoor gelyk het.[51] Soortgelyke vergelykings is in 1907 getref deur J.F. Hewitt,[52] sowel as in 'n artikel in 1908 inGood Housekeeping.[53] Kobres stel voorts 'n verband met mitologiese voëls en komete van buite China voor.[51]
Vier winde
In die kultuur van dieIndiane, veral die Pima vanArizona, is die swastika 'n simbool van die vier winde. Die antropoloog Frank Hamilton Cushing sê onder die Pima word die simbool van die vier winde gemaak met 'n kruis met vier gebuigde arms (soos 'n gebreekte sonteken). Volgens hom is die swastika wat regs wys hoofsaaklik 'n verteenwoordiging van die sirkel van die vier windgode wat elk aan die punt van sy rigting staan.[54]
Voorgeskiedenis
'n 3 200 jaar oue swastikahalsband wat in die noorde vanIran uitgegrawe is.
Die vroegste bekende swastika is uit 10000 v.C. Dit was deel van "'n ingewikkelde kronkelpatroon van saamgevoegde swastikas" wat op 'n ivoorbeeldjie van 'n voël op 'n terrein uit die laatPaleolitikum inOekraïne ontdek is. Daar is voorgestel dat dit 'n gestileerde beeld van 'nooievaar in vlug is.[55] Omdat die beeld nabyfalliese voorwerpe gekry is, kon dit ook 'nvrugbaarheidsimbool gewees het.[56]
'n Prehistoriese klip in Iran.
In die berge van Iran is swastikas of spinwiele ontdek wat op klipmure uitgekrap is en na raming ouer as 7 000 jaar is.[57][58]
Spieëlbeeldswastikas (kloks- en antikloksgewys) is op keramiekpotte inBulgarye ontdek en dateer na raming van 6000 v.C.[59]
Van die vroegste argeologiese bewyse van die swastika op dieIndiese subkontinent kan teruggespeur word na 3000 v.C.[60] Die ondersoekers het die moontlikheid gestel dat die swastika van Indië af weswaarts naFinland,Skandinawië, dieSkotse Hoogland en ander dele vanEuropa versprei het.[61] InEngeland is klipsnywerk van die simbool uit die Bronstydperk ontdek opIlkley Moor, soos dieSwastikasteen.
Die swastika is ook in die Koptiese tydperk inEgipte aangetref. Op 'n tekstielstof van tussen 300 en 600 v.C. is klein swastikas in die patroon te sien.[66]
DieTierwirbel (Duits vir "dieremaalkolk") is 'n kenmerkende motief in die Sentraal-Asië van die Bronstydperk, die Eurasiesesteppe en later onder dieSkitiese,Baltiese enGermaanse kulture van dieYstertydperk.[67] Daarop is 'n roterende, simmetriese rangskikking van 'n dieremotief, dikwels vier voëlkoppe.
Swastikaseëls uit die Indusvalleibeskawing wat in dieBritse Museum bewaar word.
Die Samarrabak in diePergamonmuseum inBerlyn. Die swastika in middel van die ontwerp is 'n rekonstruksie.[69]
Historiese gebruik
InAsië het die swastikasimbool omstreeks[60] 3000 v.C. in die argeologiese rekords van die Indusvalleibeskawing verskyn.[21][70] Dit het ook in die kulture om dieSwart- enKaspiese See van dieBrons- enYstertydperk sy verskyning gemaak. In al dié kulture het die simbool blykbaar nie enige besonderse betekenis gehad nie en het dit voorgekom as net een vorm van 'n reeks soortgelyke simbole. In dieZoroastriese godsdiens vanPersië was dit 'n simbool van die wentelende son, oneindigheid of voortdurende skepping.[71][72] Dit is een van die algemeenste simbole op die muntstukke vanMesopotamië.[6]
Die ikoon het 'n spirituele betekenis gehad in Indiese godsdienste soos Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme.[5][6]
Suid-Asië
'n Swastika met 24 krale, wat hoofsaaklik inMaleisiese Boeddhisme gebruik is.
InBoeddhisme word die swastika beskou as 'n simbool van die gunstige voetspore van dieBoeddha.[6][17] Die sauwastika, wat links wys, word dikwels aangetref op die bors, voete of palms van Boeddhabeelde. Dit is 'n simbool vir die Boeddha in baie dele van Asië en stem ooreen met dieDharmawiel.[3] Die vorm simboliseer ewige siklusse, 'n tema wat insamsara aangetref word.[3]
Die swastikasimbool is algemeen in esoteriesetantratradisies van Boeddhisme, asook in Hindoeïsme, waar dit aangetref word saam metchakra-teorieë en ander mediteringshulpmiddels.[73] Die kloksgewyse simbool is algemener en word aangetref in dieTibettaanse Bon-tradisie.[74]
Die swastika is 'n belangrikeHindoeïstiese simbool.[5][6] Dit is algemeen voor ingange van huise en tempels, om die eerste bladsy van finansiële verklarings te merk en asmandalas vir rituele soos troues en om pasgeborenes te verwelkom.[6][73]
Dit het 'n spesifieke betekenis virDiwali en maak deel van die versierings uit.[75]
Beide die kloks- en antikloksgewyse swastika word in Hindoeïsme aangetref, met verskillende betekenisse. Dit word onderskeidelik die swastika en sauwastika genoem.[6] Die swastika is 'n sonsimbool (Surya), wat dui op die beweging van die son in Indië (dieNoordelike Halfrond), waar dit skynbaar van die ooste af binnekom, dan smiddae na die suide beweeg en in die weste uitgaan.[6] Die sauwastika word minder gebruik. Dit dui die nag aan en in tantriese tradisies is dit 'n simbool vir die gosinKali, die skrikaanjaende vorm van die godinDurga.[6] Die simbool verteenwoordig ook aktiwiteit,karma, beweging, die wiel en in sommige gevalle die lotus.[2][3] Volgens Norman McClelland kan sy simbolisme vir beweging en die son ontstaan het vanweë gedeelde prehistoriese kulturele wortels.[76]
'n Swastika is algemeen in Hindoeïstiese tempels
Die ingang van die Goa Lawah-tempel inBali,Indonesië.
InDjainisme is dit die simbool van Suparshvanatha, die sewendetirthankara.[6] Alle Djainstiese tempel- en heilige boeke moet die swastika bevat en seremonies begin en eindig gewoonlik met die vorming van swastikas met rys om die altaar. Lede gebruik rys om 'n swastika voor standbeelde te maak en plaas dan 'n offerande daarop; gewoonlik 'n ryp of gedroogdevrug, 'n soetigheid, muntstuk of noot. Die vier arms van die swastika simboliseer die vier plekke waar 'n siel herbore kan word insamsara, die siklus van geboorte en sterfte, voordat die sielmoksja (redding) bereik as 'nsiddha met die beëindiging van dié siklus.[4]
Toe die Chinese skryfstelsel in die 8ste eeu inJapan bekend gestel is, is die swastika in die Japannese taal en kultuur opgeneem. Dit word algemeen diemanji (letterlik "10 000-karakter") genoem. Sedert dieMiddeleeue word dit asmon (wapen) deur verskeie Japannese families gebruik.[78] Op Japannesekaarte word 'n swastika (horisontaal, wat links wys) gebruik om Boeddhistiese tempels aan te dui. Die swastika wat regs wys, word dikwelsgyaku manji, "omgekeerde swastika", genoem asookmigi manji "regs-swastika" ofkagi jūji "hoekkruis".
In Chinese en Japannesekuns word die swastika dikwels as deel van 'n herhalende patroon aangetref. Een bekende patroon,sayagata in Japannees, bestaan uit swastikas wat link en regs wys en deur lyne verbind word.[79]
Noord-Europa
'n Voorwerp wat baie soos 'n hamer of dubbele byl lyk, word uitgebeeld onder die magiese simbole op die tromme vanSami-sjamane. Dit is voor dieChristendom in hulle godsdienstige rituele gebruik. Soms is 'n manlike figuur op die tromme gebruik met 'n hameragtige voorwerp in een van die hande, en soms lyk dit meer soos 'n kruis met haakpunte, of 'n swastika.[80]
Die swastikavorm (ook 'nfylfot genoem) verskyn op verskeieGermaanse enWiking-artefakte uit die Migrasietydperk. Die heidenseAnglo-Saksiese skeepsgraf bySutton Hoo,Engeland, bevat talle items met 'n swastika op.[80]
Die Engelsefolkloris Hilda Ellis Davidson meen die swastika is geassosieer met Thor en hou moontlik verband met die sonkruis van die Bronstydperk.[80] Sy haal "baie voorbeelde" aan van die swastikasimbool op Anglo-Saksiese grafte uit die heidense tydperk, veral op verassingsurne uit die begraafplase vanOos-Anglië.[80] Volgens haar is dit so versigtig en kunstig aangebring dat dit 'n spesiale betekenis as 'n begrafnissimbool moes hê.[80]
Hande vanSwarog (Pools:Ręce Swaroga)[81] met swastikas; Donderkruis of Kruis vanPeroen, kloks- en antikloksgewys.
Volgens die skilder Stanisław Jakubowski is die "klein son" (Pools:słoneczko) 'n vroeëSlawiese heidense simbool van die son; hy sê dit is gegraveer op houtmonumente wat naby die finale rusplekke van gevalle Slawiërs gebou is om die ewige lewe te simboliseer. Die simbool is die eerste keer te sien in sy versameling van vroeë Slawiese simbole en argitektuur, wat hy genoem hetPrasłowiańskie motywy architektoniczne ("Vroeë Slawiese Argitektoniese Motiewe"). Sy werk is in 1923 gepubliseer deur 'n uitgewer wat toe inKrakow gebaseer was.[82]
'n 19de-eeuse Russiese borduurwerk.Kolowrat (Russies: коловрат, "spinwiel"); Pools:słoneczko, "klein son".
InRusland was die swastika voor dieTweede Wêreldoorlog 'n geliefde teken van die laaste Russiese keiserin,Aleksandra Fjodorowna. Sy het dit vir geluk neergesit waar sy kon, onder meer in dieIpatijef-huis, waar die gesintereggestel is. Daar het sy ook 'n swastika geteken op die muurpapier bo die bed waar dietsarewitsj blykbaar geslaap het.[83] Dit was ook vir 'n ruk gewild onder sekere kunstenaars en politieke en weermaggroepe.[84] In die oorlog het dit egter verbind geraak met die Duitse besetting.[85]
In die moderne Rusland beteken die woord коловрат (kolowrat) letterlik "spinwiel". Dit word egter algemeen met die swastika verbind, hoewel geen etnografiese bronne dit bevestig nie.[85][86]
Die Russieseneo-Nazi-groep Russiese Nasionale Eenheid se tak inEstland is amptelik onder die naam "Kolowrat" geregistreer en het in 2001 'n ekstremistiese koerant onder dieselfde naam gepubliseer.[87] In 'n misdaadondersoek is bevind die koerant het verskeie rassistiese skeldname bevat.[88]
Die bronstitelprent op dieKelte se Batterseaskild, 'n rituele voorchristelike skild (omstreeks 350-50 v.C.) wat in dieTeemsrivier naby die Batterseabrug ontdek is, bevat 27 swastikas in brons en rooi emalje.[89] 'nOghamsteen wat inIerland ontdek is, is verander in 'n vroeë Christelike grafsteen en is versier met onder meer twee swastikas.[90] Die Book of Kells (omstreeks 800 n.C.) bevat swastikavormige versierings. Aan die noordelike punt van die vlei Ilkley Moor inWes-Yorkshire is daar 'n swastikavormige patroon wat op 'n steen uitgegrawe is en as dieSwastikasteen bekend is.[91]
Grieks-Romeinse oudheid
Talle los en verbinde swastikamotiewe kom op antieke Griekse geboue, klere en muntstukke voor. Daar is ook vergulde spelde uit die 8ste eeu wat met swastikas versier is.[92] Verwante simbole in klassieke Westerse argitektuur sluit in die kruis en ander swastikavorms.
In Grieks-Romeinse kuns en argitektuur en in Romaanse en Gotiese kuns in die Weste is geïsoleerde swastikas redelik skaars; dit word eerder aangetref as 'n herhaalde element in 'n randpatroon ofmosaïekwerk. Die swastika verteenwoordig dikwels voortdurende beweging, soos van 'n wind- of watermeul.
'n Ontwerp van geskakelde swastikas is een van verskeie mosaïekwerke op die vloer van die katedraal vanAmiens,Frankryk.[93] 'n Rand van geskakelde swastikas was 'n algemene motief in Romeinse argitektuur[94] en kan gesien word in meer onlangse geboue as 'nneoklassieke element. Daar was ook swastikas op die vloere vanPompeji.[95]
Grieks-Romeinse voorbeelde
'n Griekse tetraskelion.
'n Kronkelpatroon van swastikas.
'n Swastika op 'n Griekse silwermuntstuk uit antiekeKorinthe, 6de eeu v.C.
Illiriërs
Die swastika was algemeen onder die Illiriërs en het die son gesimboliseer. Die sonkultus was hulle hoofkultus; die son is verteenwoordig deur die swastika in 'n kloksgewyse beweging, wat die beweging van die son aangedui het.[96]
Armenië
InArmenië is die swastika die antieke simbool van ewigheid en ewige lig (dus God). Swastikas in Armenië is ontdek op petrogliewe van dieKopertydperk, voor dieBronstydperk. In die Bronstydperk het dit voorgekom op kookpotte, belde, medaljes en ander voorwerpe.[97]
Swastikas kan ook gesien word op vroeë Middeleeuse kerke en forte, insluitende die hooftoring in Armenië se historiese hoofstad, Ani.[98] Dieselfde simbool word aangetref op Armeense tapyte en stene en op Middeleeuse manuskripte, sowel as op moderne monumente as 'n simbool van ewigheid.[99]
Middeleeuse en vroeë moderne Europa
Swastikavorms is gevind op talle artefakte van die EuropeseYstertydperk.[98][100][101] In die Christendom word die swastika gebruik as 'n weergawe met hoeke van dieChristelike kruis, die simbool van Christus se oorwinning oor die dood. Sommige Christelike kerke wat in die Romaanse en Gotiese tydperke gebou is, is met swastikas versier, na aanleiding van vroeëre Romeinse ontwerpe. Swastikas word vertoon in 'n mosaïek in die Sint Sofia-kerk inKijif,Oekraïne, wat van die 12de eeu dateer. Hulle is ook as 'n herhalende ornamentele motief te sien op 'n graftombe in die Basilika van Sint Ambrosius inMilaan.[102]
'n Plafon wat in 1910 in die Kerk van Sint Laurentius inGrenoble, Frankryk, geverf is, vertoon baie swastikas. Dit kan vandag besoek word omdat die kerk die stad se argeologiese museum is.
In dieEerste Republiek van Pole was die swastika 'n gewilde simbool onder die adel. Volgens kronieke het dieRoes-prinsOleg, watKonstantinopel in die 9de eeu aangeval het, sy skild (met 'n groot rooi swastika daarop geverf) aan die stad se poorte vasgespyker.[103] Verskeie adellike huise, soos die Boreyko, Borzym en Radziechowski van Roetenië, het ook swastikas as hulle familiewapens gehad.
Die swastika is ook deur edelmanne inPole enOekraïne as heraldiese simbool gebruik. In die 19de eeu was die swastika een van dieRussiese Ryk se simbole en is dit op muntstukke as 'n agtergrond vir die Russiese arend gebruik.[104][105]
Europese gebruik van die swastika
DieBasjkierse simbool van die son en vrugbaarheid.
Swastikas kan in verskeie kulture vanAfrika gesien word. InEthiopië is 'n swastika uitgekerf in die venster van 'n beroemde 12de-eeuse rotskerk inLalibela. InGhana is die swastika een van die simbole van dieAkan-volke. Dit is aangetref in dieAsjanti se goudgewigte en klere.[106]
'n Poskaart uit 1907 wys die Navajo se simbool vir goeie geluk.
Die swastika is 'nNavajo-simbool vir goeie geluk. Dit is inArizona op padtekens van die deelstaat gebruik.[107]
Vroeë 20ste eeu
Swastikas op 'n trourok as simbole van geluk, Britse kolonie, 1910.
In die Westerse wêreld het die simbool 'n oplewing beleef ná argeologiese werk in die 19de eeu deur Heinrich Schliemann, wat die simbool ontdek het op die terrein van antiekeTroje en dit verbind het met die antieke migrasies van Proto-Indo-Europeërs, wie se taal nie verniet deur Duitse taalhistorici "Proto-Indo-Germaans" genoem is nie. Hy het dit verbind met soortgelyke vorms wat in Duitsland op antieke potte gevind is en het geteoretiseer dat die swastika 'n "belangrike godsdienssimbool van ons verre voorvaders" was. Hy het dit verder verbind met antiekeTeutone, Grieke uit die tyd vanHomeros, en Indiërs van dieVediese tydperk.[108][109] Teen die vroeë 20ste eeu is dit wêreldwyd gebuik as 'n simbool van goeie geluk en sukses.
Schliemann se werk het gou verstrengel geraak met die politiekevölkische beweging, wat die swastika as 'n simbool van die "Ariese ras" gebruik het. Sedert die aanvaarding daarvan deur dieNazi-party vanAdolf Hitler word die swastika in 'n groot deel van die Weste verbind met nazisme, fascisme, rassisme (wit heerskappy), dieSpilmoondhede van dieTweede Wêreldoorlog en dieHolocaust. Die swastika is steeds 'n kernsimbool van neo-Nazi's.
Europa
'n Teosofiese seël.
In die 1880's het die Teosofiese Vereniging 'n swastika aanvaar as deel van hulle seël, saam met 'nOm, 'n heksagram ofDawidster, 'nanch en 'ngnostieseouroboros. Die vereniging was nooit omstrede nie en die seël word steeds gebruik. Die huidige seël sluit ook die teks in: "Daar is geen godsdiens hoër as die waarheid nie."[110]
Die Britseskrywer endigterRudyard Kipling het die simbool op die voorblad van verskeie van sy boeke gebruik, onder meerThe Five Nations, 1903. Nadat Hitler aan die bewind gekom het, het Kipling opdrag gegee dat die swastika nie meer op sy boeke verskyn nie.
Carlsberg se Olifanttoring.
Die Deense brouery Carlsberg het die swastika van die 19de eeu tot die middel van die 1930's as logo gebruik,[111] totdat dit met die Nazi's verbind is. By die maatskappy se hoofkwartier inKopenhagen wat in 1901 gebou is, kan swastikas steeds gesien word. Die Olifanttoring word ondersteun deur vier klipolifante, elk met 'n swastika op sy sy. Die spits bo-op die toring is ook met 'n swastika versier.[112]
Die swastikamotief word aangetref in die tradisionelekuns enikonografie van 'n paarinheemse Amerikaanse groepe. Histories is die teken ontdek in uitgrawings van terreine in dieMississippirivier- en dieOhioriviervallei van dieMississippium-epog. Dit word ook algemeen gebruik deur 'n paar suidwestelike stamme, veral die Navajo, en vlaktenasies soos die Dakota.
Die ou en nuwe simbool van die 45ste Infanterieafdeling.
Dit het in die verskillende stamme verskillende betekenisse.[124]
Voor die 1930's was die simbool van die Amerikaanse 45ste Infanterieafdeling 'n rooi diamant met 'n geel swastika ter ere van die groot inheemse bevolking in die suidwestelike VSA. Die swastika is later deur 'n mitologiese onweersvoël vervang.
'n Swastikavorm is 'n simbool van die Guna-volk vanPanama. In hulle tradisie simboliseer dit dieseekat wat die wêreld geskep het; sy tentakels wys in die vier windrigtings.[125] Sedert 1930 gebruik hulle 'n vlag met 'n swastika op.[126]
Die 1909-basketbalspan van die Chilocco-Indianelandbouskool.
Die vlag van die Guna-volk sedert 1942.
Die 1922-span van die vrouehokkiespan Fernie Swastikas.
Verbintenis met nazisme
Gebruik in nazisme
Die partywapen van dieNaziparty met 'n swart swastika, wat 45 grade gedraai is, op 'n wit skyf. Die party het die insluiting van die simbool in 1920 in sy embleem aanvaar.
Aan die begin van die 20ste eeu is die swastika algemeen in Europa gebruik. Dit simboliseer baie dinge vir die Europeërs, waarvan die algemeenstes goeie geluk en gunstigheid is.[10] In 1920, ná dieEerste Wêreldoorlog, het Duitsland se pas gestigteNaziparty die swastika as simbool aanvaar.[127][128] Dit was 'n swart swastika, wat teen 45 grade gedraai is, op 'n wit sirkel op 'n rooi agtergrond. Dit is op die party se vlag, wapen en armband gebruik.
In syMein Kampf van 1925 skryf Hitler hy het intussen op 'n finale vorm besluit: 'n vlag met 'n rooi agtergrond, 'n wit skyf en 'n swart kruis met hoeke in die middel. Hy het ook ná baie probeerslae 'n definitiewe verhouding tussen die grootte van die vlag en die wit skyf uitgewerk, asook die vorm en dikte van die kruis.
Die vlag van die Naziparty, of die NSDAP.
Die nasionale vlag vanDuitsland (1935–1945), met die swastika effens weg van die middel af.
Hy wou beide die swastika en die kleure van die "glorieryke verlede" inkorporeer. (Rooi, wit en swart was die kleure van dievlag van die ou Duitse Ryk.) Hy sê verder: "As Nasionale Sosialiste sien ons ons program in die vlag. In rooi sien ons die sosiale idee van die beweging; in wit die nasionalistiese idee; in die kruis met hake die sending van die stryd om die oorwinning van die Ariese man en, deur dieselfde teken, die oorwinning van die idee van kreatiwe werk."[129]
Die begrip "rassehigiëne" was 'n sentrale ideologie in nazisme, hoewel dit wetenskaplike rassisme was.[130][131] Die vooraanstaande NaziteoretikusAlfred Rosenberg het gesê die Indo-Ariese volke was beide 'n model om te volg en 'n waarskuwing van die gevare van die rasse- en spirituele "verwarring" wat, soos hy geglo het, ontstaan uit die nabyheid van die rasse.
Die Nazi's het die swastika beskou as 'n simbool van die Ariese meesterras.
Op 14 Maart 1933, kort nadat Hitler kanselier van Duitsland geword het, is die vlag van dieNSDAP saam met Duitsland se nasionale kleure gehys. Op 15 September 1935 is die NSDAP-vlag, met die swastika effens weg van die middel, as die enigste Duitse vlag aanvaar.[132]
Gebruik deur die Geallieerdes
Geen-Nazi-teken.'n Britse plakkaat uit die Tweede Wêreldoorlog.
Gedurende dieTweede Wêreldoorlog was dit algemeen om klein swastikas te gebruik om dieGeallieerde vliegtuie se oorwinnings in die lug af te merk, en minstens een Britse vlieënier het 'n swastika in sy logboek aangeteken vir elke Duitse vliegtuig wat hy neergeskiet het.[133]
Stigmatisasie ná die oorlog
Weens die gebruik van die swastika deur Nazi-Duitsland is die simbool sedert die 1930's grootliks met nazisme verbind. Ná die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Weste as 'n teken van haat beskou,[134] en in baie Westerse lande as 'n simbool van wit heerskappy.[135]
As gevolg daarvan is die gebruik daarvan, enige gebruik of gebruik as 'n Nazi- of haatsimbool, in sommige lande verbode, insluitende Duitsland. In lande soos die VSA het die hooggeregshof gelas dat plaaslike regerings die gebruik van die swastika en ander simbole, soos van kruisverbranding, kan verbied as die bedoeling is om ander te intimideer.[11]
Huidige gebruik
Asië
Sentraal-Asië
In 2005 het owerhede inTadjikistan 'n beroep gedoen dat die swastika algemeen as 'n nasionale simbool aanvaar word. PresidentEmomali Rahmon het verklaar die swastika is 'n Ariese simbool en dat 2006, "die jaar van die Ariese kultuur", die regte tyd is om "Ariese bydraes tot die geskiedenis van die wêreldbeskawing te bestudeer en gewild te maak, om 'n nuwe generasie met die gees van nasionale selfbeskikking groot te maak en om hegter bande met ander etnisiteite en kulture te ontwikkel".[136]
Oos- en Suidoos-Asië
'n Swastika op 'n tempel inKorea.Die vlag van die stad Hirosaki,Japan.Simbool van Shanrendao, 'nKonfusiaans-Taoïstiese godsdiensbeweging in Noordoos-China.
In Oos-Asië is die swastika algemeen in Boeddhistiesekloosters en gemeenskappe. Dit word aangetref in Boeddhistiese tempels, godsdiensartefakte, geskrifte oor Boeddhisme en skole wat deur Boeddhistiese groepe gestig is. Dit verskyn ook as 'n ontwerp of motief (apart of in 'n patroon geweef) op tekstiele, geboue en 'n verskeidenheid versierings as 'n simbool van goeie geluk. Die ikoon (wat links wys) word ook as 'n heilige simbool aangetref in die Bon-tradisie.[137][138]
BaieChinese godsdienste gebruik die swastika, insluitende Guiyidao en Shanrendao. Die Rooi Swastika-gemeenskap, die filantropiese tak van Guiyidao, bestuur twee skole inHongkong en een inSingapoer met "swastika" in die naam, elk met 'n swastika in hulle logo.[139][140][141]
Onder die hoofsaaklik Hindoeïstiese bevolking vanBali,Indonesië, kom die swastika algemeen voor in tempels, huise en openbare plekke. Die simbool word verbind met dieBoedhha se voetspore inTheravada-gemeenskappe inMyanmar,Thailand enKambodja.[138]
InJapan word die swastika ook gebruik as 'n kaartsimbool om 'n Boeddhistiese tempel aan te dui.[142] Die land het dit al oorweeg om die teken te verander vanweë sporadiese omstredenheid en 'n misverstand onder buitelanders.[143]
Die stad Hirosaki inAomori-prefektuur gebruik die teken as sy amptelike vlag.
InBhutan,Indië,Nepal enSri Lanka is die swastika ook algemeen. Tempels, besighede en ander organisasies soos Boeddhistiese biblioteke en die Nepalese kamer van koophandel[144] gebruik dit in reliëfwerk en logo's.[138] Swastikas kom voor in Indiese en Nepalese gemeenskappe – op winkels, geboue, vervoermiddels en klere. Dit is ook prominent in Hindoeïstiese seremonies soos troues. Die swastika wat links wys, kom voor intantriese rituele.[6]
In Indië is Swastik en Swastika, tesame met spelvariante, die voorname van mans en vroue respektiewelik, byvoorbeeld van die Indiese aktrise Swastika Mukherjee. Die embleem van die deelstaatBihar bevat twee swastikas.
In Bhutan word die swastika aangetref op geboue, tekstiele en in godsdiensseremonies.
Westerse wanvertolking van Asiatiese gebruik
Sedert die einde van die 20ste eeu, en deur die vroeë 21ste eeu, is daar soms verwarring en omstredenheid wanneer goedere vir persoonlike gebruik met tradisionele Boeddhistiese, Hindoeïstiese of Djainistiese simbole daarop na die Weste uitgevoer word, veral na Noord-Amerika en Europa. Dit word dan deur kopers as die Nazi-simbool beskou. Dit het daartoe gelei dat verskeie produkte al geboikot en aan winkels onttrek is.
'n Tienjarige seun van Lynbrook, New York, het byvoorbeeld 'n pakPokémon-kaarte gekoop wat in 1999 uit Japan ingevoer is. Op twee kaarte was die Boeddhistiese swastika, wat links wys. Die seun se ouers het die simbool wanvertolk as die Nazi-simbool, wat regs wys, en het 'n klagte by die vervaardiging ingedien. Nintendo of America het aangekondig dat die kaarte nie meer gedruk gaan word nie en verduidelik dat wat in een kultuur aanvaarbaar is, nie noodwendig in 'n ander aanvaarbaar is nie. Dit is verwelkom deur die Anti-Defamation League, wat besef het die bedoeling was nie om aanstoot te gee nie.[21]
In 2020 het die handelaar Shein 'n halsband met 'n swastika wat links wys van sy webtuiste afgehaal nadat hulle in die sosiale media gekritiseer is. Die handelaar het verskoning gevra vir die gebrek aan sensitiwiteit, maar gesê die swastika is 'n Boeddhistiese simbool.[145]
Nuwe godsdiensbewegings
Benewens die gebruik van die swastika in Boeddhisme, Hindoeïsme en Djainisme, wat na premoderne tye teruggevoer kan word, word dit ook aangewend deur volgelinge van 'n groot aantal neogodsdiensbewegings wat in die moderne tyd ontstaan het.
Die Raëlistiese Beweging, waarvan die volgelinge globuiteaardse wesens het alle lewe op aarde geskep, gebruik 'n simbool wat dikwels omstrede is: 'n ineengeskakelde Dawidster en swastika. Hulle sê die Dawidster verteenwoordig oneindigheid in dieruimte en die swastika oneindigheid intyd – geen begin en geen einde in tyd, en alles is siklies.[146] In 1991 is die swastika weggevat uit hulle logo, maar in 2007 is dit in sy oorspronklike vorm teruggeplaas.[147]
Die swastika is 'n heilige simbool in die nuwe beweging Germaanse Heidendom, saam met die hamer van Thor enrunes. Volgens dié tradisie, wat inSkandinawië,Duitsland en elders voorkom, is die swastika afgelei van die Noorse simbool vir die son. Die gebruik van die teken het daartoe gelei dat mense hulle al vanneonazisme beskuldig het.[148][149][150]
'n Variant van die swastika, diekolowrat, met agt arms, word algemeen gebruik inRodisme, wat in Slawiese lande beoefen word. Dit verteenwoordig die son en die skeppergodeRod enSwarog.
↑11,011,1Wiener, Richard L.; Richter, Erin (2008). "Symbolic hate: Intention to intimidate, political ideology, and group association".Law and Human Behavior. American Psychological Association.32 (6): 463–476.doi:10.1007/s10979-007-9119-3.PMID18030607.S2CID25546323.
↑First recorded 1871 (OED); alternative historical English spellings includesuastika,swastica, andsvastica; see, for example:Notes and Queries. Oxford University Press. 31 Maart 1883. p. 259.
↑Paliga S.,The tablets of Tǎrtǎria Dialogues d'histoire ancienne, vol. 19, n°1, 1993. pp. 9–43;(Fig. 5 on p. 28)
↑Freed, S.A. en R.S., "Origin of the Swastika",Natural History, Januarie 1980, 68–75.
↑Guénon, René; Fohr, Samuel D. (2004).Symbols of Sacred Science. Sophia Perennis. pp. 64–67, 113–117.ISBN978-0-900588-78-5.
↑Guénon, René; Fohr, Samuel D. (2004).Symbols of Sacred Science. Sophia Perennis. pp. 113–117, 130.ISBN978-0-900588-78-5.
↑Assasi, Reza (2013)."Swastika: The Forgotten Constellation Representing the Chariot of Mithras".Anthropological Notebooks (Supplement: Šprajc, Ivan; Pehani, Peter, reds.Ancient Cosmologies and Modern Prophets: Proceedings of the 20th Conference of the European Society for Astronomy in Culture). Ljubljana: Slovene Anthropological Society.XIX (2).ISSN1408-032X.
↑Frank Hamilton Cushing: "Observations Relative to the Origin of the Fylfot or Swastika",American Anthropologist vol. 9, no. 2, Junie 1907p335 by JSTOR
↑Campbell, Joseph (2002).The Flight of the Wild Gander. p. 117.
↑Freed, Stanley A.Research Pitfalls as a Result of the Restoration of Museum Specimens, Annals of the New York Academy of Sciences, Volume 376, The Research Potential of Anthropological Museum Collections pp. 229–245, Desember 1981.
↑Grzegorzewic, Ziemisław (2016).O Bogach i ludziach. Praktyka i teoria Rodzimowierstwa Słowiańskiego [About the Gods and people. Practice and theory of Slavic Heathenism] (in Pools). Olsztyn: Stowarzyszenie "Kołomir". p. 57.ISBN978-83-940180-8-5.
↑Trubachyov, Oleg, red. (1983)."Kolovortъ; кolovьrtъ"(PDF).Etymological dictionary of Slavic languages (in Russies). Vol. 10. Moskou: Nauka. pp. 149, 150.
↑Sørensen, Øystein (1989).Fra Hitler til Quisling. Oslo: J.W. Cappelens Forlag. pp. 93–94.ISBN82-02-11992-8.
↑Dottie Indyke. "The History of an Ancient Human Symbol". 4 April 2005. originally fromThe Wingspread Collector's Guide to Santa Fe, Taos and Albuquerque, Volume 15.
↑平成14年2万5千分1地形図図式 [2002 1:25000 Topographical Map Scheme] (in Japannees). Geospatial Information Authority of Japan. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 19 April 2012. Besoek op21 April 2012.