Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Swartsee

Koördinate:44°N35°O / 44°N 35°O /44; 35
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Swartsee

Nasa-Satellietbeeld van die Swartsee

Kaart van die Swartsee
Koördinate:44°N35°O / 44°N 35°O /44; 35
Ligging:Bulgarye,Georgië,Oekraïne,Roemenië,Rusland,Turkye
Soort:See van dieAtlantiese Oseaan
Oppervlakte:436 402 km² (168 500 myl²)
Gemiddelde diepte:1 253 m (4 111 vt)
Maksimum diepte:2 212 m (7 257 vt)
Volume:547 000 km³ (131 200 myl³)
Lengte:1 175 km (730 myl)
Invloei:Dnister,Dnjepr,Donau,Kızılırmak
Uitvloei:Bosporus
Eiland/e:10+
Nedersettings:Batoemi,Boergas,Constanța,Jalta,Odessa,Sewastopol,Soechoemi,Sotsji,Trabzon,Warna
Ligging van die Swartsee
DieSwaelnes op die rotse van die Swartsee op dieKrimskiereiland inOekraïne
Die Swartsee inBatoemi,Adzjarië,Georgië

DieSwartsee ofSwart See (Abchasies: Амшын ЕиқәаAmshyn Eikʷa,Bulgaars: Черно мореCherno more [ˈtʃɛrno moˈrɛ],Georgies: შავი ზღვაShavi zghva,Roemeens:Marea Neagră [ˈmare̯a ˈne̯aɡrə],Russies: Чёрное мо́рeChornoye morye [ˈtɕɵrnəjə ˈmorʲɪ],Turks:Karadeniz [kaˈɾadeniz],Oekraïns: Чорне мореChorne more [ˈtʃɔrnɛ ˈmɔrɛ]) is ’nbinnesee wat omring word deurEuropa,Anatolië en dieKaukasus. Dit word met dieAtlantiese Oseaan verbind deur dieMiddellandse en dieEgeïese See en verskeieseestrate: DieBosporus-seestraat verbind dit met dieSee van Marmara, en dié word deur dieDardanelle-seestraat verbind met die Egeïese See, wat deel is van die Middellandse See. Dié watermassas is die skeiding tussenOos-Europa enWes-Asië. Die Swartsee is ook aan dieSee van Azof verbind deur dieKertsj-seestraat.[1]

Grootte

[wysig |wysig bron]

Die Swartsee het ’n oppervlakte van 436 402 km²,[2] ’n maksimum diepte van 2 212 m[3] en ’n volume van 547 000 km³.[4]

Die naam

[wysig |wysig bron]

Die Swartsee is een van vier seë wat inAfrikaans en ander tale nákleure genoem is – die ander is dieGeel-,Rooi- enWitsee. Die rede vir die "kleurterm" as naam kan ’n antieke toewysing van kleure aan die windrigtings wees: swart het noord aangedui, rooi suid en geel oos.

’n Ander verduideliking is die kleur van die Swartsee se diep water. Dit is verder noord en minder sout as die Middellandse See en daarom is die konsentrasie vanalge veel hoër, en dit veroorsaak die donker kleur. Sigbaarheid in die Swartsee is gemiddeld 5 meter in vergelyking met 35 meter in die Middellandse See.

Stede en dorpe langs die kus

[wysig |wysig bron]
NedersettingHuidige landOorspronklike landBesonderhede
AlbenaBulgarye
BatoemiGeorgië
BoergasBulgarye
ConstanțaRoemenië
JaltaRuslandOekraïneOp dieKrim
KertsjRuslandOekraïneOp die Krim
NoworossiiskRusland
OdessaOekraïne
SamsunTurkye
SewastopolRuslandOekraïneOp die Krim
SoechoemiAbchasiëGeorgië
SotsjiRusland
SozopolBulgarye
TrabzonTurkye
WarnaBulgarye
ZonguldakTurkye

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Black Sea" (in Engels).Encyclopædia Britannica.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op11 Augustus 2017.
  2. (en)"Black Sea Geography".Universiteit van Delaware. 2003. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 29 April 2007. Besoek op2 Desember 2006.
  3. (en)"Europa – Gateway of the European Union Website".Environment and Enlargement – The Black Sea: Facts and Figures. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 November 2008. Besoek op5 April 2010.
  4. "Unexpected changes in the oxic/anoxic interface in the Black Sea".Nature Publishing Group (in Engels). 30 Maart 1989.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2017. Besoek op2 Februarie 2006.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Arktiese Oseaan
Atlantiese Oseaan
Indiese Oseaan
Stille Oseaan
Suidelike Oseaan
Endoreïse bekken
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Swartsee&oldid=2474323"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp