|
| General |
|---|
| Naam,Simbool,Getal | Suurstof, O, 8 |
| Chemiese reeks | nie-metale |
| Groep,Periode,Blok | 16 (VIA),2 ,p |
| Digtheid,Hardheid | 1.429kg/m3(273K), NVT |
| Voorkoms | kleurloos
 |
| Atoomeienskappe |
|---|
| Atoomgewig | 15.9994ame |
| Atoomradius (ber.) | 60 (48)pm |
| Kovalente radius | 73 pm |
| van der Waals radius | 152 pm |
| Elektron konfigurasie | [He]2s22p4 |
| e− e perenergievlak | 2, 6 |
| Oksidasietoestande (Oksied) | −2,−1 (neutraal) |
| Kristalstruktuur | kubies |
| Fisiese eienskappe |
|---|
| Toestand van materie | gas (paramagneties) |
| Smeltpunt | 50.35K (−222.8 °C) |
| Kookpunt | 90.18 K (−182.97 °C) |
| Molêre volume | 17.36×10−6m3/mol |
| Verdampingswarmte | 3.4099kJ/mol |
| Smeltingswarmte | 0.22259 kJ/mol |
| Dampdruk | __Pa teen __ K |
| Spoed van klank | 317.5m/s teen 293 K |
| Henry se konstante | 1,27 x 10-3 [L/mol.Atm]; 1650 [K][1] |
| Algemeen |
|---|
| Elektronegatiwiteit | 3.44 (Pauling skaal) |
| Spesifieke warmtekapasiteit | 920J/(kg*K) |
| Elektriese geleidingsvermoë | ND 106/(m·ohm) |
| Termiese geleidingsvermoë | 0.02674W/(m*K) |
| 1steionisasie potensiaal | 1313.95 kJ/mol |
| 2de ionisasie potensiaal | 3388.3 kJ/mol |
| 3de ionisasie potensiaal | 5300.5 kJ/mol |
| 4de ionisasie potensiaal | 7469.2 kJ/mol |
| Mees stabiele isotope |
|---|
|
| SI eenhede &STD word gebruik tensy anders vermeld. |
|---|
Suurstof is diechemiese element in dieperiodieke tabel met die simboolO (van dieLatyn,oxygenium) enatoomgetal8.
Die element kom algemeen voor opAarde asook regdeur dieheelal. Molekulêre suurstof (O2, dikwels na verwys as "vry suurstof") op Aarde is van biologiese oorsprong. Aanvanklik het dit gevorm vanweë die werking van fotosintetiese anaerobe (archaea enbakterieë). Die voorkoms daarvan in latere tydperke tot en met die huidige tyd word hoofsaaklik gedryf deur dieplante op aarde wat suurstof vrystel tydensfotosintese.
Teenstandaard temperatuur en druk, kom suurstof as 'ngas voor wat uit 'ndiatomiese molekule bestaan met die chemiese vergelyking O2. Suurstof is 'n belangrike bestanddeel van lug wat deur plante tydensfotosintese vrygestel word en is noodsaaklik viraerobiese respirasie in diere. Die woordsuurstof het sy ontstaan te danke aan die vroeëre geloof, rondom die tyd dat dit in die 18de eeu ontdek is, dat alle sure suurstof bevat het. Dit is nou bekend dat sure nie noodwendig suurstof hoef te bevat nie.
Vloeibare O2 en O2 in vastestofvorm het 'n ligte blou kleur en is beideparamagneties. Vloeibare O2 word gewoonlik verkry deur die fraksioneledistillasie vanvloeibare lug. Beide vloeibare en soliede O3 (osoon) het 'n dieper blou kleur.
'n Ander allotroop van suurstof wat onlangs ontdek is, O4, is 'n vastestof met 'n diep, rooi kleur en word gemaak deur O2 saam te pers tot 'n druk van 20 GPa. Die eienskappe daarvan word bestudeer vir gebruik in vuurpylbrandstowwe en soortgelyke toepassings, aangesien dit 'n veel kragtiger oksideermiddel as beide O2 of O3 is.
Suurstof vind noemenswaardige toepassings asoksideermiddel, met slegsfluoor wat 'n hoërelektronegatiwiteit tentoonstel.Vloeibare suurstof word gebruik as oksideermiddel invuurpylaandrywing. Suurstof is noodsaaklik virrespirasie en daarom word suurstofaanvulling gebruik in diegeneeskunde. Mense watbergklim of invliegtuie vlieg gebruik ook somtyds voorrade om hul suurstof aan te vul (in die vorm van saamgeperste lug). Suurstof word ook gebruik insweiswerk en met die maak vanstaal enmetanol.
Suurstof is 'n swak dwelmmiddel wat euforia veroorsaak en het 'n geskiedenis van vermaaklikheidsgebruik wat voortduur tot die moderne tye. Suurstofkroeë kan selfs tot vandag toe nog by partytjies aangetref word. In die 19de eeu is suurstof dikwels metsalpetersuur gemeng om 'nverdowende effek te bevorder.
Suurstof is in1771 ontdek deur dieSweedse aptekerCarl Wilhelm Scheele, maar sy ontdekking is nie dadelik erken nie, en die onafhanklike ontdekking daarvan deurJoseph Priestley op1 Augustus1774 is wyer bekend.Antoine Laurent Lavoisier het die element die wetenskaplike naamoxygenium (suurvormer) in 1774 gegee.
Die sistematiese elementnaam vir suurstof isoctium.
Suurstof is die element wat die meeste in die Aarde se kors voorkom, 'n geskatte 46.7% daarvan. Suurstof beslaan ook ongeveer 87% van die gewig van dieoseane (in die vorm vanH2O,water) en 20% van die Aarde seatmosfeer (in die vorm van O2, molekulêre suurstof, of O3,osoon. Suurstofverbindings, veral in die vorm vanmetaaloksiede,silikate (SiO44−) enkarbonate (CO32−) kom algemeen in rotse en grond voor. Bevrorewater is 'n algemene vastestof op die buitensteplanete enkomete. Dieyspole van Mars bestaan uit bevrorekoolstofdioksied. Suurstofverbindings kan regdeur die heelal gevind word en die spektrum van suurstof word dikwels insterre opgemerk.
-4500 —
–
-4000 —
–
-3500 —
–
-3000 —
–
-2500 —
–
-2000 —
–
-1500 —
–
-1000 —
–
-500 —
–
0 —
(Miljoen jaar gelede)

Vanweë syelektronegatiwiteit vorm suurstof chemiese verbindings met byna al die ander elemente (wat die oorsprong is van die oorspronklike definisie vanoksidasie is). Die enigste elemente wat nie geoksideer kan word nie is 'n paar van dieedelgasse. Die bekendste oksied is natuurlik waterstofoksied of danwater (H2O). Ander wel bekende voorbeelde sluit verbindings van koolstof en suurstof in, sooskoolstofdioksied (CO2),alkohole (R-OH),aldehiede (R-CHO) enkarboksielsure (R-COOH). Oksoanione met 'n hoëoksidasietoestand sooschlorate (ClO3−),perchlorate (ClO4−), chromate (CrO42−), dichromate (Cr2O72−),permanganate (MnO4−) ennitrate (NO3−) is sterk oksideermiddels op hul eie. Baie metale soos yster verbind met suurstofatome, yster (III) oksied (Fe2O3).Osoon (O3) word gevorm deur die elektrostatiese ontlading in die teenwoordigheid van molekulêre suurstof. 'n Dubbel verbinde suurstofmolekule (O2)2 is bekend, en is 'n hoofkomponent van vloeibare suurstof. Epoksiede is eters waarin die suurstofatoom deel vorm van 'n ring van die atome.
Suurstof het drie stabiele isotope:
- suurstof-16
- suurstof-17
- suurstof-18
Dit het ook tien bekende radio-aktiewe isotope. Die radio-isotope het almal halfleeftye van minder as drie minute.
Suurstof kangiftig wees teen verhoogdeparsiële drukke.
Sekere afgeleide verbindings van suurstof, soososoon (O3),waterstofperoksied,hidroksiel radikale ensuperoksied is ook hoogs toksies. Die liggaam het meganismes ontwikkel om homself teen hierdie giftige spesies te beskerm. Die natuurlike middel glutathione kan byvoorbeeld dien as anti-oksidant, net soosbilirubien wat normaalweg 'n afbreekproduk is van hemoglobien. Hoogs gekonsentreerde bronne van suurstof bevorder vinnigeverbranding en daarom bestaan daarbrand- enplofgevaar in die teenwoordigheid vanbrandstowwe. Dit is ook waar vir verbindings van suurstof soos chlorate, perchlorate, dichromate ens. Verbindings met 'n hoë oksidasiepotensiaal kan dikwels chemiesebrande veroorsaak.
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metSuurstof. |
 | Siensuurstof in Wiktionary, die vrye woordeboek. |