Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Surveyor-program

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

DieSurveyor program was 'nNASA program wat vanaf Junie 1966 tot Januarie 1968 gestrek het. Daar is sewe onbemande, robot tipe ruimtetuie na diemaan gestuur. Die primêre doelwit was om te bewys dat sagte landings op die maan moontlik was. Die Surveyor-ruimtetuie is die eerste Amerikaanse ruimtetuie wat 'n sagte landing (teenoor impak landings) op 'n ander hemelliggaam suksesvol gedoen het. Die sendings het behels dat die ruimtetuie direk na die maan vlieg op 'n impak baan. Die tog het ongeveer 63 tot 65 ure geduur en het geëindig met 'n negatiewe versnelling vir die tuie sodat hulle 'n sagte landing op die maan kon maak.[1]

Die program is geïmplementeer deur NASA seJet Propulsion Laboratory en het as voorbereiding gedien vir dieApollo-program. Die program het in 1960 begin. JPL hetHughes Aircraft in 1961 aangestel om die ontwikkeling van die ruimtetuig te doen.[1] Die totale koste van die Surveyor-program was amptelik $469 miljoen.

Vyf van die Surveyor ruimtetuie het suksesvol 'n sagte landing op die maan uitgevoer, insluitend die eerste een. Twee sendings was mislukkings:Surveyor 2 het met 'n hoë snelheid teen die maan gebots na 'n middebaan korreksie misluk het en daar is kontak metSurveyor 4 verloor 2.5 minute voordat dit moes land.

Al sewe ruimtetuie is nog steeds op die maan, nie een van die sendings het 'n terugkeer na die aarde vereis nie. Sekere gedeeltes vanSurveyor 3 is teruggebring na die Aarde deur die bemanning vanApollo 12, wat naby dit geland het in 1969. Die kamera van Surveyor 3 word vertoon by dieNational Air and Space Museum inWashington, D.C.[2]

Doelwitte

[wysig |wysig bron]
RuimtemanPete Conrad naby Surveyor 3 tydens die Apollo 12 maanlanding, 1969 met diemaanmodule in die agtergrond.

Die program het ook verskeie ander dienste, behalwe die primêre doel van sagte landings, getoets. Die vermoë van die ruimtetuie om middebaan veranderinge te maak was getoets en gedemonstreer. Die ruimtetuie het ook instrumente gedra om die geskiktheid van die landingsplekke vir bemande Apollo landings te evalueer. Verskeie van die Surveyor ruimtetuie het ook meganiese grawe aanboord gehad om die maan se grond te evalueer. Voor die Sowjetunie se Loena 9 sending (wat vier maande voorSurveyor 1 geland het) en die Surveyor-program, het niemand geweet hoe diep die stof op die maan was nie. As dit te diep was kon die ruimtetuig nie land nie. Die Surveyor-program het bewys dat landings moontlik was. Sommige van die Surveyor ruimtetuie hetRutherford verstrooiing instrumente enmagnete aan boord gehad wat gehelp het om die chemiese samestelling van die grond te toets.

Die eenvoudige en betroubare sending argitektuur was 'n pragmatiese benadering om die mees kritieke ruimte-ingenieursuitdagings van die tyd op te los naamlik geslote lus terminale daal leiding en beheer stelsel, veranderbare snelheid enjins en 'nradarstelsels benodig om die landingvoertuig se hoogte en snelheid te bepaal. Die Surveyor sendings was die eerste keer dat NASA sulke stelsels kon toets in die uitdagende termiese en radiasie omgewing van die maan.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 12Kloman (1972)."NASA Unmanned Space Project Management - Surveyor and Lunar Orbiter"(PDF). NASA SP-4901.
  2. https://nssdc.gsfc.nasa.gov/nmc/spacecraft/display.action?id=1967-035AGeargiveer 4 September 2019 opWayback Machine – 24 January 2020
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Surveyor-program&oldid=2837297"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp