Die supermaan van 14 November 2016 was 356 511 km[1] van die middel van die Aarde af, die naaste sedert 1948. Dit sal eers weer in 2034 so naby wees.[2]Die supermaan van 19 Maart 2011 (regs) in vergelyking met die gemiddelde maan van 20 Desember 2010, soos van die Aarde af gesien.
’nSupermaan is ’nvolmaan ofdonkermaan wat min of meer ooreenstem met dienaaste stand van dieMaan aan dieAarde in syelliptiesewentelbaan, wat tot gevolg het dat die Maan groter as gewoonlik lyk.[3] Die tegniese term daarvoor is dieperigeumsamestand van die Aarde-Maan-stelsel. Die woord "supermaan" is nie werklik ’nsterrekundige term nie, maar het in moderneastrologie ontstaan.[4]
Die teenoorgestelde term, apogeumsamestand, is al ’n mikromaan genoem,[5] maar is nie so algemeen nie.
Die Maan se afstand wissel elke maand tussen sowat 357 000 en 406 000 km vanweë sy elliptiese wentelbaan om die Aarde (afstande is tussen die twee liggame se middelpunt).[11][12][13]
’n Volmaan by die perigeum, of naaste punt, lyk gewoonlik tot 14% groter as by die apogeum, of verste punt. Terwyl die Maan se oppervlakhelderheid dieselfde bly, is ’n supermaan se helderheid vanweë sy groter grootte tot 30% meer as wanneer die Maan by sy apogeum is.[14] Terwyl ’n tipiese somervolmaan by gemiddelde breedtes net sowat 0,05 tot 0,1 lux verskaf, kan ’n supermaan direk bo die Aarde in die trope tot 0,36 lux verskaf.[15]
’n Rooi supermaan op 6 Mei 2012, soos gesien inJapan.
Die term "perigeumsamestand" word in die wetenskaplike wêreld verkies bo "supermaan".[16] Perigeum is die punt waar die Maan die naaste aan die Aarde is in sy wentelbaan, ensamestand, of sisigie, is wanneer die Aarde, Maan en Son oplyn, iets wat met elke vol- of donkermaan gebeur. ’n Supermaan is dus ’n kombinasie van die twee, hoewel hulle nie altyd saamval nie.
Die gekombineerde uitwerking van die Son en Maan op die Aarde se oseane, diegety,[17] is die grootste met ’n vol- of donkermaan.[18] Met ’n perigeum van die Maan is die getykrag ietwat sterker,[19] en dit veroorsaak perigeum-springgetye. Maar selfs op sy sterkste is hierdie krag relatief swak[12] en veroorsaak dit ’n verskil van hoogstens ’n paar sentimeter.[20]
Geen bewyse is nog gevind van enige verband tussen supermane en grootaardbewings nie.[21][22][23] Desondanks was daar gissings in die media dat rampe soos sekere aardbewings entsoenami's plaasgevind het binne een tot twee weke ná ’n supermaan.[24][25][26][27]
↑Staff (7 September 2014)."Revisiting the Moon".New York Times (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op8 September 2014.
↑Hawley, John."Appearance of the Moon Size".Ask a Scientist (No publication date) (in Engels). Newton.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op14 Maart 2011.
↑Phillips, Tony (16 Maart 2011)."Super Full Moon".Science@NASA Headline News (in Engels). Nasa.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op22 Junie 2013.
↑Kyba, Christopher C M; Mohar, Andrej; Posch, Thomas (1 Februarie 2017). "How bright is moonlight?".Astronomy & Geophysics.58 (1): 1.31–1.32.doi:10.1093/astrogeo/atx025.