Twee voorstellings van moontlike superaardes, met die Aarde self heel regs.
’nSuperaarde is ’neksoplaneet met ’n groter massa as dieAarde, maar aansienlik kleiner as onsSonnestelsel se kleinstereuseplanete,Uranus enNeptunus, wat albei sowat 15aardmassas is.[1] Die term verwys net na die massa van die planeet en nie na die oppervlaktoestande, bewoonbaarheid of ander ooreenkomste met die Aarde nie. Die alternatiewe benamingsgasdwerg enmini-Neptunus word ook soms gebruik.
Verskillende waardes word in bronne genoem vir ’n superaarde. Die meeste bronne gee ’n maksimum van 10 aardmassas aan[1][2][3] (~69% van ons kleinstereuseplaneet, Uranus), en die minimum massa wissel van 1[1] of 1,9[3] tot 5 aardmassas.[2] Sommige skrywers stel voor dat die term net gebruik word vir planete sonder ’n aansienlikeatmosfeer, of planete wat nie net ’n atmosfeer het nie, maar ook ’n soliede oppervlak, iets wat die vier reuseplanete in ons Sonnestelsel nie het nie.[4] Planete met ’n massa van meer as tien keer dié van die Aarde word "reuseplanete" genoem.[5]
In die Sonnestelsel self is geen planete wat aan die vereistes voldoen nie, aangesien die grootste planeet met ’n soliede oppervlak die Aarde is, en die gasreuse se massa is minstens 14 aardmassas.
Die eerste superaardes is in 1992 deur Aleksander Wolszczan en Dale Frail om diepulsarPSR B1257+12 ontdek. Die buitenste twee planete van die stelsel se massa is omtrent vier keer dié van die Aarde.
Die eerste superaarde om ’nhoofreeksster is in 2005 deur ’n span onder Eugenio Rivera ontdek. Dit wentel omGliese 876 en word Gliese 876 d genoem. (Twee Jupiter-grootte eksoplanete is vroeër in dié stelsel ontdek.) Die superaarde het ’n massa van 7,5 aardmassas en ’n baie kort wentelperiode van net sowat 2 dae. Vanweë sy nabyheid aan die ster (’nrooidwerg) kan sy oppervlaktemperatuur 430–650kelvin wees.[6]
In April 2007 het ’n span onder Stéphane Udry inSwitserland die ontdekking aangekondig van die eerste twee superaardes binne ’n ster se bewoonbare sone, waar vloeibare water op die oppervlak moontlik is: om die sterGliese 581.[7] Albei lê aan die kant van die bewoonbare sone. Gliese 581 c het ’n massa van minstens 5 aardmassas en is 0,073AE van die ster af. Dit is dus aan die "warm" kant van die bewoonbare sone, met ’n geskatte gemiddelde temperatuur van −3 en 40 grade Celsius (sonder inagneming van atmosferiese invloede). Gliese 581 d is sowat 0,22 AE van die ster af en het ’n massa van 7,7 aardmassas.
Die jongste waarneming van ’n superaarde was op 7 Januarie 2013, toe sterrekundiges van dieKepler-sending die ontdekking vanKOI-172.02 aangekondig het – ’n planeet baie soos die Aarde wat binne die bewoonbare sone om ’n ster wentel wat met dieSon ooreenstem. Dit is dus ’n "groot kandidaat om buiteruimtelike lewe te huisves".[8]
↑Mayor, M.; Pepe, F.; Lovis, C.; Oueloz, D.; Udry, S. (2008). "The quest for very low-mass planets". In Livio, M.; Sahu, K.; Valenti, J. (reds.).A Decade of Extrasolar Planets around Normal Stars. Cambridge University Press.ISBN978-0-521-89784-6.