Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Suiker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hierdie artikel behandel tafelsuiker of sukrose wat in huishoudings gebruik word. Vir 'n oorsig oor die groep van mono- en disakkariede sien gerussuikers.


Suikerkristalle onder die polarisasie-mikroskoop. Vergroting: x150
Sukrose se chemiese struktuur

Suiker (afgelei van die Arabiesesukkar en dieSanskrit-woordsharkara (शर्करा) "suiker", "ronde klippie") is 'n belangrike voedsel en genotmiddel. In dieskeikunde staan tafelsuiker, 'n disakkaried, ook as sukrose (C12H22O11) bekend. Suiker bevat vier kilokalorieë per gram (minder as vet met nege kilokalorieë en alkohol met sewe kilokalorieë per gram).

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
'n Suikerrietplant in die botaniese tuin Kew Gardens, Londen

Suiker in sy huidige vorm was in die antieke Griekse en Romeinse wêreld nog feitlik onbekend. In die tydperk vanAlexander die Grote het net enkele handelaars en reisigers kennis van die Indiese riet gehad, wat die produksie van "heuning sonder bye" sou moontlik gemaak het. Slegs klein hoeveelhedesaccharum, 'n soutagtige produk wat uit bepaalde Indiese bamboesplante vervaardig is, is in die antieke geneeskunde gebruik.

Die Griekse en Romeinsekookkuns het veral gebruik gemaak vanheuning as 'n versoeter, tog was dit steeds skaars en duur. Heuning is derhalwe dikwels met vrugtewynstroop verdun of deur ander produkte vervang, soos byvoorbeeld die goedkoper dadelheuning of soet wynprodukte soos rosyntjies en stroop.

Suikerriet is vir die eerste keer in die7de eeu inPalestina ingevoer, in die8ste en9de eeu inGriekeland en eers teen die einde van die10de eeu, danksy dieVenesiese seehandel, ook inWes-Europa waarsuikerkristalle aanvanklik net in apteke verkrygbaar was. Klein hoeveelhede suiker is as 'n geneesmiddel beskou, tog het die meeste geneeskundiges beweer dat suiker 'n verhoogde bloeddruk sou kon veroorsaak.

'n Plaaslike suikernywerheid het inEuropa eers tydens dieNapoleontiese Oorloë van die vroeë 19de eeu ontstaan, toe die Engelse blokkade die Europese vasteland van suikerrietinvoere afgesny het. Die Duitser Andreas Sigismund Marggraf (1709–1782) het reeds in1747 voorgestel omsuikerbeet as 'n basis vir die suikerproduksie te ontwikkel. Die eerste suikerfabriek is egter eers in1801 deur een van sy skoliere, Franz Karl Achard (1753–1821), op die Oos-Duitse landgoed Cunern (tans Konory inPole) geopen. In1809 het Achard sy wetenskaplike studie oor die suikervervaardiging,Die europäische Zuckerfabrikation aus Runckelrüben, gepubliseer.

Die ontwikkeling van die Europese suikernywerheid was 'n buitengewone prestasie, aangesien die vervaardigingsproses hoogs ingewikkeld was. Terwyl in die geval van suikerriet net die stele uitgepers moet word, vereissuikerbeet 'n meerfasige verwerking. Dit word eers skoongemaak en daarna in klein stukkies gesny. Die suiker word deur middel van industriële ekstraksie vervaardig en bestaan aanvanklik – net soos sy eweknie wat van suikerriet gemaak word – uit 'n swartblou stroop. 'n Aantal prosesse soos karbonasie en filtrasie is noodsaaklik voordat die suiker, wat nog steeds uit 'n stroperige massa bestaan, reg is om van sekere kieme voorsien te word wat 'n kristalliseringsproses aan die gang sit. In die proses van suikerraffinering wordbentoniet gebruik vir die skoonspoel en verheldering van waterige suikeroplossings. Sedert die 19de eeu is die verwerkingsproses steeds verbeter. Terwyl in1869 nog meer as twaalf kilogram suikerbeet vir een kilogram suiker benodig is, bevat die suikerbeetstroop tans meer as twintig persent suiker.

Suiker het vir meer as 'n eeu lank 'n belangrike landbouproduk in Europa gebly, en die suikerprys is tot by die einde van dieTweede Wêreldoorlog as 'n rigsnoer vir die lone van landarbeiders gebruik waarby die verkoopprys van een kilogram suiker die daaglikse loon vir 'n vroulike werker bepaal het.

Wêreldproduksie

[wysig |wysig bron]

Die hoofbronne vir die vervaardiging van suiker is suikerriet, wat in die tropiese gebiede verbou word, en suikerbeet (die hoofbron in gematigde klimate soos dié inEuropa). Albei bevat sukrose, wat tydens die verwerking uitgepers of uitgekook word. Die suikerkristalle, wat as eindproduk ontstaan, word verder verwerk en skoongemaak.

Die drie grootste suikerprodusente ter wêreld isBrasilië,Indië en dieVolksrepubliek China, terwylFrankryk,Duitsland enPole die belangrikste verskaffers van dieEuropese Unie is.Suid-Afrika is die grootste produsent op die vasteland vanAfrika.

Wêreldmark

[wysig |wysig bron]
Suikerbeet

Sedert die vroeë 21ste eeu kan die wêreldwye suikerproduksie nie meer tred hou met die aanvraag nie. In2005 het suikerpryse op die wêreldmark die hoogte ingeskiet en byna twintig VSA-sent perpond bereik. Die skerp styging word veral aan Brasilië se energiebeleid verwyt, wat suikerriet as 'n basis virbio-etanol bevorder om sodoende brandstofinvoere te verminder. Sowat die helfte van die Brasiliaanse suikerrietproduksie word tans benodig om in die land se behoefte aan sogenaamdeflexfuel-petrol te voorsien. In 2006 het suikerpryse egter weer gedaal.

Indië is met sowat 18 miljoen ton tans die grootste verbruiker van suiker, wat steeds meer gewild raak as 'n soetmiddel vir byvoorbeeldchai-tee. Die landelike bevolking het eeue lank veralgoer, 'n soort suikerrietstroop, gebruik, maar gee danksy die stygende inkomste nou voorkeur aan kristalsuiker. Die kookkuns van die Indiese deelstaat Goejarat gebruik suiker in die meeste van die geregte.

Navorsing

[wysig |wysig bron]

Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging se navorsingstasie is in1927 opMount Edgecombe, sowat 19 km vanDurban af, opgerig. Dit is vandag die vernaamste suikernavorsingsinstituut inAfrika en ruil tegniese inligting uit metBrasilië,Argentinië,Australië,Japan, dieVSA enTaiwan, asook met sekere Afrikalande. Suikerrietsaad ontkiem net by temperature wat hoër is as die wat in Suid-Afrika se suikerrietgebiede voorkom.

Alle saailinge word derhalwe in spesiale kweekhuise by Mount Edgecombe gekweek en aan kwekers verskaf. Veldtoetse oor die aanpasbaarheid van saailinge by bepaalde klimaatstreke word by 7 streeknavorsingstasies gedoen. Suikerrietsaad word ook na ander lande uitgevoer. Die gewildste suikerrietsoort is Natal Coimbatore 310 (NCo310), wat 'n Suid-Afrikaanse variëteit van die Coimbatore-riet is met 'n sagte vesel en hoë suikergehalte.

Suikerrietkwekers kan ook blaarmonsters vir ontleding na Mount Edgecombe bring waaruit die ingewikkelde bemestingbehoeftes van ʼn bepaalde plantasie vasgestel kan word. 'n Kweker word dan geadviseer oor hoeveel en watter misstof hy op 'n bepaalde tydstip vir 'n sekere grondsoort met 'n sekere voggehalte moet toedien. Navorsing oor verskeie suikerrietplae word ook gedoen. Die grootste bedreiging is teenswoordig die suikerrietboorinsekEldanasaccharina, wat feitlik die hele suikerrietgebied besmet het en wat veral riet wat deur droogte verswak is, aanval.

Nematodes, 'n soort rondewurm van die klas Nematoda wat op die wortels van suikerriet teer en die groei daarvan vertraag, rig ook groot skade aan. Aansienlike dele van Suid-Afrika se suikergebiede word deur een of meer van 5 siektes besmet. Hulle is ratoensiekte en mosaïek (albei virussiektes), roet of brandsiekte (Ustilago scitaminea Syd.), rooivrotsiekte (Physalospora tucumanensis Speg.) en roes. Navorsing oor die bekamping van al die plae word by Mount Edgecombe gedoen.

Suikeruitvoer

[wysig |wysig bron]

Die drie grootste suikeropslagloodse ter wêreld is in 1965 by die Durbanse hawe gebou, met ʼn vermoë van onderskeidelik 220 000, 180 000 en 120 000 ton suiker. Sowat 750 ton suiker kan elke uur regstreeks vanuit die bergskure op skepe gelaai word.

Die suikerloodse hetSuid-Afrika se suikeruitvoervermoë aansienlik versnel. Die polariteit van Suid-Afrikaanse suiker word deur die toevoeging van 'n sekere hoeveelheid melasse met die vereistes van die lande waarheen dit uitgevoer word, in ooreenstemming gebring. Suiker word net voor verskeping in ʼn mengaanleg by die bergskure met melasse behandel. (Die proses is ʼn Suid-Afrikaanse patent.)

Binnelands

[wysig |wysig bron]

'n Massaleweringstelsel, met 25-ton-vragwaens en spesiaal omgeboude trokke van dieSuid-Afrikaanse Vervoerdienste, is in die vroeë tagtigerjare ingestel om massavragte geraffineerde losmaatsuiker (suiker wat nie verpak is nie) aan verbruikers in diePWV-gebied (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging) te verskaf. Daar is ook 3 massasuikerloodse, elkeen met ʼn vermoë van 2 500 ton, inGermiston gebou. Die suiker voorsien in die behoeftes van bakkerye, koeldrank-, lekkergoed - en inmaakfabrieke.

Die grootste suikerprodusente (2013)
 Rang Land Produksie 
(in miljoen ton)
 Rang Land Produksie 
(in miljoen ton)
   1Brasilië   768,1   9Indonesië   33,7
   2Indië   341,2   10Filippyne   31,9
   3China   128,2   11VSA   27,9
   4Thailand   100,1   12Australië   27,1
   5Pakistan   63,75   13Argentinië   23,7
   6Meksiko   61,2   14Suid-Afrika   18,0
   7Bahamas   57,5   15Kuba   16,1
   8Colombia   34,9   16Egipte   16.1

(Bron:FAOSTAT 2015Geargiveer 22 November 2016 opWayback Machine)

Die suikerbedryf in Suid-Afrika

[wysig |wysig bron]

Suid-Afrika behoort tot die belangrikste suikerprodusente ter wêreld. Reeds in1877 het meer as sewentig suikerfabrieke sowat 17 000 ton suiker opgelewer. Die Suid-Afrikaanse suikerrietoes het in die jaar 2002 23 miljoen ton beloop, wat tot 2,4 miljoen ton suiker verwerk is. 1,1 miljoen ton suiker is uitgevoer.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Wêreldspektrum, 1982,ISBN 0908409680, volume 27, bl. 25, 26
  • Jacques André:L'alimentation et la cuisine à Rome. Nouvelle édition. Paris: Les Belles Lettres, 1981.
  • Kochkunst: Lukullisches von A-Z. Siebte Auflage. Leipzig: Verlag für die Frau, 1990.
  • "Prices soar as Brazil's flexfuel cars set the pace". Financial Times Europe, 30 Maart 2006.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suiker&oldid=2851317"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp