Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Suidelike Oseaan

Koördinate:65°00′S0°00′O /65.000°S 0.000°O /-65.000; 0.000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
DieAarde se vyfOseane
Die Suidelike Oseaan

DieSuidelike Oseaan,Suidelike Yssee ofAntarktiese Oseaan is die watermassa wat volgens sommigegeografiese en meestehidrografiese bronne die kontinent vanAntarktika omring. Dit is vierde grootsteoseaan ter wêreld en die jongste om gedefinieer te word nadat dit in2000 in 'n besluit van die Internasionale Hidrografiese Organisasie (IHO) aanvaar is. Die term is egter reeds lankal in gebruik onder seevaarders. Die verandering weerspieël die onlangse bevindinge inoseanografie oor die belangrikheid van seestrome.

Agt-en-twintig van die 68 lidlande het op die IHO se opname in 2000 oor die saak gereageer en met die uitsondering vanArgentinië het almal ingestem om 'n nuwe oseaan te definieer. Agttien het vir die naamSuidelike Oseaan gestem en daarmee die ander gunstelingAntarktiese Oseaan verslaan. Veertien stemme was ten gunste daarvan om die Oseaan se grens op die 60 grade suid breedtegraad te plaas, die ander veertien stemme was vir ander definisies sover noord as 35 grade suid, die ekwivalente breedtegraad in die suidelike halfrond as die van dieMiddellandse See in die noordelike halfrond.

Ander bronne soos dieNational Geographic Society dui steeds aan dat dieAtlantiese,Stille enIndiese Oseane tot by Antarktika strek.

Geografie

[wysig |wysig bron]
Ligging van die Suidelike Oseaan

Die Suidelike Oseaan word oseanografies gedefinieer as 'n oseaan wat verbind word met die Antarktiese Sirkumpolêre Stroom, wat om Antarktika vloei. Dit sluit dieAmundsensee, dieBellingshausensee, 'n gedeelte van dieDrakedeurgang, dieRosssee, 'n klein deel van dieScotiasee, en dieWeddellsee in. Die totale oppervlak is 20 327 000 km², en die kuslyn lengte is 17 968 km.

Die geografiese koördinate is nominaal65°00′S0°00′O /65.000°S 0.000°O /-65.000; 0.000, maar die Suidelike Oseaan het die unieke onderskeiding dat dit 'n grootsirkumpolêre watermassa is wat die Antarktika kontinent geheel en al omring in plaas van die normale definisie van 'n oseaan of see – 'n watermassa wat meestal deur land omring word; die waterring lê tussen 60 grade suid en die kus van Antarktika, en sluit 360 grade van lengtegrade in.

Die definisie is egter nie universeel nie. InAustralië word die Suidelike Oseaan op die selfde wyse as deur die IHO gedefinieer, maar sluit dit ook die hele waterliggaam tussen Antarktika en die suidkus van Australië enNieu-Seeland in, en word dit so op kaarte aangedui. Kuskaarte vanTasmanië enSuid-Australië in besonder dui die gebiede altyd as dieSuidelike Oseaan en nooit as dieIndiese Oseaan nie.

Kaart wat Australiese definisie van die Suidelike OseaanGeargiveer 7 September 2008 opWayback Machine (PDF)

Die Suidelike Oseaan is oseanografies gevorm toe Antarktika enSuid-Amerika uitmekaar beweeg het en die Drakedeurgang oopgemaak is en die Antarktiese Sirkumpolêre Stroom rofweg 30 miljoen jaar gelede gevorm is, wat beteken dat die oseaan baie jonger is as die ander oseane is.

Die hoof smoorpunt is die Drakedeurgang. Die Polêre Front (Antarktiese Konvergensie) is die beste natuurlike definisie van die noordelike uithoek van die Suidelike Oseaan; dit is 'n bepaalde gebied by die middel van die Antarktiese Sirkumpolêre Stroom wat die baie koue oppervlak water in die suide van die warmer water noord daarvan skei; die front en die stroom strek reg rondom Antarktika en bereik suid van 60 grade suid naby Nieu-Seeland en byna 48 grade suid in die verre suidelike Atlantiese Oseaan waar dit saamval met die roete van die maksimum westelike winde.

Klimaat

[wysig |wysig bron]
Diepakys sone pols deur die jaar.

Seetemperatuur wissel van omtrent −2 tot 10 °C (28 tot 50°F). Siklonale storms beweeg ooswaarts om die kontinent en is baiekeer hewig as gevolg van die temperatuur verskil tussen ys en die oopsee. Die seeoppervlak van omtrent die 40ste breedte graad suid tot by dieAntarktiese Sirkel het van die sterkste gemiddelde winde van enige plek opAarde. In die winter vries die oseaan verder tot by 65 grade suid in die Stille Oseaan sektor en 55 grade suid in die Atlantiese sektor wat oppervlak temperature tot heelwat onder 0 grade Celsius dwing; by sommige kusplekke hou aanhoudende hewige afvoerwinde uit die binneland die kuslyn deur die hele winter ysvry.

Terrein

[wysig |wysig bron]

Die Suidelike Oseaan is diep, 4000 tot 5000 meter oor meeste van die oseaan se omvang met slegs beperkte gebiede met vlak water. DieAntarktiese vastelandplaat is oor die algemeen smal en ongewoon diep, die rand daarvan lê op 'n diepte van 400 tot 800 meter (die globale gemiddelde is 133 meter). Die Antarktiese pakys skommel van 'n gemiddelde minimum van 2,6 miljoen vierkante kilometer in Maart tot omtrent 18,8 miljoen vierkante kilometer in September – 'n meer as sewevoudige vermeerdering in oppervlak. Die Antarktiese Sirkumpolêr Stroom (21 000 km lank) beweeg onophoudelik ooswaarts; dit is die grootsteseestroom ter wêreld en vervoer 130 miljoen kubieke meter water per sekonde – 100 keer die vloei van al die riviere in die wêreld.

Hoogte uiterstes

[wysig |wysig bron]
  • laagste punt: -7235 m by die suidelike punt van dieSuid-Sandwichtrog, by 60°00'S, 024°W
  • hoogste punt: seevlak 0 m.

Natuurlike hulpbronne

[wysig |wysig bron]

Natuurlike gevare

[wysig |wysig bron]

Reuse ysberge verskeie honderde meter hoog; kleiner ysberge en ysbergfragmente; seeys (gewoonlik 0.5 tot 1 meter dik) soms met dinamiese korttermyn variasies en met groot jaar tot jaar variasies; diep vastelandplaat bedek met gletserneerslae wat baie oor kort afstande wissel; sterk winde en groot golwe groot dele van die jaar; vasval van skepe in die ys, veral Mei-Oktober; die grootste deel van die gebied is ver van soek en reddingsfasiliteite.

Omgewing

[wysig |wysig bron]

Huidige sake

[wysig |wysig bron]
  • Groterultravioletstraling as gevolg van die Antarktieseosoongat wat mariene primêre produktiwitiet (fitoplankton) met meer as 15% verminder en dieDNS van sommige visse beskadig.
  • onwettige, onvermelde, en ongereguleerde visvang, veral die vang van vyf tot ses keer meerPatagoniese tandvis as wat deur die gereguleerde vissery gevang word en wat waarskynlik die onderhoubaarheid van die voorraad beïnvloed.
  • hoë bykomstige vrekte onder seevoëls as gevolg van langlynvisvang van tandvis.

Internasionale ooreenkomste

[wysig |wysig bron]

Die Suidelike Oseaan is onderworpe aan alle internasionale ooreenkomste wat van toepassing is op die wêreld se oseane. Verder is dit onderworpe die volgende ooreenkomste spesifiek tot die gebied: International Whaling Commission (verbied die kommersiële jag van walvisse suid [suid van 60 grade suid tussen 50 garde en 130 grade wes])Japan erken nie die voorwaarde in terme van die land se walvisjagpermit nie en laat walsvisjag vir wetenskaplike navorsing toe en voer van tyd tot tyd walvisjagtogte in die omgewing uit; Convention for the Conservation of Antarctic Seals (wat robjag beperk); Convention on the Conservation of Antarctic Marine Living Resources (reguleer visvang)

  • nota: baie lande verbiedminerale hulpbronprospektering en ontginning suid van die skommelendePolêre Front (Antarktiese Konvergensie) wat in die middel van die Antarktiese Sirkumpolêre stroom geleë is en dien as die skeidslyn tussen die baie koue polêre oppervlakwater en die warmer water noord daarvan.

Aangesien dieAntarktiese Verdrag die gedeelte van die aardbol suid van sestig grade dek, is alle aansprake op Antarktika en alle eilande in die Suidelike oseaan opgeskort.

Ekonomiese oorsig

[wysig |wysig bron]

Vissery het in 1998–1999 (1 Julie tot30 Junie) 119 898ton gevang, waarvan 85%kril en 14% Patagoniese tandvis was. Internasionale ooreenkomste is in laat 1999 aangeneem om onwettige, onaangemelde en ongereguleerde vissery aan bande te lê, wat in die 1998–1999 vyf tot ses keer meer Patagoniese tandvis as die gereguleerde vissery gevang het. In die 1998–1999 Antarktiese somer het 10 013 toeriste die Suidelike Oseaan en Antarktika besoek.

Hawens

[wysig |wysig bron]

Min hawens bestaan aan die suide kant van die Suidelike Oseaan; ystoestande beperk die gebruik van meeste tot kort tydperke in die middel van die somer; selfs dan kan sommige nie sonder ysbreker escort binne gegaan word nie. Meeste Antarktiese hawens word deur regeringsnavorsingstasies bedryf, en is behalwe in noodgevalle nie oop vir gebruik deur kommersiële of private vaartuie nie. Vaartuie in enige hawe suid van 60 grade suid is onderworpe aan inspeksie deurAntarktiese Verdrag waarnemers.

Van die hawens in die Suidelike oseaan sluit in: Esperanzabasis, Mawsonstasie, McMurdostasie, Palmerstasie, Scottbasis, en aflandige ankerplekke in Antarktika.

Vervoer

[wysig |wysig bron]

Die Drakedeurgang in die Suidelike Oseaan bied 'n alternatief tot diePanamakanaal vir vervoer tussen dieAtlantiese enStille Oseaan.

Kyk ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  • Matthias Tomczak en J. Stuart Godfrey. 2003.Regional Oceanography: an Introduction.Geargiveer 30 Junie 2007 opWayback Machine

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metSouthern Ocean.
Gebiede van die Wêreld

Afrika

Noord (Midde-Ooste) ·Suid van die Sahara (Sentraal ·Suider ·Wes ·Oos)

Amerikas

Noord ·Sentraal ·Karibiese Gebied) ·Suid ·Latyns

Asië

Sentraal ·Oos ·Noord-Asië (Verre-Ooste) ·Suid (Indiese subkontinent) ·Suidoos ·Suidwes (Midde-Ooste) ·Wes

Europa

Sentraal ·Noord ·Suid ·Wes ·Oos

Oseanië

Australasië (Australië ·Seeland) ·Melanesië ·Mikronesië ·Polinesië

Poolgebiede

Noordpoolgebied ·Antarktika

Oseane

Arktiese ·Atlantiese ·Indiese ·Stille ·Suidelike

Seë

Oorsig van Seë

Sien ookKontinente van die wêreld
Arktiese Oseaan
Atlantiese Oseaan
Indiese Oseaan
Stille Oseaan
Suidelike Oseaan
Endoreïse bekken
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suidelike_Oseaan&oldid=2627045"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp