Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Suid-Rhodesië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Colony of Southern Rhodesia
Kolonie van Suid-Rhodesië



1923 — 1953
1963 — 1965
1979 — 1980



VlagWapenskild
VlagWapen
Volkslied:God Save the Queen
Ligging of Suid-Rhodesië
Ligging of Suid-Rhodesië
Suid-Rhodesië op die gebied van Zimbabwe
HoofstadSalisbury
Taal/TaleEngels (amptelik),Shona,Noord-Ndebele,Afrikaans
RegeringMonargie
Koning
 - 1923–1936George V
 - 1936Edward VIII
 - 1936–1952George VI
 - 1952–1980Elizabeth II
Goewerneur
 - 1923–1928John Robert Chancellor
 - 1959–1969Humphrey Gibbs
 - 1979–1980Christopher Soames
Eerste Minister
 - 1923–1927Charles Coghlan
 - 1927–1933Howard Unwin Moffat
 - 1933–1953Godfrey Huggins
 - 1964–1979Ian Smith
Historiese tydperkKoue Oorlog
 - BSAC-handves onderteken1889
 - Selfregerende kolonie1 Oktober 1923
 - Federasie1953–1963
 - Onafhanklikheid verklaar11 November 1965
 - Republiek verklaar3 Maart 1970
 - Zimbabwe-Rhodesië1 Junie 1979
 - Onafhanklikheid17 April 1980
Oppervlakte
 - 1904[1]372 518 km2
143 830 sq mi
Bevolking
 - 1904[1] skatting605 764 
    Digtheid1,6 /km² 
4,2 /sq mi
GeldeenheidSuid-Rhodesiese pond
Rhodesiese pond
Rhodesiese dollar

Suid-Rhodesië (Engels:Southern Rhodesia, amptelikKolonie van Suid-Rhodesië,Engels:Colony of Southern Rhodesia; vernoem naCecil Rhodes) was tot en met die ontbinding van dieSentraal-Afrikaanse Federasie aan die einde van 1963 die naam van die teenswoordigeZimbabwe. Van 1964 tot onafhanklikwording in 1980 het die land asRhodesië bekend gestaan. SirLeander Starr Jameson het in 1895 die naamRhodesië aan die gebied gegee ter ere vanCecil John Rhodes.Groot-Brittanje het die gebied in 1923 geannekseer en dit so genoem om dit te onderskei van die teenswoordigeZambië, wat in daardie jaarNoord-Rhodesië geword het.Garfield Todd was die Eerste Minister van Suid-Rhodesië vanaf 1953 tot 1958 maar vanaf 1953 was Suid-Rhodesië deel van die Sentraal-Afrikaanse Federasie.

Die regering van die wit minderheid het egter in 1965 'n eensydige verklaring van onafhanklikheid , die sogenaamdeUnilateral Declaration of Independence ( (UDI) uitgereik en daardeur Rhodesië gevestig, 'n nie-erkende staat. In 1979 is Rhodesië weer onder "inheemse Afrika"-bewind asZimbabwe-Rhodesië gekonstitueer, wat ook nie oorseese erkenning kon bekom nie. Na 'n periode van tussentydse Britse beheer na die Lancaster House-ooreenkoms in Desember 1979, het die land in April 1980 internasionaal erkende onafhanklikheid asZimbabwe verkry.

Oorsprong van naam Rhodesië

[wysig |wysig bron]

Aanvanklik is na die gebied verwys as "South Zambezia", 'n verwysing na dieZambezirivier, totdat die naam "Rhodesia" in 1895 in gebruik was. Dit was ter ere vanCecil Rhodes, die Britse koningkryk-bouer en sleutelfiguur tydens die Britse uitbreiding na Suider-Afrika. In 1888 het Rhodes minerale regte van die magtigste plaaslike tradisionele leiers verkry deur verdrae soos die Rudd-konsessie en die Moffat-verdrag, wat deur koningLobengula van dieNdebele-volk onderteken is. Die "Suid" is in 1898 vir die eerste keer gebruik en het in 1964 met die instelling van die Federasie van Rhodesië en Nyasaland verdwyn. "Rhodesië" het toe die naam van die land gebly tot die ontstaan van Zimbabwe-Rhodesië in 1979. Vanuit die Britse perspektief is die naam Suid-Rhodesië egter wettiglik gebruik tot 18 April 1980, toe die Republiek van Zimbabwe afgekondig is.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Rosenthal, Eric,Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • Shutt, Allison K. (2015).Manners Make a Nation: Racial Etiquette in Southern Rhodesia, 1910–1963. Rochester: University of Rochester Press.
  • Blake, Robert (1978).A History of Rhodesia. New York: Knopf.ISBN 0-394-48068-6.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Census of the British empire. 1901". Openlibrary.org. 1906. p. 177. Besoek op26 Desember 2013.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suid-Rhodesië&oldid=2831797"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp