Suid-Korea (Koreaans: 한국,Hanja: 韓國,Hanguk), amptelik dieRepubliek Korea (Koreaans: 대한민국, Hanja: 大韓民國,Daehanminguk,luister(hulp·inligting), letterlik: "Groot Han-Republiek" of "Groot Koreaanse Republiek"), is 'ngrondwetlikerepubliek inOos-Asië wat die suidelike helfte van dieKoreaanse Skiereiland en eilande langs die kus beslaan.Jeju, die grootste eiland, is ongeveer 82 km suid van die vasteland af geleë. Die land word in die noorde begrens deur die Demokratiese Volksrepubliek Korea (Noord-Korea), in die ooste deur dieSee van Japan (wat in Suid-Korea egter Oossee genoem word), dieOos-Chinese See in die suide en dieGeelsee in die weste. Die land word in die suidooste deur dieStraat van Korea van dieJapannese eiland Tsushima geskei. DieVolksrepubliek China is oorkant die Geelsee geleë.
Seoel, Suid-Korea sehoofstad en grootste stadNasa-satellietbeeld van Suid-KoreaKorea staan tradisioneel as die "Land van die Oggendstilte" bekendLotte World Tower in Seoel in Augustus 2015 – een van die wêreld se hoogste wolkekrabbers
Diehoofstad en grootste metropolitaanse gebied isSeoel aan die Hanrivier waar byna die helfte van die Suid-Koreaanse bevolking saamgetrek is. Seoel is die ekonomiese spilpunt van dié land en het sentraal gestaan in die sogenoemde "Wonder aan die Hanrivier", die vinnige industrialisering en verstedeliking van Suid-Korea ná dieKorea-oorlog (1950–1953) wat van die republiek – oorspronklik 'n arm agrariese samelewing – binne enkele dekades een van die vernaamste en tegnologies gevorderdste nywerheidslande ter wêreld gemaak het.[8] Multinasionale ondernemings en konglomerate soosSamsung,LG,Hyundai enKia het in globale rolspelers ontwikkel.
Suid-Korea het, net soos sy buurland Japan, 'n etnies uiters homogene bevolking van meer as 52 miljoen.Koreane se nasionale identiteit en selfbeskouing as lotgemeenskap spruit voort uit hierdie eendersheid en 'n geskiedenis as 'nonafhanklike land wat tot in die 7de eeu n.C. terugstrek. So word die politieke verdeling van Korea ná dieTweede Wêreldoorlog volgens 'n ooreenkoms tussen dieVerenigde State en dieSowjetunie steeds as 'n traumatiese en smartvolle gebeurtenis ervaar. Die stigting van Suid-Korea in 1948 is voorafgegaan deur die Japannese besetting van Korea van 1910 af.
Nadat diekommunistiese Noord-Korea op 25 Junie 1950 die suide binnegeval het, het die Korea-oorlog as internasionale konflik, waarby ookSuid-Afrika militêr betrokke was, drie jaar lank op die skiereiland gewoed. Die oorlogshandelinge is in 1953 met 'nwapenstilstandsooreenkoms beëindig waarvolgens Noord- en Suid-Korea deur 'n gedemilitariseerde sone met 'n wydte van vier kilometer van mekaar geskei word. Dié sone, wat oor 'n afstand van 240 km loop en ongeveer die 38ste noordelike breedtegraad vanaf die monding van die Hanrivier aan die weskus van die Koreaanse Skiereiland tot 'n punt aan die ooskus, net suid van die Noord-Koreaanse nedersetting Kosŏng, volg, kom grootliks ooreen met die wapenstilstandslyn van 1953. Sedert republiekwording het Suid-Korea vyf grootgrondwetlike veranderinge ondergaan wat dié land van outokrasieë en militêre diktature tot 'n volwaardige veelpartydemokrasie gelei het.
Die naamKorea is ontleen aan die verkorte vorm vanGoguryeo:Goryeo (Koryŏ)
Die naamKorea is 'neksoniem ontleen aan die naam van die historiese koninkrykGoryeo (hersiene romanisering) ofKoryŏ (McCune-Reischauer-transkripsie).Goryeo is die verkorte naam wat deurGoguryeo in die vyfde eeu amptelik in gebruik geneem is[9][10][11] en die naam van sy 10de-eeuse opvolgerstaat Goryeo.[12][13] BesoekendeArabiese enPersiese handelaars het die naam uitgespreek as "Korea".[14] Die moderne naam Korea het in 1568 vir die eerste keer verskyn op die eerstePortugese kaart deur João vaz Dourado asConrai[15] en later in die laat 16de eeu en vroeë 17de eeu asCorea (Korea) op die kaarte deur Teixeira Albernaz in 1630.[16]
Die KoninkrykGoryeo het vir die eerste keer aanwesterlinge bekend geword, toeAfonso de Albuquerque in 1511Malacca verower en die mense beskryf het wat met dié wêrelddeel handel gedryf het, wat deur die Portugese dieGores genoem is.[17] Ondanks die naasbestaan van die spellingsCorea enKorea in 19de-eeuse publikasies meen sommige Koreane, dat dieJapannese Keiserryk tydens die Japannese besetting doelbewus die spelling naKorea gestandaardiseer het, waarvolgens Japan in die alfabet eerste verskyn.[18][19]
Nadat Goryeo in 1392 deur die KoninkrykJoseon (조선; 朝鮮;Chosŏn) opgevolg is, het Joseon die amptelike naam vir die hele gebied geword, hoewel dit nie algemeen aanvaar is nie. Die nuwe amptelike naam het sy oorsprong in die antieke koninkrykGojoseon (2333 v.C.). In 1897 het die Joseon-dinastie die land se amptelike naam verander vanJoseon naKoreaanse Keiserryk (대한제국; 大韓帝國;Daehan Jeguk;Taehan Cheguk; letterlik: "Keiserryk Groot-Korea"). 'n Deel van die Koreaanse Keiserryk se naamDaehan (대한; 大韓; letterlik: "Groot Han") is afgelei vanSamhan ("Drie Han") en verwys na diedrie koninkryke van Korea, maar nie na die antieke konfederasie in die Suidelike Koreaanse Skiereiland nie.[20][21] Hoewel dit nie meer die amptelike naam was nie, is die naamJoseon egter steeds gebruik deur die meeste Koreane om na hul land te verwys. Tydens die Japannese heerskap is die twee nameHan enJoseon langs mekaar gebruik.
Ná die oorgawe deur Japan in 1945 is Republiek Korea (Koreaans: 대한민국; 大韓民國,Daehan Minguk,luister(hulp·inligting), letterlik: "Groot Han-Republiek") goedgekeur as die amptelikeAfrikaanse naam vir die nuwe land. Dit is egter nie 'n regstreekse vertaling van die Koreaanse naam nie.[22] Vervolgens word soms die Koreaanse naam "Daehan Minguk" deur Suid-Koreane as 'nmetoniem gebruik om na die Koreaanseetniese groep (of "ras") in sy geheel te verwys pleks vir slegs die Suid-Koreaanse staat.[23][22]
'n Ou Paleolitiese handbyl uit dieImjin-Hantan-gebied by die grens tussen Noord- en Suid-Korea
Die Koreaanse Skiereiland is vermoedelik in die Ou Paleolitiese tydperk vir die eerste keer deurmense bevolk. Daarop dui sowat 30 vondsplekke uit diePaleolitikum wat oor die hele Koreaanse Skiereiland en die grootste deel van Noordoos-China versprei is. 'n Groot deel van dié vondse bestaan uit steen-, horing- en beengereedskap, met gepoleerde klipgereedskap wat domineer.
Ander vondse behels klipdierefigure of in klip gegraveerde dierefigure wat op kunssinnige of magies-religieuse handelinge dui. Daarbenewens is bene vanHomo erectus opgegrawe, waaronder twee volledige kinderskelette. Volgens dieradiokoolstofdatering is die vondse sowat 400 000 tot 500 000 jaar oud.[24][25]
Die Koreaanse Skiereiland se vroeë bewoners het gebly in grotte of hutte wat hulle self opgerig het, dikwels op sonnige plekke naby waterbronne. Hulle het vuur gebruik vir verhitting en kook en staat gemaak op jag, visvang en die versameling van vrugte, bessies en eetbare wortels. Deesdae seKoreane is meestal egter geen etniese nakomelinge van hierdie vroeë bewoners nie.[24]
Argeologiese vondse dui daarop dat die skiereiland sowat 18 000 tot 12 000 jaar gelede bevolk was. Die skiereiland se ou bevolking het uit inheemse Noordoos-Asiatiese kusbewoners en aan die Jomon-verwante groepe bestaan. Sogenoemde Kamkeramiek met visgraatpatrone is in al die landsdele gevind. Die Jeulmun-kultuur, wat op 6000 tot 1500 v.C. gedateer word, toon groot ooreenkomste met die gelyktydige kultuur van dieJapannese Argipel.[26] Die mense in hierdie tydperk het bestaan gemaak asjagter-versamelaars envissers en het wilde rys,manna,gars ensorghum verbou. Met garsverbouing is omstreeks 4500 v.C. begin.[27] Die Jomon-volk toon 'n groot genetiese verwantskap met Oos-Asiatiese kusvolke soosAinoe, Japannese, Koreane,Oeltsje,Nifchers en dieinheemse volke van Taiwan (Amis enAtayal).[28]
Die Jeulmun-Kultur het tussen 1500 v.C. en 700 v.C. tot 'n einde gekom. Gedurende dieNeolitikum het die Mumun-kultuur ontstaan.
Aanvanklik is koudbestande droërys verbou. Die verbouing van nat rys het later in Korea en Japan ontwikkel, vanuitShandong en rondom 1500 v.C. oor dieLiaodong-skiereiland Korea bereik. Hierdie verspreiding word met die Mumun-kultuur ná 1500 v.C. op die Koreaanse Skiereiland en die Yayoi-kultuur ná 950 v.C. op die Japannese Argipel geassosieer.[27]
Die vervaardiging vansy,spin enweef dateer uit die eerste eeu v.C.[29] Omtrent 35 000 Dolmen, sowat 40% van al die megaliete wêreldwyd, bevind hulle in Korea, waarvolgens na Korea ook as die "Koninkryk van die Dolmen" verwys word. In hierdie dolmen isbrons- enjadejuweliersware gevind.
'n Genetiese studie deur Siska et al. (2017) dui daarop dat moderne Koreane 'n baie sterk verwantskap met beenvondse in dieDevil’s Gate in Rusland, naby Noord-Korea toon, saam met dieOeltsje,Oroqe,Nanai en gedeeltelik ook met dieJapannese.[30]
In die 3de eeu v.C. verdwyn rysverbouingsplekke uit argeologiese vondse en verskyn weer in die 1ste eeu n.C. Die onderbreking in die verbouing van nat rys gaan gepaard met die ontstaan van die Koreaanse Bronsdolk-kultuur in die 3de eeu v.C.[27] Die met Gojoseon geassosieerde Bronsdolk-vondse van Liaoning se Bronsdolk-kultuur of Koreaanse Bronsdolk-kultuur verdwyn wes van dieLiao ná die verowering van die boloop deur dieYan-staat in Noordoos-China.
Volgens die Samguk Yusa, oftewel Verhale van die Drie Koninkryke, is die eerste Koreaanse staatGojoseon (고조선, 古朝鮮, letterlik: "Alt-Joseon") in die 2300's v.C. deur die mitologiese halfgodDangun gestig. DievoorvoegselGo- "oud" is 'n moderne konvensie om die antieke staat van die latereJoseon te onderskei. Die eintlike naam was Joseon.
Na Joseon word vir die eerste keer in die Chinese skrifte uit dietydperk van die Lente en die Herfs (8ste tot 5de eeu v.C.) verwys en dit was volgens die bronne in die noordooste van die destydse China en dieBohai-baai geleë.
Die histories verifieerbare Gojoseon se ontstaan word volgens argeologiese vondste op die laatste in die 7de eeu v.C. beraam. In die huidige geskiedskrywing word Gojoseon met die gelyktydige Bronstydperk, veral die verspreiding van blaarvormige bronsdolke in Noordoos-Asië, geassosieer.[32] Soos dit uit 'n vonds van 'n bronsskild met 'n uitbeelding van 'nsjamanistiese paal blyk was daar teen 300 v.C. in Korea sogenoemdesottae met drie voëls bo-op waarmee op die eerste volmaandag van die jaar steeds talle dorpsingange versier word. Die voëls was gunstige draers van graansaad.
In die werk Samguk Sagi word na sy hoofstad asAsadal (아사달, 阿斯達) verwys. In teenstelling met die naam van Wiman Joseon se hoofstadWanggeomseong is die naam Asadal se fonetiese waarde uit die Oud-Koreaansse alfabet oorgedra pleks van 'n semantiese vertolking. Dit is dalk saamgestel uit die twee woorde*asa vir "opkomende (oggend-)son" (vergelyk Koreaansachim en Middel-Koreaansachóm) en*dal wat "groot veld" beteken.
NadatWei Man (KoreaansWiman), 'n generaal uit die Noordoos-ChineseYan wat op sy eie opgetree het, in 194 v.C. na Gojoseon gekom en daar bewind oorgeneem het, is na die land onder hom en sy opvolgers asWiman Joseon verwys. Dit het vir 'n rukkie langs die China onder dieHan-dinastie bestaan, maar is uiteindelik deur dit verower en onder beheer van vier militêre kommandanture geplaas. Teen die einde van sy bestaan het 'n aantal deelstate weggebreek, waaronderGoguryeo in die noorde,Buyeo in Mantsjoerye asookOkjeo enDongye in die noordooste van Korea, wat een-een by Goguryeo ingelyf is.
DieTaoïsme was vermoedelik die eerste van dieOosterse filosofieë wat Korea bereik het. Daarteenoor bestaan vir Gija Joseon uit die 11de eeu v.C. geen historiese bronne nie en dit het in Joseon in 16de-eeuse inNieu-konfusianistiese geskrifte verskyn. DieGija-verhaal is vermoedelik bedink om 'n niebestaande teenwoordigheid van dieKonfusianisme te skep en sodoende 'n voorrang teenoor die ouer KoreaanseBoeddhisme te skep.
Wiman Joseon het dele van die noordweste van Korea beheer; in die suide was daar die rykJin (辰), waaroor min bekend is, omdat dit nie oor 'n skryfstelsel beskik het nie of geen skriftelike optekeninge vervat is nie (nie verwant met die 金 van die Chinese Jin-dinastieë nie). Die konfederasie het kort ná die val van Gojoseon ontbind en saam met migrante uit Gojoseon die lande van dieSamhan-tydperk gevorm. Voordat die groot aantal state tot Mahan, Jinhan en Byeonhan saamgesluit het, het daar volgens die Dongyi-hoofstuk vanSanguo zhi 70 state op die Koreaanse Skiereiland bestaan.[32]
Die Han-kommandanture (Lelang, Zhenfan, Lintun, Xuantu)
Die Han-kommandanture (Lelang, Zhenfan, Lintun, Xuantu en later die van Zhenfan afgestigte Daifang)[32] is in die jare ná die verowering van Gojoseon in sy invloedsfeer deurHan Wudi gestig. In die noorde van die Koreaanse Skiereiland is die Koreaanse opvolgerstaatBuyeo gestig, wat wesentlik was in die vorming van Goguryeo tot 'n koninkryk. Lelang het die regstreeks deur Wiman Joseon beheerde gebied gekontroleer, terwyl Zhenfan en Lintun twee van Gojoseon afhanklike satellietstate vervang het. Xuantu is op die Yemaek se stamgebied gestig. Daifang is op die plek van die in 75 v.C. vernielde Zhenfan-kommandantur opgerig.
Die Han-kommandanture is deur goewerneurs beheer wat deur die sentrale mag in China ontplooi is. Die goewerneurs het op hul beurt ondergeskikte burokrate uit die inheemse bevolking benoem.
Uit Mahan en Jinhan het veral twee state voortgespruit, naamlik Saro/Seora/Seorabeol (Silla) en Baekje met sy hoofstad Soburi/Sabi, wat hul grondgebied plek-plek uitgebrei en uiteindelik met onderskeidelik Mahan en Jinhan verenig het. Byeonhan het by die Gaya-stadstatebond aangesluit. Silla is glo in 57 v.c. deurHyeokgeose naby die huidigeGyeongju gestig en Baekje deur 'n migrant uit Goguryeo in dieHan-riviervallei.
Volgens taalkundiges het in die suide van die Koreaanse Skiereiland sprekers van 'n Proto-Japannese taal gebly wat hulle tussen die 10de en 3de eeu v.C. hulle gedeeltelik op dieJapannese Argipel gevestig het. Hul nasate het later die huidige Japannese geword. Na dié taal word ook as "Skiereilandse Japannees" verwys en dit word as 'n lid van dieJapannese tale geklassifiseer. Die oorsake agter die Yayoi-migrasie is onduidelik, vermoedelik was dit die gevolg van 'n verdringing of assimilasie deur Proto-Koreaanse ruiternomades uit Suid-Siberië.[33]
Die drie koninkryke op die Koreaanse Skiereiland aan die einde van die 5de eeu
In die eerste eeue n.C. kon die koninkrykeGoguryeo,Baekje enSilla hulle eindelik vestig – die sogenoemde drie koninkryke van Korea. DieBoeddhisme het in hierdie tydperk in die hele Korea versprei. Aanvanklik was Goguryeo in die noorde die magtigste ryk, maar dit het meer en meer in konflik gekom met China. In 313 het Goguryeo die Chinese kommandantuur Lelang verower, wat hom ongeveer op die grens tussen die twee Koreas bevind het. Daarmee het dit 'n buurstaat geword van Baekje en Silla, waarmee konflikte met dié twee kleiner ryke ontstaan het, wat oor baie eeue sou streek. Japan en China het in aanmerking gekom vir alliansies.
In 655 het Silla 'n militêre alliansie gesluit met die ChineseTang-dinastie en in 660 eers Baekje en in 668 ook Goguryeo verslaan. In albei gevalle het dit baat gevind by sy teenstanders se binnelandse meningsverskille.
Ná sy oorwinning oor die ander deelryke het Silla tot aan die einde van die 9de eeu die skiereiland beheer. Die hoofstadSeorabeol (letterlik: "hoofstad"), ookGyerim ("hanebos") ofGeumseong ("goudstad") was op die plek van die huidigeGyeongju geleë en 'n vir sy rykdom en welvaart bekende metropool. Seorabeol was 'n deel van dieSyroetenetwerk en het deelgeneem aan die kulturele uitruil tot in dieIslamitiese wêreld en dieSentraal-Asiatiesesteppe. In Arabiese geografiese beskrywings oor Silla word daarna as 'neilandstaat aan die oostelike hoek van die wêreld verwys.[34]
In die verre noorde van die Koreaanse Skiereiland en veral in Mantsjoerye het die koninkrykBalhae ontwikkel, wat die vlugtelinge uit Goguryeo deels opgeneem het. Aangesien Balhae ongeveer in dieselfde tyd as Silla ineengestort het, het baie Koreane vanuit die noorde na die Koreaanse Skiereiland geïmmigreer.
Die nuut gestigte Goryeo-ryk (918–1392), wat aanvanklik die sentrale deel van die huidige Korea beheer het, het die Silla-ryk geannekseer en van 936 tot 1392 bestaan met die nuwe hoofstad van die verenigde Korea,Kaegyeong.
In die 10de en vroeë 11de eeue was Goryeo in drie oorloë betrokke met die para-MongoolseLiao-dinastie wat Goryeo kon wen. Die daaropvolgende tyd van die 11de en 12de eeu word as Goryeo se bloeitydperk beskou. Die 12de-eeuese internasionale balans in Oos-Asië is deur dieJin-dinastie se invalpogings teen Liao en Song gestuit.
Die grootste deel van die skiereiland is ná dieMongole se invalle in 1231/32 en 1238 beset, nogtans het die destydse militêre regime (onder beheer van 'n militêre diktator pleks van 'n magtelose heerser) in die daaropvolgende 30 jaar en altesaam nege opeenvolgende invalle kwaai weerstand ontbied. Ná die omverwerping van die militêre diktatuur het die koninklike familie, wat aanvanklik gevlug het, ná jare se asiel op die eiland Gangwha oorgegee. Vir die daaropvolgende 150 jaar was Korea 'n vasalstaat van die Mongole wattribuut moes betaal (Quda) en was ook deur afgedwonge huwelike en bloedbande (Khüregen) aan die Khagan se familie verbonde. Gevolglik was die Goryeo-dinastie ook betrokke by die Mongoolse pogings om Japan te annekseer en het bygedra met skepe en matrose. In 1356 het Goryeo ná 'n verrassingsaanval op die Mongoolse garnisoene by dieAmnok sy diplomatieke betrekkinge met dieYuan-dinastie beëindig en sodoende sy volle soewereiniteit herwin.
Nadat die regerende familie van Goryeo in die nasleep van binnelandse politieke krisisse asook 'n invalplan op dieLiaodong-skiereiland in 1392 omvergewerp is, het generaal Yi Seong-gye die Koninkryk Joseon gestig. Joseon was betrokke in plaaslike militêre konflikte, waaronder die Oei-invasie op Tsushima omseerowery langs die Koreaanse kus te beëindig. In die 1390's tot 1410's is die noordelike grense tot by dieTumen-rivier verskuif, wat sedertdien die Koreaanse grens vorm.
In 1443 is onder die bewind van koningSejong dieKoreaanse alfabet ontwikkel. In 1592 het die onderToyotomi Hideyoshi verenigde Japan met 'n groot strydmag Korea binnegeval. Die Imjin-oorlog het geduur van 1592 tot 1595 en van 1596 tot 1598, en is gewen deur Joseon, veral danksy generaalYi Sun-sin se suksesse ter see.
In 1637 het Joseon 'n vasalstaat geword van dieMantsjoes seQing-dinastie wat tribuut moes betaal. Dit was van toepassing tot op 17 April 1895, toe China as deel van die konflik oor die Koreaanse Skiereiland dieEerste Chinees-Japannese Oorlog teen dieJapannese Keiserryk verloor het. In die Verdrag van Shimonoseki het China sy tradisionele betrekkinge met Korea beëindig. In 1897 het koningGojong dieKoreaanse Keiserryk gestig, waarmee die Koninkryk Joseon amptelik beëindig is.
Ná dieRussies-Japannese Oorlog (1904–1905) het Japan homself as oorheersende mag in Oos-Asië gevestig. In 1905 het Joseon met die Eulsa-verdrag (of Japan-Korea-Anneksasieverdrag van 1910) 'n Japannese protektoraat geword en onder Gojong se seun, keiserSunjong, is 'n Japannese generaal-resident vir Joseon benoem.
Op 22 Augustus 1910 is die Koreaanse keiser deur die Japannese regering gedwing om te abdikeer, nadat die Japannese eerste ministerItō Hirobumi op 26 Oktober 1909 die slagoffer van 'n sluipmoordpoging geword het.
'n Kaart uit 1910 met die Japannese Keiserryk se grondgebied (in grys). Dit het die Koreaanse Skiereiland as nuwe provinsieChosen ingesluit.
In 1910 is Korea deur Japan geannekseer. Deur die hele besettingstyd heen is min moeite gedoen om Korea te moderniseer en dit was tot aan die einde 'n verarmde landbouhinterland. Dit het gepaard gegaan met die onderdrukking van die Koreaanse kultuur en taal. Die algehelegeletterdheidsyfer het by 20% gestagneer, 'n vlak identies aan dié voor die besetting.
Aan die einde van dieTweede Wêreldoorlog op 15 Augustus 1945 het die Japannese Keiserryk oorgegee. DieKeiserlike Japannese Weermag se soldate in die noorde van Chosen (noord van die 38steBreedtegraad) moes hulleself aan dieSowjetunie se magte oorgee, dié in die suide aan die Amerikaners.
Die 15 Augustus 1945 word vandag in albei dele van Korea asOnafhanklikheidsdag (광복절,Gwangbokjeol) gevier.
Nadat die onderhandelinge tussen die Verenigde State en die Sowjetunie oor 'n verenigde Korea tot in 1947 misluk het, het die Verenigde State die Koreavraag by dieVerenigde Nasies voorgelê. Die Verenigde State het op 14 November 1947 'nVN-resolusie bereik, wat vrye verkiesings, die onttrekking van al die buitelandse magte en die stigting van 'n VN-kommissie (UNTCOK:UN Temporary Commission on Korea) vir Korea bedoel het. Die Verenigde State het hul troepe uit die suide onttrek en die USSR het hom volgens die vertrag tot aan die einde van 1948 uit Noord-Korea onttrek.
Op 10 Mei 1948 is in die suide verkiesings gehou wat deurSyngman Rhee gewen is. Dié verkiesings is egter deur die linkse partye geboikot. Op 13 Augustus 1948 het Syngman Rhee amptelik bewind oorgeneem by die Amerikaanse militêre regering. Die Sowjetbeheerde noorde het dit op 9 September 1948 met die stigting van dieDemokratiese Volksrepubliek Korea beantwoord, metKim Il-sung as die eerste president. Albei regerings het hulleself as wettige regering oor die hele Korea beskou en verder aangekondig, dat hulle dié eis ook militêr wou afdwing. Aangemoedig deur 'n verklaring van die Amerikaanse minister van buitelandse sake,Dean Acheson, wat as sodanig geïnterpreteer kon word, dat die Verenigde State nie vir Korea sou veg nie, het Noord-Korea op 25 Junie 1950 Suid-Korea binnegeval en daarmee dieKorea-oorlog ontketen.
Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Amerikaanse troepe en troepe uit die Sowjetunie die suidelike en noordelike helftes van die Koreaanse Skiereiland onderskeidelik beset. Die Koreaanse Skiereiland is effektief langs die 38ste breedtelyn in twee verdeel. Ten spyte van beloftes van 'n onafhanklike en verenigde Korea tydens dieKaïro-Deklarasie van 1943 het dieKoue Oorlog spoedig gelei tot die vestiging van twee afsonderlike regerings: 'nkapitalistiese Suid-Korea en 'n kommunistiese Noord-Korea. Die Sowjetunie hetKim Il-sung as die Noord-Koreaanse premier aangewys. Terwyl talle Koreane hulle vir 'n nasionale verkiesing beywer het om 'n regeerder vir die hele land te kies, het die Kommuniste geweier om aan die verkiesing deel te neem deur toegang tot Noord-Korea te blokkeer. Gevolglik is demokratiese verkiesings slegs in die Suide gehou en isSyngman Rhee as president verkies en die Republiek Korea as 'n wettige regering deur dieVerenigde Nasies erken.
Op 25 Junie 1950 het Noord-Korea die Suide binnegeval met die ondersteuning en goedkeuring vanJosef Stalin enMao Zedong. Dit het gelei tot 'n bloedige oorlog waarin meer as vier miljoen burgerlikes en soldate gesterf het. Die oorlog staan vandag bekend as die Korea-oorlog. Die Verenigde Nasies het ten behoewe van Suid-Korea ingegryp toe dit blyk dat die Kommunistiese magte die oorhand begin kry het. Noord-Korea is deur sy kommunistiese bondgenote gesteun en die Volksrepubliek China het miljoene troepe na Korea gestuur. Die oorlog is deur 'n wapenstilstand in 1953 beëindig en is tegnies gesproke nog aan die gang. Beide Suid- en Noord-Korea word verdeel deur 'n swaar bewapende gedemilitariseerde sone.[35]
In 1960 het 'n studenteopstand gelei tot die bedanking van president Syngman Rhee, wie se regering outokraties en korrup geword het. Dit het verder gelei tot 'n tydperk van burgerlike onrus en politieke onsekerheid. GeneraalPark Chung-hee het die daaropvolgende jaar 'n militêre staatsgreep uitgevoer (die sogenoemde "5.16 staatsgreep") en is in 1961 as president aangestel. Hy het die pos beklee tot en met diesluipmoord op hom in 1979. Sy leierskap is gekenmerk deur die vestiging van 'n snelgroeiende uitvoerekonomie, maar ook politieke onderdrukking.
Die jaar na die sluipmoord op Park is deur politieke onrus gekenmerk. In 1980 het GeneraalChun Doo-hwan 'n suksesvolle staatsgreep uitgevoer en die oorgangsregering vanChoi Gyu Hwa (voormalige premier onder Park) omvergewerp. Chun se magsoorname het 'n nasionale protesaksie en 'n pleidooi vir demokratisering uitgelok. InGwangju in die Suid-Jeolla provinsie het Chun sy spesiale magte die stad ingestuur om studente en burgerlikes wat onder die vaandel van 'n Burgerlike Weermag betoog het te stuit. 'n Beraamde 207 mense is deur sy magte gedood en 'n verdere duisend is beseer tydens die bekendeGwangju-slagting in Mei 1980.
Hierdie slagting het 'n langtermyn demokratiese era vir Suid-Korea ingelei. Die regering het later formeel verskoning aangebied vir die slagting en 'n nasionale begraafplaas vir die slagoffers opgerig. Chun het hom daarna tot 'n enkele leierskapstermyn verbind en in 1988 weens druk van landwye opstand die eerste direkte presidensiële verkiesings toegelaat. In dieselfde jaar het Seoel as gasheer van dieXXIVste Olimpiese Somerspele en dieVIIIste Paralimpiese Somerspele opgetree.
Op 3 Desember 2024 het die destydse Suid-Koreaanse presidentYoon Suk-yeol diekrygswet afgekondig om sy begroting teen die opposisie deur te druk, wat in die parlement oor 'n meerderheid beskik het. Met die Suid-Koreaanse krygswet is al die politieke aktiwiteite, vergaderings en saamtrekke verbied.[36] Ná enkele ure het die parlement, deels nadat afgevaardigdes oor die heinings van die deur die polisie afgesperde parlementsgebou moes klim, die krygswet eenparig opgehef. Die daaropvolgende dag het die president Yoon op sy beurt die krygswet opgehef en die weermag het onttrek.[37]
Die opposisie het die bedanking van die president geëis en met 'nmosie van wantroue gedreig.[38] Op 14 Desember het die parlement met 204 teenoor 85 met agt ongeldige stemme asook drie onthoudings vir Yoon Suk-yeol se afsetting gestem.[39] Einde Desember 2024 het die parlement ook gestem om die tussentydse presidentHan Duck-soo af te sit, waarvolgensChoi Sang-mok tydelik as president oorgeneem het. Einde Maart 2025 het Han Duck-soo weer in die amp oorgeneem. Op 4 April 2025 is Yoon Suk-yeol uiteindelik deur die Konstitusionele Hof uit sy amp verwyder.[40]Lee Jae-myung het die daaropvolgende presidentsverkiesings op 3 Junie 2025 gewen en is die volgende dag as president ingehuldig.[41]
Kim Min-seok, die huidige Suid-Koreaanse presidentDie Nasionale Vergadering (국회,Gukhoe) in SeoelDie hoofkonferensiekamer van die nasionale vergaderingKim Min-seok, die huidige eerste minister van Suid-Korea
Suid-Korea is 'n grondwetlike republiek en die grondwet definieer die land as 'n demokratiese republiek met 'n regering bestaande uit drie takke: wetgewende gesag, uitvoerende gesag en regsprekende gesag. Die uitvoerende gesag en wetgewing werk veral op nasionale vlak, hoewel baie departemente in die uitvoerende gesag ook plaaslike funksies waarneem. Die regsprekende gesag werk op beide nasionale en plaaslike vlak. Plaaslike regerings is halfoutonoom en beskik oor hul eie uitvoerende gesag en wetgewers.
Die staatshoof van die Republiek Korea is die regstreeks deur die volk verkose president. Die president word vir 'n termyn van vyf jaar verkies en kan nie herkies word nie. Hy is die hoogste verteenwoordiger van die republiek en verteenwoordig dit binne en buite. Onder andere verwelkom hy buitelandse diplomate, ken medaljes toe en kan kwytskelding gee. Hy is ook die hoof van die administrasie en implementeer in hierdie hoedanigheid wette wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is. Hy is die Weermag se Bevelvoerder en kan oorlog verklaar.
Suid-Korea se wetgewende orgaan is die Gukhoe of Nasionale Vergadering, 'n eenkamerparlement. Die Nasionale Vergadering bestaan uit die hoofkonferensiekamer, met 300 setels, wat verkies word deur algemene verkiesings elke vier jaar of wanneer dit ontbind word. Die President van Suid-Korea is die regeringshoof, terwyl die eerste minister as sy adjunk dien en deur hom benoem word. Die kabinet bestaan uit tussen 15 en 30 lede, dit word ook deur die president saamgestel. Sowel die eerste minister asook die kabinetslede moet deur die parlement bevestig word. Die mees onlangse verkiesings is op 10 April 2024 gehou. Die regerende sosiaalliberale Demokratiese Party het 170 van die 300 setels gewen, terwyl die opposisie, konserwatiewe Volksmagparty 108 setels gewen het.[42]
'n Ander belangrike politieke liggaam in die Suid-Koreaanse stelsel is die Grondwetlike Hof. Dit hou toesig oor die Regeringswerk en beslis in gevalle van mosies van wantroue en dies meer. Die hof bestaan uit nege Hoofregters: Die President benoem drie regters, die parlement benoem ook drie regters wat deur die president bekragtig moet word en die oorblywende drie regters word deur die Grondwetlike Hof se Voorsitter benoem.
Suid-Korea se buitelandse betrekkinge weerspieël sy 20ste-eeuse geskiedenis. Sedert die stigting van die Republiek Korea en veral ná die Korea-oorlog het Suid-Korea noue bande aangeknoop met Westerse liberale demokrasieë wat dié land ook in die oorlog bygestaan het, waaronder veral die Verenigde State.
Sedert die Korea-oorlog en die veredeling van die Koreaanse Skiereiland maak beide Suid- en Noord-Korea aanspraak op die hele Korea en erken mekaar nie aan nie. Die verhouding met die noordelike aartsvyand wissel van hoogtepunte met noue besprekings oor 'n moontlike Koreaanse hereniging tussen albei leiers en 'n gesamentlike Koreaanse span op Olimpiese Spele onder die vlag van Koreaanse hereniging tot laagtepunte met voortgesette oorlogsdreigemente en Noord-Koreaanse kerntoetse, waarop Suid-Korea saam met sy nouste bondgenoot, die Verenigde State, met grootskaalse militêre oefeninge antwoord.[43]
Hoewel beide Suid-Korea en Japan die vorste liberale demokrasieë met 'n belangrike en wêreldwyd invloedryke ekonomie is, is die betrekkinge tussen albei lande ook wisselvallig. Dit het sy oorsprong veral in die Japannese kolonisering van Korea, die plundering van Koreaanse grondstowwe vir die Japannese oorlogsekonomie tydens die Tweede Wêreldoorlog, die onderdrukking van die Koreaanse taal en kultuur en die vergryping aan vroue as sogenoemde "troosvroue". Daarbenewens is Suid-Korea betrokke in 'n gebiedsgeskil met Japan oor dieLiancourtrotse. Daar is egter ook baie ooreenkomste in albei lande se buitelandse beleid, aangesien albei lande die nouste bondgenote van die Verenigde State in die streek is en hulle dieselfde dreigemente deur Noord-Korea, die Volksrepubliek China en Rusland in die gesig staar.[44][45]
Die belangrikste administratiewe afdelings in Suid-Korea is die elf provinsies, drie spesiale selfregerende provinsies, ses metropolitaanse stede (selfregerende stede wat nie deel is van enige provinsie nie), een spesiale stad en een spesiale selfregerende stad.
a hersiene romanisering;b Name van Seoel;c Teen Mei 2018;[46]d Gebiede wat volgens die Grondwet van die Republiek Korea tot sy grondgebied behoort, maar nog nie herwin is nie.
Suid-Korea beslaan die suidelike deel van die Koreaanse Skiereiland, wat oor sowat 1 100 km van dieAsiatiese hoofkontinent strek. Die bergagtige skiereiland word aan die westelike kant deur dieGeelsee (wes) en aan die oostelike kant deur dieSee van Japan (Koreaans: Oossee) omring. Die suidelike punte van Korea is aan dieStraat van Korea en dieOos-Chinese See geleë. Suid-Korea beslaan 'n oppervlakte van 99 720 vierkante kilometer.Jeju is verreweg die grootste eiland van Suid-Korea en bevind hom in die suide van die land, sowat 80 km van die kus af. Op dié eiland is ook Suid-Korea se hoogste berg,Hallasan, geleë, 'nskildvulkaan met 'n hoogte van 1 947 m. In die ooste is dieRotse van Liancourt geleë, wat deur Suid-Korea beset en ook deur Japan opgeëis word.[47]
Suid-Korea kan in vier algemene streke verdeel word: 'n oosterse streek met hoë bergreekse en nou kuslaagtes; 'n heuwelagtige westelike streek met breë kuslaagtes en rivierbekkens; 'n suidwestelike streek met berge en valleie en 'n suidoostelike streek waar die Nakdongrivier uitloop.
Volgens die Suid-Koreaanse grondwet streek die grondgebied ook oor die noordelike deel van die Koreaanse Skiereiland tot by die grens met die Volksrepubliek China in die noorde en Rusland in die noordooste. Vervolgens vorm dieYalu- enTumen-riviere volgens die siening van die regering in Seoel die noordelike grens van Suid-Korea. Tussen albei riviere se brongebiede en op die grens met die Volksrepubliek China is die hoogste berg van die hele Korea,Paektusan, geleë met 'n hoogte van 2 744 m.
'n Wintertoneel op die Bukhan-bergpiek (Bukhansan)Klimaatsones in Suid-Korea volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie
Suid-Korea maak deel uit van die Suid-Asiatiese monsoensone en het 'n gematigdeklimaat met vier verskillende seisoene. Kontinentale lugmassas, wat uit die noorde na die Koreaanse Skiereiland beweeg, oefen 'n groter invloed op Suid-Korea se weer uit as mariene lugmassas vanuit dieStille Oseaan.
Koreaansewinters is gewoonlik lank en koud, met droë weer, terwyl die kortsomers neig om warm en bedompig te wees, met baie neerslae.Lente- enherfsmaande word deur aangename temperature gekenmerk, maar is betreklik kort.
Die gemiddelde temperature in Seoel wissel van tussen -5,0 en -2,5 °C in Januarie tot tussen 22,5 en 25 °C in Julie. Die eiland Jeju het 'n meer gematigde klimaat as ander landsdele vanweë sy suidelike ligging temidde van die see. Hier beweeg die gemiddelde temperature tussen 2,5 °C in Januarie en 25 °C in Julie.
Die Cheonggyecheon-rivier is 'n moderne openbare ontspanningsruimte in die middestad van Seoel
Gedurende die eerste 20 jaar van Suid-Korea se ekonomiese opbloeiing is min moeite gedoen om die omgewing te beskerm.[48] Onbeheerste industrialisasie en stedelike ontwikkeling het gelei tot ontbossing en die voortdurende vernietiging van vleilande soos die Songdo-getyvlakte.[49] Daar is egter onlangse pogings om hierdie probleme te balanseer, insluitende 'n regeringsbestuurde vyfjaar groengroeiprojekt ter waarde van $84 miljard wat daarop mik om energiedoeltreffendheid en groen tegnologieë te bevorder.[50]
Die groengebaseerde ekonomiese strategie is 'n omvattende hersiening van Suid-Korea se ekonomie wat sowat twee persent van die nasionale BBP bestee. Die vergroeningsinisiatief sluit voornemens in soos 'n landswye fietsnetwerk,son- enwindenergie, die vermindering van olie-afhanklike vaartuie, die handhawing van dagligbesparingstyd en die uitgebreide gebruik van omgewingsvriendelike tegnologieë soos ligdiodes in elektronika en beligting. Die land — een van die mees bedrade ter wêreld — beplan ter vermindering van energiegebruik om 'n landwye volgende generasie netwerk te bou wat tien keer vinniger as breëbandfasiliteite sal wees.[51]
In 2017 was Suid-Korea die wêreld se sewende grootste vrysteller vankweekhuisgasse en die vyfde grootste vrysteller per inwoner. President Moon Jae-in het belowe om kweekhuisgasvrystelling teen 2050 tot nul te verminder.[52][53]
Suid-Korea se ekonomiese groei van 1911 tot 2008, waarna dikwels as die "Wonder aan die Hanrivier" verwys word
Van die 1960's af het Suid-Korea 'n ekonomiese en tegnologiese transformasieproses deurloop wat van dié land – nog in die 1950's een van die armste samelewings ter wêreld – een van die tien gevorderdstenywerheidslande gemaak het. Hierdie ontwikkeling is ongeëwenaar en teen 'n asemberowende snelheid voltrek.[54] Dié ekonomiese opswaai het van Suid-Korea een van die vier sogenoemdeVier Asiatiese Tiere gemaak, saam metHongkong, dieRepubliek China enSingapoer.[55] In die 1950's was die ekonomie in Korea gekenmerk deur die Japannese kolonisasie se nalatenskap. Destyds het die ekonomie in die vrugbare Suid-Korea hom veral oplandbou toegespits, terwyl die nywerhede veral in die ryk aan mineraalbronne Noord-Korea saamgetrek was. Vandag is Suid-Koreaanse nywerhede wêreldmarkleiers inskeepsbou,halfgeleiers,geïntegreerde stroombane, platskerms enrekenaars.
Vervoer in Suid-Korea bestaan uit 'n uitgebreide netwerk van spoorweë, snelweë, skeeps-, bus- en lugroetes.
Al die stede het plaaslike busdienste en word verder deur tussenstedelike busdienste met mekaar verbind.
Suid-Korea se 3 000 kilometer lange netwerk van snelweë bestaan uit snelweë (expressways/motorways), nasionale snelweë en ander sekondêre roetes. Die Koreaanse Snelwegkorporasie bedryf dié land se tolweë en belangrikste diensroetes.
"Korail" bedryf treindienste met gereelde dienste na al die Suid-Koreaanse groot stede. 'n Spoorverbinding met Noord-Korea deur die Gyeongui- en Donghae Bukbu-lyne is in die herstelproses. Suid-Korea spog sedert 2004 met 'n hoëspoedtrein. Die KTX (Korea Train Express) bedryf gereelde sneldienste teen ongeveer 300 km per uur via die Honam en Gyeongby-lyne na Suid-Korea se vernaamste stede, te wete Daejeon, Gwangju, Mokpo, Daegu en Busan.
Seoel, Busan, Daegu, Incheon, Gwangju en Daejoen het ondergrondse treine. Die "Seoel Metropolitan Subway" is een van die besigstes ter wêreld, bestaan uit 23 lyne en 768 stasies en bedien 1,9 miljard passasiers per jaar. Die treine word deur Korail en die Seoul Metropolitan Rapid Transit Corporation (SMRT) bedryf.
Suid-Korea se hoofuitvoervennote is die Volksrepubliek China 25%, die Verenigde State 18%, Hongkong 4%, Japan 4% en die Republiek China 4% (in 2023). Suid-Korea se hoofuitvoere is geïntegreerde stroombane, motors, geraffineerde petroleum, plastiek en masjienonderdele. Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Suid-Korea op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoofinvoervennote is die Volksrepubliek China 31%, die Verenigde State 13%, Japan 9%, Duitsland 5% en Australië 4% (ook in 2023). Suid-Korea se hoofinvoere is geïntegreerde stroombane,aardgas,ruolie, masjinerie, motors geraffineerde petroleum en ander grondstowwe vir sy industrieë. Suid-Korea se algehele grootste handelsvennote is die Volksrepubliek China en die Verenigde State.[3]
Suid-Korea het in 2014 4,3% van syBBP vir navorsing en ontwikkeling spandeer en en daarmee meer as enige ander land.[56] In 2006 het die Suid-Koreaanse regering 'n regulasie geïmplementeer, waarvolgens skrywers van vakartikels in vername tydskrifte soosScience,Nature enCell drie miljoen won ontvang.[57][58] Ter ondersteuning van die navorsing is dieInstitute for Basic Science gestig, soortgelyk aanRIKEN inJapan en dieMax Planck-geselskap inDuitsland.[59]
Suid-Korea is dieOESO-lid met die hoogste graag aan gegradueerdes innatuurwetenskap eningenieurswese.[60] Die land is ook eerste in dieBloomberg-Innovasie-indeks.[61] Daarbenewens plaas Suid-Korea min perke op nuwe tegnologie en is derhalwe ook 'n toetsmark, veral virslimfoon-tegniek. Talle uitvindings van nuwe media en toepassings, asook4G- en5G-infrastruktuur word in Suid-Korea opgerig.[62]
NáJapan, dieVerenigde State enDuitsland het Suid-Korea die vierde meeste industriële robotte wêreldwyd. Die aantal het van 2011 tot 2014 met sowat 59% gegroei op 'n totaal van 150 505 industriële robotte.[63] Wat diensrobotte aanbetref is Suid-Korea saam met Japan die leier.[64] In 2005 het navorsers van die Koreaanse Gevorderde Instituut vir Wetenskap en Tegnologie (Korea Advanced Institute of Science and Technology, KAIST) die wêreld se tweede lopendehumanoïde robot,HUBO, ontwikkel. 'n Span van die Koreaanse Instituut vir Nywerheidstegnologie (Korea Institute of Industrial Technology, KITECH) het in Mei 2006 die eerste KoreaanseAndroïde,Ever-1, ontwikkel.[65]
DieKorea AeroSpace Administration (KASA) is die regeringsbefondsde ruimte- en lugvaartagentskap wat onder die Ministerie van Wetenskap en IKT gestig is. Dit hou toesig oor die Koreaanse Lugvaartnavorsingsinstituut en die Koreaanse Sterrekunde- en Ruimtewetenskapinstituut.[66] Suid-Korea het planne in ruimteverkenning, insluitend 'nmaanlanding teen 2032 en 'nmarslanding teen 2045.[67] Sedert 1992 het Suid-Korea meer as 15 satelliete in die ruimte gelanseer, waaronder as deel van dieKOMPSAT-program sedert 1999 in samewerking met Rusland ook twaalf afstandswaarnemingsatelliete.[68] Die eerste van hierdie satelliete,Arirang-1, het in 2008 ná nege jaar se gebruikstyd in die ruimte verlore gegaan.[69]
In April 2008 hetYi So-yeon die eerste Koreaanse ruimtevaarder geword wat aan boord van 'n RussieseSojoes TMA-12 die ruimte ingevlieg het.[70] In Junie 2009 is Suid-Korea se eersteruimtehawe, dieNaro-Ruimtesentrum, in Goheung (Jeollanam-do) ingewy.[71] Die lansering van die Naro-1-vuurpyl in August 2009 het misluk.[72] In Junie 2010 het ook die tweede poging misluk. Die derde lansering in Januarie 2013 het eindelik geslaag.[73]
Navorsers neem aan dat die Koreaanse volk oorspronklik 'n historiese verbintenis metetniese groepe inSentraal-Asië, dieBaikalmeergebied inSiberië,Mongolië en die kusgebiede van dieGeelsee gehad het. So toon werktuie uit die Paleolitiese tydperk wat in Sokchang naby Kongju ontdek is, baie ooreenkomste met soortgelyke argeologiese vondse in die Baikalmeergebied en in Mongolië.
Vandag het Suid-Korea 'n uiters homogene bevolking van etnieseKoreane, met klein minderhedeHan-Chinese. Weens Suid-Korea se militêre en ekonomiese bande met ander wêrelddele vestig steeds meer buitelanders hulle in stedelike gebiede, veral Amerikaners (waaronder lede van dieAmerikaanse Gewapende Magte wat hier gestasioneer is),Japannese en Han-Chinese. Enkele tienduisend Chinese enSuidoos-Asiate het hulle as buitelandse werknemers in Suid-Korea gevestig. Die Chinese gemeenskap in Suid-Korea besig onder andere tale soosWu.
Kleurryke lentefeesviering in Insadong, SeoelSeoel het ná die Korea-oorlog tot een van die grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld gegroei. Die grootskaalse oprigting van woonstelblokke soos dié in 'n voorstad van Seoel het in die afgelope dekades die woningsnood verlig, maar intussen val die klemtoon op die verhoging van lewenskwaliteit en -waarde
Suid-Korea se bevolking het in die tweede helfte van die 20ste eeu meer as verdubbel, maar intussen toon dié land se demografiese patrone baie ooreenkomste met dié van anderontwikkelde lande van dieWesterse wêreld. So het die geboortekoers van 1960 af drasties begin daal en die natuurlike bevolkingsgroei in die vroeë 21ste eeu feitlik tot stilstand gekom. Steftesyfers het in dieselfde periode eweneens afgeneem – 'n tendens wat die algemene verhoging van lewenstandaarde in Suid-Korea weerspieël.
Die vinnig groeiende stedelike bevolking en ontvolking van groot dele van die Suid-Koreaanse platteland is tans die belangrikste demografiese vraagstukke. Meer as vier vyfdes van die huidige bevolking is verstedelik en ongeveer die helfte van al die Suid-Koreane is in die sewe grootste stedelike nedersettings saamgetrek. Al is die natuurlike bevolkingsaanwas intussen laag, is Suid-Korea nogtans een van die digbevolkste lande op aarde. Sy bevolkingsdigtheid is twee en 'n half keer hoër as dié van Noord-Korea.
Nóg 'n belangrike faktor in Suid-Korea se demografiese ontwikkeling was migrasie. Voor die Tweede Wêreldoorlog het groot getalle Koreane geëmigreer, waarbyMantsjoerye in Noordoos-China die belangrikste bestemming vir Noord- en Japan die vernaamste immigrasieland vir Suid-Koreane was. Daar word beraam dat die Koreaanse bevolking in Mantsjoerye enSiberië in 1945 op sowat twee miljoen gestaan het. Rofweg dieselfde aantal Koreane het hulle in Japan gevestig, waarvan sowat die helfte ná 1945 na Suid-Korea teruggekeer het.[74]
Die belangrikste migrasiepatroon was egter die vestiging van twee miljoen Noord-Koreane in die suide, hoofsaaklik gedurende en kort ná die Korea-oorlog. Die meeste binnelandse migrante het hulle in die metropolitaanse gebiede van Suid-Korea gevestig. Groot gemeenskappe Koreaanse immigrante word daarnaas ook in die Verenigde State (veral inKalifornië), die Volksrepubliek China, Japan enKanada aangetref.[75]
Koreaans is 'n lid van die Koreaanse taalfamilie saam met die Jeju-taal of -dialek. Sommige taalkundiges het dit by dieAltaïese familie ingesluit, maar die Altaïese voorstel het die meeste van sy vorige steun verloor.[76] Koreaanse streekdialekte is onderling verstaanbaar, met die uitsondering van die dialek wat op die eiland Jeju gebesig word.[77] Die ontwikkeling van 'n eiealfabet, wat die klanke van Koreaans stelselmatig weergee,Hangeul, is een van die grootste kulturele prestasies van Korea. Dié alfabet behels tien eenvoudige klinkers en veertien medeklinkers as fonetiese simbole.
Koreaans word in Suid-Korea nogtans dikwels as 'n kombinasie van Chinese ideogramme en Hangeul-letters, waarby die gebruik van Chinese skriftekens tendensieel afneem. Die aanwesigheid van honderdduisende Amerikaanse troepe, sakemanne,Peace Corps-vrywilligers en sendelinge sedert die einde van die Korea-oorlog word deur 'n groot aantalEngelseleenwoorde en uitdrukkings weerspieël wat óf regstreeks en onveranderd oorgeneem is óf by Koreaanse taalgebruik en uitspraakgewoontes aangepas is. Hulle bly onverstaanbaar vir Noord-Koreane.
Hangeul is danksy die inisiatief van koning Sejong in 1443 deur 'n span geleerdes ontwikkel.Hunminjeongeum, 'n historiese dokument met aanwysings vir die onderrig vanHangeul, is in 1997 as 'n kultureleUnesco-wêrelderfenis gelys.[78] Unesco ken ter herdenking van die uitvinders vanHangeul jaarliks die Koning Sejong-literatuurprys toe.[79]
Vanweë Konfusianisme se groet invloed geniet opvoeding in Korea 'n baie groot reputasie. Opvoeding het 'n wesentlike invloed op 'n mens se latere sosiale status. Die hoë vlak aan entoesiasme vir onderwys word as 'n sleutelfaktor in die sterk ekonomiese opbloei beskou. Moderne skole is in die 1880's in Korea ingestel. Aan die begin van die 20ste eeu is moderne voorskoolse onderwys ingevoer. Met die stigting van Suid-Korea het die regering 'n moderne skoolstelsel volgens die Westerse model gevestig. Dit het 'n belangrike rol gespeel tydens die land se modernisering in die 1970's. Dit is sedert die 2000's hervorm en verder uitgebrei. Sowat 97% van 'n jaargroep voltooi hoërskool suksesvol, daarmee is Suid-Korea se onderwysstelsel die beste in die wêreld.[80]
Suid-Korea beskik oor een van die vorste gesondheidsstelsel wêreldwyd. In 2022 het die land sowat 9,7% van by BBP vir gesondheid spandeer.[81] In 2019 was daar 24,8 dokters per 10 000 inwoners in Suid-Korea.[82] Vir elke lewende geboortes was daar in 2022 drie sterftes by onder vyfjariges.[83]
K-pop-aanhangers by die Koreaanse Kultuursentrum inWarskou,Pole, 2011Psy tydens 'n optrede inSydney,Australië, 2013'n Tipiese Koreaanse maaltyd
Suid-Korea deel 'n tradisionele kultuur met Noord-Korea, maar sedert die Korea-oorlog word dit veral deur die buurlande China en Japan beïnvloed, asook die Verenigde State. Nogtans het die land daarin geslaag om sy eie, onafhanklike kultuur te ontwikkel wat veral sedert die begin van die 21ste 'n ongekende wêreldwye gewildheid beleef, waarna dikwels as "K-golf" (K-wave) ofHallyu (한류) verwys word. Van die bekendste voorbeelde sluit in "K-dramas", wat na Suid-Koreaanse televisiedramas verwys en waarmee die Koreaanse golf sy aanvang geneem het. "K-pop" ofgayo (가요) is 'n sambreelterm vir kontemporêre Suid-Koreaansepopmusiek, veral musiekgroepe, maar ook solokunstenaars soosPsy met sy trefferGangnam Style, wat 'n wêreldwye gewildheid geniet. 'n Ander bestanddeel is televisiedramas en rolprente soosSquid Game enParasite; laasgenoemde kon 'nOscar wen. Hierdie fenomeen het van Suid-Korea 'n "sagte mag" gemaak en genereer intussen 'n belangrike bydrae tot die Suid-Koreaanse ekonomie met die uitvoer van goedere entoeriste wat Suid-Korea besoek.[84] Die K-golf betrek intussen ook ander dele van die Suid-Koreaanse kultuur en samelewing wat wêreldwyd bekend is soos die Koreaanse taal, kookkuns (Kimchi), sportsoorte soostaekwondo, maar ook maatskappye soosSamsung.
Die Suid-Koreaanse kontemporêre letterkunde word veral deur drie hooftemas beïnvloed: Die verdeling van Korea, die Korea-oorlog en die industrialisasie van die land sedert die 1960's. Verder vind die vervreemding van die individu plaas in 'n kapitalistiese en verstedelikte samelewing wat worstel met sy tradisionele waardes. Na die generasie skrywers ná 1945 word ook verwys as die Hangul-generasie omdat hulle nie meer in die Japannese taal geskryf het nie.[85]
Suid-Koreaansestrokiesverhale wordManhwa (만화) genoem en geniet 'n groeiende belangstelling wêreldwyd. In Suid-Korea is daar talle sogenoemdeManhwabangs (만화방), waar Manhwas gelees en geleen kan woord. DeurWebtoons (웹툰) en toepassings soosDaum Webtoon enLine Webtoon kry Suid-Koreaanse strokiesverhale internasionale aandag.[86]
Die term vir Suid-Koreaanse tradisionele volkskuns isMinhwa (민화), waarin veral die strewe na 'n gelukkige lewe uitgedruk word. In die Suid-Koreaanse kontemporêre kuns tree die tradisionele Koreaanse vormtaal in 'n dialoog met die Westerse moderne. Suid-Koreaanse kontemporêre kuns geniet die onlangse jare 'n toenemende belangstelling en genereer ook hoë pryse op groot kunsveilings, nadat dit vir 'n lang tydperk deur Chinese kuns oorskadu is.[87]
Aanlynspeletjies en die tradisionele bordspeletjieBaduk (Japannees:Go) het 'n belangrike deel van die Suid-Koreaanse kultuur geword. Onder andere word Baduk-wedstryde op televisie gebeeldsend en vir feitelike ontleding herhaal.
Die Suid-Koreaanse nasionale gereg isKimchi (김치), bestaande uit veral gefermenteerde geurige groente. Saam met die Koreaanse golf het ook die tradisionele Koreaanse braai wêreldwye bekendheid verwerf. Onder die Suid-Koreaanse hoofgeregte hetBulgogi (불고기, gebraaide beesvleisrepies) 'n besondere plek. Die repies vleis wat in 'n mengsel vansojasous,sesam enspeserye gemarineer is, word oor 'n koolvuur gebraai.Galbi (갈비) is sagte stukkies ribbetjies, wat soos Bulgogi gemarineer en gebraai of gerooster word. In Suid-Korea is egter nie die vleis die hoofbestanddeel van die maaltyd nie, dit is steedsrys soos in die kookkunste van China, Japan en Viëtnam. In teenstelling met dié Asiatiese kookkunste speel soepe in die Koreaanse kookkuns 'n heelwat groter rol.
Taekwondo is die nasionalesportsoort van Suid-Korea[88] en het in 2000 'n Olimpiese sportsoort geword.[89] Ander Koreaansevegkunste sluit in taekkyeon, hapkido, Tang Soo Do, Kuk Sool Won, kumdo en subak. Ná onafhanklikheidwording is talle Westerse sportsoorte na Suid-Korea ingevoer en het dit deur die onderwysstelsel versprei. Gelyktydig het die Koreaanse vegkunste in Westerse lande gewild geword en word nou wêreldwyd beoefen.
Sokker enbofbal word tradisioneel as die gewildste sportsoorte in Suid-Korea beskou.[90] DieSuid-Koreaanse nasionale sokkerspan is een van die suksesvolste spanne in Asië en het dieAFC Asië-beker reeds twee keer gewen (in 1956 en 1960). Suid-Korea en Japan het die eerste Asiatiese lande geword wat 'nFIFASokker-Wêreldbeker gehuisves het en dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gemeenskaplik aangebied. Tydens dié toernooi het Suid-Korea die eerste nasionale sokkerspan van dieAsiatiese Sokkerkonfederasie geword om die halfeindrondte van 'n Sokker-Wêreldbeker te haal. Hulle kon tot dusver vir elke Sokker-Wêreldbeker sedert1986 kwalifiseer en het drie keer tot die uitklopfase deurgedring: in 2002,2010 en2022, waar hulle die agtste eindrondte gehaal het. Daarbenewens het hulle een keer aan die FIFASokker-Konfederasiebeker deelgeneem, maar hulle is tydens dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 in die groepfase uitgeskakel.
Bofbal is in 1905 deur Amerikaanse sendelinge ná Korea saamgebring en dit het sedertdien 'n sterk groei getoon, ook tydens die Japannese besetting. Die Koreaanse Bofbal-kampioenskap is in 1982 gestig en dit is een van die gewildste bofballigas wêreldwyd. Die Suid-Koreaanse nasionale bofbalspan het tydens die 2006 World Baseball Classic derde geëindig en tydens die 2009-toernooi tweede. Die span se 2009-eindstryd teen Japan is wyd gekyk in Suid-Korea.
Basketbal is ook 'n gewilde sport in Suid-Korea. Suid-Korea word tradisioneel as een van die beste basketbalspanne in Asië beskou en het een van die sterkste basketbalafdelings op die vasteland.
Rugby word ook in Suid-Korea gespeel, maar dieKoreaanse nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir 'nrugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle is tans Asië se derde sterkste span náJapan enHongkong[91] en ding in die Asiatiese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. Hulle het dié toernooi reeds vyf keer gewen (in 1982, 1986, 1988, 1990 en 2002), 17-keer in die derde en nege keer in die vierde plek geëindig.
Ander ontspanningsaktiwiteite sluit ook die bordspeletjiesGo enJanggi in. Go word deur tussen vyf en tien persent van die Suid-Koreaanse bevolking beoefen.[92] Sowat 1,2 miljoen Koreane speel Janggi, waarvan 124 op professionele vlak.[93][94]
DieKoreaanse Grand Prix is van 2010 tot 2013 as deel van dieFormule Een-wêreldkampioenskap op die Koreaanse Internasionale renbaan van Yeongam beslis, maar dit het nie 'n breë ondersteuning geniet nie en is toe weer gekanselleer.[96]
Oorlogsgedenkteken in Korea wat die Korea-oorlog (1950–1953) herdenk (let op dieSuid-Afrikaanse vlag regs)Gedenkteken vir Suid-Afrikaners wat gesneuwel het in die Korea-oorlog. Die gedenkteken kan gevind word op 'n muur in die tuine van dieUniegebou inPretoria
Volgens die webtuiste van die Suid-Afrikaanse ambassade in Suid-Korea het die twee lande in 1992 formele diplomatieke betrekkinge aangeknoop. In Julie 1995 en April 1998 het die eertydse PresidentNelson Mandela enThabo Mbeki in sy hoedanigheid as adjunkpresident onderskeidelik besoeke aan Suid-Korea afgelê en daarmee ekonomiese bilaterale handelsbande verstewig. Suid-Afrika is Suid-Korea se grootste handelsvennoot inAfrika en Suid-Korea is Suid-Afrika se vierde grootste handelsvennoot in Asië. Suid-Afrika voer veral onverwerkte minerale soosferrochroom ofplatinum, halfverwerkte goedere soosstaal en voedsel soossuiker uit.[98] Twee groeiende gebiede van moderne uitruiling sluit in groen energie, waar Suid-Koreaanse en Suid-Afrikaanse maatskappye sonenergie enseldsame aardelemente uitruil,[99] en bilaterale beleggings.
Vandag is daar heelwat gegradueerde Suid-Afrikaners wat aan Suid-Koreaanse privaat- en regeringskole Engels onderrig.[100]
↑(en)Yunn, Seung-Yong (1996), "Muslims earlier contact with Korea", Religious culture of Korea, Hollym International, p. 99
↑(pt)Dourado, Fernão."Atlas de Fernão Vaz Dourado".Arquivo nacional da Torre do Tombo.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2020. Besoek op13 Augustus 2020.
↑24,024,1(de)Hiyoul Kim (2004).Koreanische Geschichte. Einführung in die Koreanische Geschichte von der Vorgeschichte bis zur Moderne. Bonn: Asgard-Verlag. pp. 1–3.ISBN3-537-82040-2.
↑(de)Dieter Kuhn (2014).Neue Fischer-Weltgeschichte: Ostasien bis 1800. Frankfurt am Main: Fischer. p. 68.ISBN978-3-10-010843-2.
↑(de)Dieter Kuhn (2014).Ostasien bis 1800. Frankfurt am Main: Fischer. p. 71.
↑32,032,132,2(en)Michael D. Shin, Injae Lee (2014).Korean History in Maps: From Prehistory to the Twenty-First Century. Cambridge: Cambridge University Press.ISBN978-1-107-09846-6.
↑(en) Vovin, Alexander:From Kogury to T’amna: Slowly riding to the South with speakers of Proto-Korean. 2013, Korean Linguistics.doi:10.1075/kl.15.2.03vov.
↑(en)Hee-soo Lee.Early Korea-Arabic Maritime Relations Based on Muslim Sources. Republiek Korea: Silk Road Programme, Knowledge Bank.
↑(de) Werner Pascha:Von der Agrargesellschaft zum IT-Staat: Der Aufstieg Südkoreas zur Wirtschaftsmacht. In: Lee Eun-Jeung/Hannes B. Mosler (reds.):Länderbericht Korea. Bonn: Bundeszentrale für politische Bildung 2015, bl. 231
↑(en) Andrea Matles Savada en William Shaw:South Korea: A Country Study. Vierde uitgawe. Washington, DC: Federal Research Division / Library of Congress 1992, bl. xvi
↑(en)John Walsh (20 Februarie 2014). "Hallyu as a Government Construct: The Korean Wave in the Context of Economic and Social Development". In Yasue Kuwahara (red.).The Korean Wave: Korean Popular Culture in Global Context. New York: Palgrave Macmillan. pp. 13–31.doi:10.1057/9781137350282_2.ISBN978-1-137-35027-5.