Vanweë sy afgesonderde posisie in dieAltaiberge en kontak met omringende tale, word die klassifikasie van Altaïes binne die Turkiese taalfamilie dikwels betwis. Weens sy geografiese nabyheid aan die taleSjor enChakas word dit soms in die Noord-Turkiese subgroep geplaas.[2]
Vanweë ooreenkomste met Kirgisies word dit soms ook saam met dieKiptsjak-tale geklassifiseer.
Altais word hoofsaaklik gepraat in dieRepubliek van Altai (Suid-Altai) en dieAltai-krai (Noord-Altai). Dit is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai. Die amptelike taal is geskoei op die suidelike dialek, maar dit het in onlangse jare ook na die noordelike dele versprei.
↑(en)Gordon \editor-first = Raymond G. jr., red. (2005)."Etnologieverslag vir Noord-Turkies". SIL International.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2012. Besoek op14 September 2007.{{cite web}}:|editor-last= has generic name (hulp)