Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

'nWetgewende Verkiesing is inSuid-Afrika gehou opWoensdag,14 April2004. DieAfrican National Congress (ANC) vanPresidentThabo Mbeki, wat aan bewind is sedert die einde van dieapartheidstelsel in1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid.

Thabo Mbeki, tweedePresident van Suid-Afrika

Hierdie was die derde vrye verkiesing sedert die einde van die apartheidsera. DieNasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede is vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. DiePresident van Suid-Afrika is deur die Nasionale Vergadering verkies ná die verkiesing.

Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 69,7% van stemme in die nasionale stemming verkry, wat hulle teoreties sou toelaat om diegrondwet, of enige ander wet, te verander sonder die opposisie se steun. Slegs sowat 56% van die stemgeregtiges het aan die verkiesing deelgeneem, met die ANC wat ondersteuning van sowat 38% van die geregistreerde kiesers geniet.

Die hoofopposisieparty, dieDemokratiese Alliansie, het 'n vergrote persentasie op die nasionale stembrief verkry, heel moontlik van vorige ondersteuners van dieNuwe Nasionale Party, en het moontlik sommige ondersteuners naPatricia de Lille se nuweOnafhanklike Demokrate verloor. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999, na 1,7% in die 2004 verkiesing geval; dit kan grootliks toegeskryf word aan hul ondersteuners se ongelukkigheid met die alliansie met die ANC. Die OD het baie dophouers verras deur meer stemme as die NNP te kry, en het sodoende die vyfde-grootste party geword. DieInkatha-Vryheidsparty het steun verloor, insluitend die grotere meerderheid van hul bastionsprovinsie,KwaZulu-Natal, terwyl dieUnited Democratic Movement ook ondersteuning verloor het — hulle is skaars nog die opposisie in hulle tuiste, dieOos-Kaap.

Uitslag

[wysig |wysig bron]
Setels in dieNasionale Vergadering van Suid-Afrika na die 2004-verkiesing

   African National Congress: 279 setels

   Demokratiese Alliansie: 50 setels

   Inkatha-Vryheidsparty: 28 setels

   United Democratic Movement: 9 setels

   Onafhanklike Demokrate: 7 setels

   Nuwe Nasionale Party: 7 setels

   Afrika Christen Demokratiese Party: 7 setels

   Vryheidsfront Plus: 4 setels

   United Christian Democratic Party: 3 setels

   African People’s Convention: 3 setels

   Minority Front: 2 setels

   Azanian People's Organisation: 1 setel

Die hoeveelheid setels aan elke party toegeken is verander nadat die amptelike uitslae aangekondig is; sienbetwiste setel ondertoe.

Party (afkorting)LeierStemme%VeranderingSetelsVerandering
African National Congress (ANC)Thabo Mbeki10 878 25169,7+3,3279+13
Demokratiese Alliansie (DA)Tony Leon1 931 20112,4+2,850+12
Inkatha-Vryheidsparty (IFP)Mangosuthu Buthelezi1 088 6647,0-1,628-6
United Democratic Movement (UDM)Bantu Holomisa355 7172,3-1,19-5
Onafhanklike Demokrate (OD)Patricia de Lille269 7651,7+1,77+7
Nuwe Nasionale Party (NNP)Marthinus van Schalkwyk257 8241,7-5,27-21
Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP)Kenneth Meshoe250 2721,6+0,2*6-
Vryheidsfront Plus (VF+)Pieter Mulder139 4650,89+0,094+1
United Christian Democratic Party (UCDP)Lucas Mangope117 7920,75-0,033-
Pan Africanist Congress (PAC)Motsoko Pheko113 5120,73+0,013-
Minority Front (MF)Amichand Rajbansi55 2670,35+0,042+1
Azanian People's Organisation (AZAPO)Mosiblidi Mangena41 7760,27+0,1*2+1
ander113 1610,72-0,290-3
Totaal15 612 667100,0-400-

Betwiste setel

[wysig |wysig bron]

Die amptelike uitslae was suksesvol deur die ACDP betwis, wat gelei het daartoe dat hulle een setel verkry het wat voorheen aan AZAPO toegeken was[1][dooie skakel].

Korrupsie-aantygings

[wysig |wysig bron]

Die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris,Jackie Selebi, het aan die Suid-Afrikaanse Parlementêread-hoc komitee oor veiligheid en beskerming rapporteer dat die polisie 'n groep mense gearresteer het met vermeende skakels naAl-Kaïda vyf dae voor die verkiesings, wat vermoedelik van plan was om die verkiesings te ontwrig. Werk wat deur dieSuid-Afrikaanse Polisiediens gedoen is, het gelei tot die inhegtenisname van mense inJordanië,Sirië en dieVerenigde Koninkryk. Hoeveelhede Suid-Afrikaanse paspoorte is inLonden gevind, wat die Departement van Binnelandse Sake aankorrupsie sou verbind het.[1]

Provinsiale Verkiesings

[wysig |wysig bron]

Wes-Kaapse uitslae

[wysig |wysig bron]
PartyLeierStemme%VeranderingSetelsVerandering
African National Congress (ANC)Thabo Mbeki709 05245,25%19
Demokratiese Alliansie (DA)Tony Leon424 83227,11%12
Nuwe Nasionale Party (NNP)Marthinus van Schalkwyk170 46910,88%5
Onafhanklike Demokrate (ID)Patricia de Lille122 8677,84%3
Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP)Kenneth Meshoe53 9343,44%2
United Democratic Movement (UDM)Bantu Holomisa27 4891,75%1
Africa Muslim Party (AMP)11 0190,70%0
New Labour Party (NLP)Pieter Marais10 5260,67%0
Vryheidsfront Plus (VF+)Pieter Mulder9 7050,62%0
Pan Africanist Congress (PAC)Motsoko Pheko6 2540,42%0
United Christian Democratic Party (UCDP)Lucas Mangope3 5750,23%0
Green Party of South Africa (GPSA)Judy Sole3 3170,21%0
Peace and Justice Congress (PJC)Muhammed Rashad Khan3 2780,21%0
Nasionale Aksie (NA)2 2480,14%0
Inkatha-Vryheidsparty (IFP)Mangosuthu Buthelezi2 2220,14%0
Cape People's Congress (CPC)1 9600,13%0
Azanian People's Organisation (AZAPO)Mosibudi Mangena1 4550,09%0
Moderate Independent Party (MIP)9530,06%0
Peace and Development Party (PDP)7890,05%0
Universal Party (UP)7350,05%0
Totaal1 566 949100  0

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "SABC Nuus". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 4 Junie 2006. Besoek op1 Maart 2005.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004.
Algemene verkiesings
1910 ·1915 ·1920 ·1921 ·1924 ·1929 ·1933 ·1938 ·1943 ·1948 ·1953 ·1958 ·1961 ·1966 ·1970 ·1974 ·1977 ·1981 ·1984 ·1987 ·1989 ·1994 ·1999 ·2004 ·2009 ·2014 ·2019 ·2024
Munisipale verkiesings
1995–96 ·2000 ·2006 ·2011 ·2016 ·2021 ·2026
Referenda
1960 ·1983 ·1992
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suid-Afrikaanse_algemene_verkiesing_van_2004&oldid=2834063"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp