Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Suid-Afrika by die Olimpiese Spele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Suid-AfrikanersLen Tau (links) enJan Mashiani tydens dieOlimpiese Somerspele 1904 inSt. Louis
Die Suid-Afrikaanse Rudolph Lewis tydens dieOlimpiese Somerspele 1912 inStockholm
Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens dieOlimpiese Somerspele 1920 inAntwerpen
Die Suid-Afrikaner Marjorie Clark tydens dieOlimpiese Somerspele 1928 inLos Angeles
Die Suid-Afrikaner Esther Brand tydens dieOlimpiese Somerspele 1952Helsinki
Die Suid-Afrikaner Gordon Day tydens dieOlimpiese Somerspele 1960 inRome
DieSuid-Afrikaanse vlag tydens dieOlimpiese Somerspele 1992 inBarcelona
Die Suid-Afrikaanse vlag tydens dieOlimpiese Winterspele 1994 inLillehammer
Die Suid-Afrikaansehokkiespan tydens dieOlimpiese Somerspele 2008 inBeijing
Die Suid-Afrikaanse span tydens die openingseremonie van dieOlimpiese Winterspele 2010 inToronto
Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens dieOlimpiese Somerspele 2016 inRio de Janeiro

Suid-Afrika is een van dielande wat aan dieOlimpiese Spele deelneem. Suid-Afrika stuur vir die eerste keer 'n span na dieSomerspele van 1904. 56 jaar later, in 1960, stuur hulle hul eerste span na dieWinterspele.[1]

In 2024 neem Suid-Afrika vir die 21ste keer aan die Somerspele deel, terwyl hulle nog net aan 7 Winterspele deelgeneem het. Die land het nog nooit 'n medalje op 'n Winterspele gewen nie. In totaal het Suid-Afrika al 89 medaljes verower, waarvan die meeste inatletiek,boks enswem.

Medaljes by die Somerspele

[wysig |wysig bron]
 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
St. Louis 1904Vlag van Verenigde KoninkrykSuid-Afrika80000
Londen 1908141102
Stockholm 1912Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika214206
Antwerpen 19203934310
Parys 1924301113
Amsterdam 1928Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika241023
Los Angeles 1932122035
Berlyn 1936320101
Londen 1948352114
Helsinki 19526424410
Melbourne 1956500044
Rome 1960550123
Tokio 1964nie deelgeneem nie, opgeskort weensApartheid
Meksikostad 1968
München 1972
Montreal 1976
Moskou 1980
Los Angeles 1984
Seoul 1988
Barcelona 1992Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika930202
Atlanta 1996843115
Sydney 20001270235
Athene 20041061326
Beijing 20081360101
Londen 20121254116
Rio de Janeiro 201613826210
Tokio 20201771203
Parys 2024toekomstige gebeurtenis
Los Angeles 2028
Brisbane 2032
Algeheel137027332989

Medaljes volgens sport

[wysig |wysig bron]
 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
AtletiekVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika239913628
SwemVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika12477620
BoksVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika7564919
TennisVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika343216
FietsryVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika761438
RoeiVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika731113
SkyfskietVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika410101
BranderplankryVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika10101
KanovaartVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika340011
RugbyVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika250011
DriekampVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika170011
Algeheel137027332989

Goue Medaljes

[wysig |wysig bron]

Tot in 1960, toe Suid-Afrika voor sy verbanning weens Apartheid vir die laaste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem het, het sestien Springboksportsterre in vyf sportsoorte goue medaljes gewen. Sedert Suid-Afrika se hertoelating in 1992 het etlike verdere goue medaljes gevolg

SportLandGoue MedaljeSpele en plek
AtletiekVlag van Verenigde KoninkrykSuid-AfrikaReginald WalkerOlimpiese Somerspele 1908Londen,Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaKenneth McArthurOlimpiese Somerspele 1912Stockholm,Swede
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaBevil RuddOlimpiese Somerspele 1920Antwerpen,België
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaSyd AtkinsonOlimpiese Somerspele 1928Amsterdam,Nederland
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaEsther BrandOlimpiese Somerspele 1952Helsinki,Finland
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaWayde van NiekerkOlimpiese Somerspele 2016Rio de Janeiro,Brasilië
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaCaster SemenyaOlimpiese Somerspele 2016Rio de Janeiro,Brasilië
BoksVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaClarence WalkerOlimpiese Somerspele 1920Antwerpen,België
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaWillie SmithOlimpiese Somerspele 1924Parys,Frankryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaLaurie StevensOlimpiese Somerspele 1932Los Angeles,Verenigde State
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaDave CarstensOlimpiese Somerspele 1932Los Angeles,Verenigde State
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaGerald DreyerOlimpiese Somerspele 1948Londen,Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaGeorge HunterOlimpiese Somerspele 1948Londen,Verenigde Koninkryk
FietsryVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaRudolph LewisOlimpiese Somerspele 1912Stockholm,Swede
RoeiVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaMatthew Brittain,Sizwe Ndlovu,John Smith enJames ThompsonOlimpiese Somerspele 2012Londen,Verenigde Koninkryk
SwemVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaJoan HarrisonOlimpiese Somerspele 1952Helsinki,Finland
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaPenny HeynsOlimpiese Somerspele 1996Atlanta,Verenigde State
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaRyk Neethling,Roland Schoeman,Lyndon Ferns enDarian TownsendOlimpiese Somerspele 2004Athene,Griekeland
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaCameron van der BurghOlimpiese Somerspele 2012Londen,Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaChad le ClosOlimpiese Somerspele 2012Londen,Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaTatjana SchoenmakerOlimpiese Somerspele 2020Tokio,Japan
TennisVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaCharles WinslowOlimpiese Somerspele 1912Stockholm,Swede
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaH. A. KitsonOlimpiese Somerspele 1912Stockholm,Swede
Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaLouis RaymondOlimpiese Somerspele 1920Antwerpen,België

Olimpiese roem

[wysig |wysig bron]

Reggie Walker het Suid-Afrika se Olimpiese deelname op 'n glorieryke manier ingewy deur die 100 m te wen. Dit was 'n nuwe Olimpiese rekord toe hy die wenpaal na 10,8 s bereik het. Vir die eerste keer is die belangrike Olimpiese naelloop deur 'n atleet van buite dieVerenigde State van Amerika gewen. Ook was dit die eerste keer dat 'n Olimpiese goue medalje teen 'n Springbokwapen gepryk het.

Kenneth McArthur het ook 'n nuwe Olimpiese rekord in diemaraton opgestel. Die konstabel vanKrugersdorp het die goue medalje voor sy spanmaat Christopher Gitsham, 'n mynwerker vanGermiston ingepalm. Dit was 'n trotse dag vir Suid-Afrika met 1ste en 2de plek in die item.

Bevil Rudd het by die Olimpiese Somerspele van 1920 in Antwerpen drie medaljes verwerf. Sy uitsonderlike driekuns het goud in die 400 m naelloop, silwer in die 4 x 400m-aflos en ' n brons in die 800 m ingesluit.

Esther Brand se Olimpiese oorwinning is een van die grootste vertonings ooit deur 'n Suid-Afrikaanse sportvrou. Sy het Suid-Afrika se goue medalje-verhaal op 'n hoë noot afgesluit voor wêreldpolitiek die land se deelname beperk het aan die Olimpiese Spele van 1964 tot 1988. Daar was nie 'n goue medalje wenner in 1960 in Rome, by Suid-Afrika se laaste Olimpiese deelname tot 1992 nie.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Lappe Laubscher (23 Augustus 2017)."South Africa and the Olympic Games". South African History Online. Besoek op11 Februarie 2019.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suid-Afrika_by_die_Olimpiese_Spele&oldid=2717257"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp