'nSubspesie is in diebiologiese sistematiek die taksonomiese rang net onderspesie. In plantkunde word subspesies verder verdeel in variëteite en vorms terwyl dit in dierkunde enbakteriologie die laagste rang is. Dit stel taksonomiese 'n sekondêre kategorie wat slegs gebruik word indien nodig. Dit kan beskou word as die versameling fenotipies van soortgelyke bevolkings van 'n spesie, wat 'n geografiese deelgebied van die verspreidingsgebied van die spesie bewoon, en dit taksonomies van ander bevolkings in die spesie onderskei.[1]
'n Subspesie van 'n dier wat dieselfde naam het as die spesie, word dienominaat ofnominaatsubspesie genoem. Die nominaat is herkenbaar aan die herhaling van die spesienaam. So isColoeus monedula monedula die nominaatsubspesie van diekerkkraai (Coloeus monedula).
Soos alle nie-spesie taksa (genus,filum,ryk ens.) is subspesies nie objektief definieerbaar nie en berus dit op konvensie. Die term verskil fundamenteel van spesie en daar is geen kriterium vir die kategorie subspesie wat nie kunsmatig is nie.
1793 skets van 'n kwagga hings in Lodewyk XVI se menagerie byVersailles.Vlakte Sebra voorbeeld: Grant's Zebra (E. quagga boehmi)Grevy se Sebra,Equus grevyi in die Leipzigse Dieretuin
Die verskil tussen spesie en subspesie kan geïllustreer word deur die verskillendeSebraspesies en subspesies te beskou:
Drie Sebraspesies word onderskei, naamlik die Vlakte Sebra, die Bergsebra en Grevy se Sebra. Die Vlakte Sebra word verder onderverdeel in ses subspesies, en die Bergsebra in twee subspesies. Vroeër is gemeen dat die uitgestorwe Kwagga 'n afsonderlike spesie is,Equus quagga. Die kwagga is die eerste uitgestorwe "spesie" waarvan dieDNS bestudeer is. Genetiese navorsing by die Smithsonian Instituut het daarop gedui dat dit nie 'n afsonderlike spesie is nie maar 'n subspesie wat tussen 120 000 en 290 000 van die vlakte sebra geskei het. Grevy se Sebra en die Bergkwaggas is egter wel ander spesies en nie blote subspesies nie.
↑Duits:„Eine Subspezies ist die Zusammenfassung phänotypisch ähnlicher Populationen einer Art, die ein geographisches Teilgebiet des Areals der Art bewohnen und sich taxonomisch von anderen Populationen der Art unterscheiden.“, in Ernst Mayr:Die Entwicklung der biologischen Gedankenwelt, S. 232; Ernst Mayr:Grundlagen der zoologischen Systematik., S. 45