Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Stromatoliet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Moderne stromatoliete in Shark Bay,Wes-Australië.

Stromatoliete (van dieGriekse στρῶμαstrōma, "laag, stratum", en λίθοςlithos, "rots") is ’n vorm vanafsettingsgesteente in vlak water wat baie kalk bevat. Dit ontstaan deurdatsianobakterieësediment opvang en vaskeer. Dit vorm laag op laag, soortgelyk aan die manier waaropkoraalriwwe ontstaan.

Stromatoliete behoort tot die oudstefossiele en kom van omstreeks 3,5 miljard jaar gelede voor. In diePrekambrium is hulle nog baie aangetref. Hulle was veral volop in dieMesoproterosoïkum en het in dieNeoproterosoïkum afgeneem.

Tans word hulle nog net in ’n paar spesiale omgewings aangetref, veral waar die water baie sout of alkalies is. Dit is omdat ’n stromatoliet vinniger deurdiere vernietig word as wat dit kan aangroei. ’n Bekende plek waar dit nog voorkom, is in Shark Bay inWes-Australië.

In Suid-Afrika kom stromatolietfossiele onder meer in dieSudwalagrotte inMpumalanga voor, waar mooi voorbeelde binne en buite die grotte gesien kan word.

Nog ouer

[wysig |wysig bron]

In 2016 is opGroenland fossiele stromatoliete ontdek met ’n oënskynlike rekordouderdom van 3,7 miljard jaar. Dit het die datum waaroplewe vermoedelik opaarde verskyn het, met 200 miljoen jaar teruggeskuif.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "NBC news 31 Augustus 2016" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2019.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Stromatoliet&oldid=2215414"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp