Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Stratosfeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die lae van die Aarde se atmosfeer.

Diestratosfeer is die laag in dieaarde seatmosfeer (of dampkring) tussen dietroposfeer en diemesosfeer. Die lae word geskei deur dietropopouse en diestratopouse, respektiewelik.

By dieewenaar begin die stratosfeer op ongeveer 17km bo die aardoppervlak (seevlak) en by die pole op ongeveer 10km. Op 'n hoogte van 50km gaan die stratosfeer oor na die mesosfeer.

Die begin van hierdie laag word - in teenstelling met die onderliggende troposfeer - gekenmerk deur 'ntemperatuur wat toeneem soos die hoogte toeneem. Waar die stratosfeer oorgaan na die mesosfeer, neem die temperatuur weer af. Dit is ongeveer -50 °C by die laagste punt van die stratosfeer en tussen 0 en 30°C by die hoogste punt.

Die troposfeer en stratosfeer se samestellings verskil aansienlik. Die stratosfeer bevat meerosoon ('n vorm vansuurstof) en minder waterdamp enKoolstofdioksiede as die troposfeer.

Bo in die stratosfeer vind mens 'n hoër konsentrasie osoon en dus word die gebied dan ook dieosoonlaag genoem. Die toename van die temperatuur in die stratosfeer is as gevolg van die absorbering van dieultraviolet lig van dieson. Die hoeveelheid straling wat deurdring verminder soos mens nader aan die aardoppervlak beweeg. Gekombineerd met die groter digtheid van die atmosfeer, skep dit 'n temperatuurdaling.

Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Stratosfeer&oldid=2117072"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp