Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Strabo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Strabo
Strabo, soos uitgebeeld in ’n gravure uit die 16de eeu
Gebore64/63 v.C.
Amaseia, Pontus (tans Amasya,Turkye)
Sterf24 n.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
Beroepgeograaf, filosoof, historikus
Bekend virGeographica
Historica hypomnemata
’n Kaart van die wêreld volgens Strabo.

Strabo (Grieks: Στράβων,Strabōn; 64/63 v.C. – omstreeks 24 n.C.), was ’nAntieke Grieksegeograaf,filosoof engeskiedkundige.

Hy is veral bekend vir sy werk van 17 volumesGeographica, wat die geskiedenis, mense en plekke beskryf van die verskillende streke wat in sy tyd bekend was.[1] Hoewel dit selde in sy tyd gebruik is, was daar talle kopieë regdeur dieBisantynse Ryk. Dit het omstreeks 1469 inRome die eerste keer inWes-Europa verskyn as ’nLatynse vertaling. Die eerste Griekse vertaling het in 1516 inVenesië verskyn.[2] DieGeographica is ’n waardevolle bron van inligting oor die Antieke wêreld, veral as dit saam met ander bronne gebruik word.

Dit is nie bekend presies wanneer die werk geskryf is nie, maar die geskatte datum is tussen 7 en 18 n.C. Die laaste deel waaraan ’n datum gekoppel kan word, is sy verwysing na die dood in 23 n.C. van Juba II, koning van Mauretanië, wat volgens hom "net onlangs dood is".[1]

Strabo se eerste groot werk,Historiese Sketse (Historica hypomnemata), wat geskryf is terwyl hy in Rome was (omstreeks 20 v.C.), het feitlik heeltemal verlore gegaan. Dit het die geskiedenis van die bekende wêreld gedek van die oorname van Griekeland deur die Romeine. Strabo haal self daaruit aan en ander Klassieke skrywers noem dit ook, maar die enigste oorblywende deel daarvan is ’n stukkiepapirus wat nou in die besit van die Universiteit vanMilaan is.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Strabonis Geographica, Boek 17, Hoofstuk 7.
  2. Geographie, Band 1, Strabo, S.17, Strabo, Karl Kärcher, Gottlieb Lukas Friedrich Tafel, Christian Nathanael Osiander, Gustav Schwab, Verlag Metzler, 1831.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Strabo&oldid=2813566"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp