Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Stoigiometrie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Stoichiometrie is naas die leer van die chemiese verwantskap 'n hoofonderwerp van die algemene chemie.[1]

Dit is 'n belangrike begrip in diechemie wat aandui dat in die meeste molekulêre en ionogene chemiese verbindings die aantalle atome wat tot verskillende elemente behoort in 'n vaste verhouding voorkom. Reaksiestoigiometrie, so genoem om dit van komposisiestoigiometrie te onderskei, is die studie van die berekening van meetbare verhoudings waarinreagerende stowwe in gebalanseerdechemiese reaksies deelneem.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Stoigiometrie is van dieGriekse woordeστοιχειον (stoikheion,element) enμετρον (metron, mate) afgelei. In patristiese Grieks is die woordStoigiometria deur die Patriarg Nikeforus I vanKonstantinopel gebruik om te verwys na die lyntellings van dieBybelse kanonieke boeke van dieNuwe Testament en sommige van dieApokriewe boeke.[2] Huden Stoigiofaukrius (Θεος του Μετρο) het die mates gelees en bepalings gemaak oor die konsepte van die era.

Definisie

[wysig |wysig bron]
Lavoisier

Lavoisier het reeds daarop gewys dat in 'n chemiese reaksie die totale massa van die reaktante en reaksieprodukte gelyk sal bly. Dit word wel Lavoisier se wet genoem. Stoigiometrie berus op hierdie wet van behoud van massa, saam met die wet van konstante proporsies (d.i. die wet van konstante komposisie wat ook as Proust se wet bekend is) en die wet van meervoudige proporsies (Dalton s'n).[1]

In die algemeen verbind chemiese reaksies in konstante verhoudings van chemikalieë. Chemiese reaksies is nie in staat om materie te skep of te vernietig, of om een element na 'n ander te transmuteer, nie. Derhalwe moet die aantal atome van elke element in die reaksie konstant wees. Indien daar byvoorbeeld 'n aantal van element X aan die reaksiekant van die chemiese vergelyking staan, moet daar presies soveel van element X aan die produkkant van die chemiese reaksie wees.

'n Goeie voorbeeld van komposisiestoigiometrie is die verbindingwater, wat 'n molekulêre struktuur het. Elke molekule bestaan uit presies twee waterstofatome en net een suurstofatoom. In 'n glas water is daar dus altyd tweemaal soveel waterstofatome as suurstofatome. In 'n kamer met mense is daar gewoonlik ook tweemaal soveel ore of oë as wat daar neuse gevind kan word.

'n Watermolekule, maar ook die stof water word daarom simbolies asH2O geskryf.

Daar bestaan egter ook stowwe, die sogenoemdebertolliede (veral vastestowwe wat metaalbindings vertoon), waar die verhouding nie vas is nie. Vir hierdie klassenie-stoigiometriese verbindings is dit beter om te praat van 'fase' pleks van 'suiwer stof'.

Al die gasse is egter stoichiometries en histories is dit ook dié stowwe waarmee die stoichiometrieleer ontwikkel is.

Stoigiometrie word gereeld gebruik om chemiese vergelykings te balanseer. Die tweediatomiese gassewaterstof ensuurstof kan byvoorbeeld in 'neksotermiese reaksie verbind om 'n vloeistofwater te vorm, soos deur die volgende vergelyking voorgestel:

2H2+O22H2O{\displaystyle 2H_{2}+O_{2}\rightarrow 2H_{2}O\,}

Die term stoigiometrie word ook gereeld gebruik vir diemolêre proporsies van elemente in stoigiometriese verbindings. Die stiogiometrie van byvoorbeeld waterstof en suurstof inH2O{\displaystyle H_{2}O} is 2:1. In stoigiometriese verbindings is die molêre proporsies altydheelgetalle (dis waaroor die wet van konstante proporsies gaan).

Stoigiometriese berekeninge word nie net gebruik om chemiese vergelykings te balanseer nie, maar ook in oorskakelings, bv. in die oorskakeling vangram namol, of van gram namilliliter. Om byvoorbeeld die aantal mol in 2,00 gNaCl te vind, gaan 'n mens soos volg te werke:

2,00 g NaCl58,44 g NaCl mol1=0,034 mol{\displaystyle {\frac {2{,}00{\mbox{ g NaCl}}}{58{,}44{\mbox{ g NaCl mol}}^{-1}}}=0{,}034\ mol}

In die bogenoemde voorbeeld, indien dit in breakvorm uitgeskryf word, vorm die eenhede gram 'n vermenigvuldigende identiteit, wat gelyk is aan een (g/g = 1), met die gevolglike aantal mol (die eenheid wat gevind moet word), wat in die volgende vergelyking gewys word:

(2,00 g NaCl1)(1 mol NaCl58,44 g NaCl)=0,034 mol{\displaystyle \left({\frac {2{,}00{\mbox{ g NaCl}}}{1}}\right)\left({\frac {1{\mbox{ mol NaCl}}}{58{,}44{\mbox{ g NaCl}}}}\right)=0{,}034\ mol}

Stoigiometriese berekeninge is ook nuttig om die regte aantalreagense te vind om in 'nchemiese reaksie te gebruik. 'n Voorbeeld word hieronder gelys deur gebruik te maak van diethermietreaksie:

Fe2O3+2AlAl2O3+2Fe{\displaystyle Fe_{2}O_{3}+2Al\rightarrow Al_{2}O_{3}+2Fe}

Dus, om geheel met 85,0 gram yster(III)oksied te reageer, word 28,7 galuminium benodig.

mAl=(85,0 g Fe2O31)(1mol mol Fe2O3159,7 g Fe2O3)(2 mol Al1 mol Fe2O3)(27,0 g Al1 mol Al)=28,7 g Al{\displaystyle mAl=\left({\frac {85{,}0{\mbox{ g }}Fe_{2}O_{3}}{1}}\right)\left({\frac {1mol{\mbox{ mol }}Fe_{2}O_{3}}{159{,}7{\mbox{ g }}Fe_{2}O_{3}}}\right)\left({\frac {2{\mbox{ mol }}Al}{1{\mbox{ mol }}Fe_{2}O_{3}}}\right)\left({\frac {27{,}0{\mbox{ g }}Al}{1{\mbox{ mol }}Al}}\right)=28{,}7{\mbox{ g }}Al}

Analitiese chemie

[wysig |wysig bron]

Stoigiometrie speel 'n groot rol in sommige analitiese ontledingsmetodes, soos intermogravimetrie of bytitrasies.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • David R. Klein (2005).General Chemistry I as a Second Language: Mastering the Fundamental Skills. John Wiley & Sons.ISBN 9780471716624.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  • Ralph H. Petrucci, F. Geoffrey Herring, Jeffry D. Madura, Carey Bissonnette (2023).Petrucci's General Chemistry: Modern Principles and Applications. Pearson Education Limited.ISBN 9781292726137.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  • Kaplan (2015).Kaplan MCAT General Chemistry Review. Simon and Schuster.ISBN 9781506202952.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1J. Kramers (1908).Leerboek der algemeene scheikunde.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. "Stichometry of Nicephorus". NT Canon.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Stoigiometrie&oldid=2628601"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp