'nStingelui,groenui ofsprietui is 'n groente van diegenusAllium wat gewoonlik 'n sagter smaak as die meesteuisoorte het en verwant is aanknoffel,salot,preie engrasuie.[1]
Hoewel die bolle van baieallium-spesies as kos gebruik word, is die kenmerkende eienskap van stingeluie dat hulle nie ten volle ontwikkelde bolle het nie. Die groen, hol blare wat regstreeks uit die bol groei, word eerder gebruik. Dié blare word as 'ngroente gebruik en kan rou of gekook geëet word. Die blare word gewoonlik opgekap om in geregte te gebruik of word as garnering gebruik.[2]