’nSterwind is ’n stroom neutrale of gelaaidegas wat van die boonsteatmosfeer van ’nster weggedryf word. Verskillendetipes sterre het verskillende soorte sterwinde. Sterre wat uit diehoofreeks beweeg het en die einde van hul leeftyd bereik, verloor dikwels groot dele van hul massa in swaar (> 10-3sonmassas per jaar), stadige (v = 10 km/s-1) winde. Hulle sluit inrooireuse en rooisuperreuse. Dié winde word waarskynlik aangedryf deur stralingsdruk opstof wat in die boonste atmosfeer van die ster saampak.
Swaar sterre vanKlas O enB het sterwinde met ’n laer tempo van massaverlies (< 10-6 sonmassas per jaar), maar baie hoë snelhede (v > 1-2 000 km/s-1). Sulke winde word aangedryf deur stralingsdruk op die resonansie-absorpsielyne van swaar elemente sooskoolstof enstikstof.[1]
Klas G-sterre soos dieSon het ’n wind wat deur hul warm, gemagnetiseerde korona aangedryf word. Die Son se wind word diesonwind genoem. Dié winde bestaan meestal uit hoë-energie-elektrone en –protone (sowat 1keV) wat uit die ster se swaartekrag ontsnap vanweë die hoë temperatuur van die korona.
Die sterwind van hoofreekssterre beïnvloed nie dieevolusie van sterre met ’n laer massa soos die Son sterk nie. Maar swaarder sterre, soos Klas O-sterre, kan tot 50% van hul massa verloor terwyl hulle in die hoofreeks is; dit het dus ’n groot invloed op die later fases van evolusie. Die invloed kan selfs by sterre van ’n gemiddelde massa gesien word. Hulle wordwitdwerge aan die einde van hul leeftyd eerder as dat hulle ontplof assupernovas bloot omdat hulle genoeg massa in hul winde verloor.
Hierdie artikel is vertaal uit dieEngelse Wikipedia
Soorte sterre en sterregroepe |
---|
Sterre | | |
---|
Sterregroepe | |
---|
Verwante voorwerpe | |
---|