Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Stephen King

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stephen King
Stephen King in Februarie 2007
Gebore
Stephen Edwin King

21 September 1947 (1947-09-21) (77 jaar oud)
Portland,Maine
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRoman-, kortverhaal-, draaiboek-, rubriekskrywer, akteur, regisseur, televisievervaardiger
Bekend virCarrie,The Shining,The Stand,Misery,It,The Dark Tower,Under the Dome,Rita Hayworth and Shawshank Redemption
EggenootTabitha King (1971-hede)
KindersNaomi King
Joe King
Owen King
Webwerfwww.stephenking.com
Handtekening

Stephen Edwin King (gebore 21 September1947) is 'nAmerikaanseskrywer mees bekend vir sy uiters gewilderomans.

Dieprotagonis in King se verhale is dikwels 'n doodgewone mens uit die middelklas, 'n kind of 'n skrywer. Met die verloop van die verhaal beweeg die persoon van sy of haar alledaagse lewe al dieper in bonatuurlike en buitengewone omstandighede in.

Biografie

[wysig |wysig bron]
Richard Bachman se skrywersfoto. Die fotograaf is Claudia y Inez Bachman, ook 'n fiktiewe persoon

Stephen King is in 1947 inPortland, Maine gebore, vanuit 'n Skots-Ierse agtergrond. Sy pa loop weg toe King twee jaar oud is, en sy ma, Ruth Pillsbury King, maak hom en sy aangenome ouer broer David alleen groot. Hulle kry finansieel swaar. King word groot inDurham,Maine, Ruth se tuisdorp, maar hulle is ook vir kort periodes in Fort Wayne,Indiana enStratford,Connecticut.

King skryf stories vandat hy klein is. Op dertien ontdek hy 'n klomp van sy pa se ou boeke in sy tante se huis, veral van die gruwelfiksie- enwetenskapsfiksiegenre. Hy is onmiddellik versot daarop.

Hy behaal 'nB.A.-graad inEngels aan die Universiteit van Maine in1971, en trou ook dieselfde jaar met Tabitha Spruce. Hy gee Engels by die Hampden-Akademie, 'n hoërskool in Hampden,Maine. Hulle woon in 'n woonwa gedurende dié jare en King raak afhanklik aanalkohol. Hy oorwin dié en ander afhankliksheidsprobleme in die vroeë 1980's. Hy begin heelwat romans, maar hulle word óf nie voltooi nie, óf nie aanvaar vir publikasie nie. Een daarvan gooi hy in die snippermandjie. Tabitha haal dit weer uit en moedig hom aan om dit te voltooi. Dié roman,Carrie, word uiteindelik sy eerste gepubliseerde roman. Teen 2006 het hy 60 romans geskryf. Ses daarvan is onder die skuilnaam Richard Bachman, om te toets of sy vroeë ongepubliseerde romans sonder sy naam gekoppel daaraan kan verkoop.

In 1999 word hy ernstig beseer as voetganger toe 'n motorvoertuig hom tref. Sy beserings verminder sy stamina en hy kondig in 2002 aan dat hy gaan ophou skryf. Hy het egter weer van besluit verander en sy nuutste roman word in Oktober 2006 verwag.

Hy beskou sy meesterwerk as dieThe Dark Tower, 'n reeks van sewe boeke. Omtrent al sy ander werk is intertekstueel verwant aan hierdie reeks.

Skryfstyl

[wysig |wysig bron]

King glo dat goeie stories nie bewustelik opgeroep en vooraf uitgekaart kan word nie. Dit is beter, dink hy, om op 'n "saadjie" te fokus en die storie vanself vandaar af te laat vloei. Hy begin verhale gereeld sonder om te weet hoe dit gaan eindig. Hy is bekend vir sy goeie oog vir detail, vir goeie kontinuïteit en vir die voorgemelde digte intertekstuele styl van al sy werk. Hy verwys baie na Amerikaanse geskiedenis en kultuur. Teenoor sy donker gruwelinhoud staan sy informele volksvertellerstyl in sterk kontras.

Hy het twee eenvoudige gedagtes oor die aanleer van goeie skryfvermoë en oor die bepaling of 'n skrywer talent het:

  • Lees vier uur lank elke dag en skryf vier uur lank elke dag. As 'n mens nie die tyd daarvoor kry nie, kan 'n mens nie verwag om 'n goeie skrywer te kan word nie.
  • As jy iets geskryf het en iemand het vir jou 'n tjek daarvoor gestuur, as jy die tjek gaan wissel het en dit het nie gehop nie, en as jy jou kragrekening dan met die geld betaal het, beskou ek jou as talentvol.

Familie

[wysig |wysig bron]
Stephen King by die 2024 Toronto Internasionale Filmfees

Stephen King woon inBangor, Maine met sy vrou. Sy is ook 'n romanskrywer. Hulle het drie volwasse kinders: Naomi Rachel, Joe Hill en Owen Phillip.

Ander skrywers

[wysig |wysig bron]

Invloed op King

[wysig |wysig bron]
  • H.P. Lovecraft, vir dié skrywer se eienaardige, antieke gode; subtiele verbintenis tussen al sy werk; en die integrasie van koerantuitknipsels, verhoortranskripsies en dokumente as verhaaltegnieke. King kritiseer hom egter vir sy openlike rassisme en antisosiale beskouings.
  • Edgar Allan Poe, vir baie parallelle frases en verhaalontwikkelings; asook vir die tema van die dubbelganger.
  • Shirley Jackson.
  • John D. MacDonald.

Beïnvloed deur King

[wysig |wysig bron]
  • Dean Koontz
  • Bentley Little

Samewerkings

[wysig |wysig bron]
  • Peter Straub, met twee romans,The Talisman, en dié se opvolgBlack House.
  • Stewart O'Nan, met 'n non-fiksiewerk,Faithful, oor bofbal.

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
Hoofartikel:Lys van Stephen King-boeke.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metStephen King.
Wikiquote het aanhalings in verband metStephen King
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Stephen_King&oldid=2738289"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp