’nStele (meervoudsteles, van dieGriekse στήλη,stēlē) is die argeologiese term vir ’n stuk steen of hout wat as ’nmonument opgerig word, dikwels vir begrafnis- of gedenkingsdoeleindes. Hulle bevat dikwels teks en versierings, en is uitgekerf of geverf. Westerse grafstene is tradisioneel steles, maar word selde so beskryf.