Klassieke steak tartareSteak tartare in die Franse Kwartier vanSan Francisco
Steak tartare ofBiefstuk tartare is 'nvleisgereg wat van rou beesmaalvleis gemaak word[1][2] en in sommige dele van die wêreld ook vanperdevleis.[3] Dit word gewoonlik bedien saam metuie,kappertjiesade, swartpeper enworcestersous, wat dikwels apart bedien word sodat dit bygevoeg kan word na smaak. Dit word dikwels bedien met rou eiergeel bo-op die dis.
Die benamingtartare word somtyds gebruik om te verwys na ander rou vleis- of visgeregte.
'n Minder algemene weergawe inFrankryk istartare aller-retour.
In 'n gewilde karikatuur van Mongoolse krygers - genaamd Tatare of Tartare - word hulle vleis onder die saals saggemaak en dan rou geëet. Hierdie verhaal is in die13de eeu deur Jean de Joinville gepopulariseer.[4] Maar Joinville het egter nooit selfMongole teëgekom nie, en het hierdie staaltjie gebruik as 'n manier om aan te toon dat die Mongole onbeskaafd was.[5] Dit is moontlik dat die staaltjie 'n verdraaiing was van die gewoonte om dun gesnyde skywe vleis te gebruik om te verhoed dat seerplekke wat opgedoen is in die saal verder ontsteek.[6]
Popularisasie van rou vleis in Europa en die Verenigde State
Aan die einde van die 19de eeu het die Hamburg-steak in verskeierestaurante in die hawe van New York gewild geword. Hierdie soort filet is gemaak van handgemaalde beesvleis wat liggies gesout (en dikwels gerook) en gewoonlik rou bedien is saam met uie en broodkrummels.[7][8] Hamburg-biefstuk het gewild geword vanweë die maklike voorbereiding daarvan en die lae koste daaraan verbonde. Laasgenoemde blyk uit gedetailleerde beskrywings in sommige van die gewildste kookboeke van die dag.[9] Dokumente toon dat hierdie voorbereidingstyl teen 1887 in sommige Amerikaanse restaurante gebruik is, en ook gebruik is vir die voer van pasiënte in hospitale. Die Hamburg-biefstuk is rou of effens gebraai voorgesit, vergesel van 'n roueier.[10]
Dit is nie bekend wanneer die eerste restaurantresep vir biefstuk-tartaar verskyn het nie.[11] Dit is moontlik dat die gereg gewild gemaak is in Parys deur restaurateurs watJules Verne se beskrywing van "Koulbat" in sy roman uit 1875, getiteldMichael Strogoff, verkeerd verstaan het.[12]
In die vroeë twintigste eeu is dit wat tans algemeen bekend staan as "steak tartare" of "biefstuk tartare" in Europa steack à l'Americaine genoem. Een variasie op die gereg was om dit saam met tartarsous voor te sit; die 1921-uitgawe van Auguste Escoffier seLe Guide Culinaire definieer "Steack à la tartare" assteack à l'Americaine, gemaak sonder eiergeel, en voorgesit met tartarsous. "Steack à la tartare" (letterlik: "bedien met tartarsous") is later verkort na "steak tartare"[13][14] Met verloop van tyd het die onderskeid tussensteack à l'Americaine en die tartarsous-variant verdwyn. Die 1938 uitgawe vanLarousse Gastronomique beskryf steak tartare as rou maalvleis bedien met 'n rou eiergeel, sonder enige sprake van tartarsous.
"À la tartare" of eenvoudig "tartare" kan egter steeds "bedien met tartarsous" beteken in sommige disse, meestal gebraaide vis.[15] Terselfdertyd word die naam "tartare" soms ook toegepas op ander geregte, soos rou vleissnitte of rou vis, bv.tunatartare, wat in 1975 bekendgestel is deur die restaurantLe Duc in Parys.[16]
Kwessies betreffende gesondheid en die higiëne van die gereg het die gewildheid daarvan in sommige wêrelddele beïnvloed vanweë die risiko van besmetting deurbakterie en parasiete[17] bv.Toxoplasma gondii enTaenia saginata.
Toxoplasma gondii is 'nparasiet wat gevind mag word in rou vleis of vleis wat onvoldoende gekook is.[19] 'n Multisentrumstudie het onvoldoende gekookte of onvoldoende gedroogde vleis geïdentifiseerd as die hoofrisiko's vir toksoplasma infeksie in al die sentrums.[20] As gevolg van die risiko van kongenitale toksoplasmose in die fetus word verwagtende vroue afgeraai om rou vleis te eet.[21] Latente toksoplasmose in volwassenes is in sommige studies geassosieer met (dit is egter nie bewys as oorsaak nie) sielkundige effekte[22] en laer IK[23].
Taenia saginata (lintwurm in beeste) kan ook opgedoen word via die inname van ondergekookte beesvleis. Die lintwurm word oorgedra aan mense via aansteeklike larwesiste wat by beeste voorkom. Mense met taeniasis kan onbewus wees daarvan dat hulle 'n lintwurminfeksie het as gevolg van milde, of niebestaande, simptome.
Filet américain, ofpréparé word op brood geëet inNederland enBelgië
Biefstuk-tartaar kom wydverspreid in Europa voor.
Die Belgiese weergawe,filet américain (ook bekend as préparé), word gewoonlik metmayonnaise gemaak en bedien metkappertjies en varskruie. Dit is voorheen van perdevleis gemaak. Dit word gewoonlik saam metpatats bedien.[24]
InTsjeggië enSlowakye word steak-tartaar ("tatarský biftek") in baie restaurante aangetref. Dit word van gemaalde lendeskyf gemaak, met 'n rou eiergeel in 'n kuiltjie in die middel. Die vleis kan vooraf gemeng word met kruie en speserye, maar die klant word van speserye voorsien wat hy of sy na smaak kan byvoeg. Biefstuk-tartaar word gewoonlik metroosterbrood en rou knoffelhuisies bedien wat op die brood gevryf word.
InPole staan biefstuk-tartaar bekend as "tatar" of "befsztyk tatarski" en word tradisioneel voorgesit as voorgereg met uie, ingelegde sampioene, eiergeel, speserye en ander bestanddele, met 'n opsie van gis-ekstrak of koljander.
'n Variant van biefstuk-tartaar is ook deel van dieDeense "smørrebrød" waar dit op rogbrood bedien word.
InSwede word steak-tartaar, bekend asråbiff, gewoonlik bedien met rou eiergeel, rou uie, ingelegde beet en kappertjies. InFinland wordtartarpihvi bedien met rou eiergeel, rou uie, ingelegde en gesoute komkommers en kappertjies. Die (Europese)Russiese weergawe kan gepekelde en gesoute sampioene en geroosterde witbrood insluit.
Steak tartare word in verskeie restaurante in die Verenigde State bedien.[25]
InWisconsin is 'n steak tartare toebroodjie (genoem 'n "cannibal sandwich") gewild onder die afstammelinge van Duitse immigrante; dit word gemaak van lendebiefstuk, rogbrood, sout, peper en gekapte uie.[26][27]
InChile word 'n gereg van voorbereide beesvleis voorgesit wat ascrudos bekend staan.
In die suide vanBrasilië waar Duitse immigrante 'n invloed uitgeoefen het staan dit bekend asHackepeter, of asCarne de Onça inCuritiba, waar die gereg algemeen voorkom en voorgesit word metsprietuie.[28]
↑Nataša Polgar, "Joinville: A Hagiographic Story about Oneself and About the Other",Narodna umjetnost: hrvatski časopis za etnologiju i folkloristiku45:1:21-41 (2008), p. 31, 39
↑Fitzgibbon, Theodora (Januarie 1976).The Food of the Western World: An Encyclopedia of Food from North America and Europe (1st uitg.). London: Random House Inc.ISBN978-0-8129-0427-7.
↑Murrey, Thomas Jefferson (1887)."Eating Before Sleeping"(PDF).Cookery for Invalids (1st uitg.). New York City: White Stokes & Allen. pp. 30–33. Besoek op24 Desember 2013.
↑Albert Jack,What Caesar Did for My Salad: Not to Mention the Earl's Sandwich, Pavlova's Meringue and Other Curious Stories Behind Our Favourite Food, 2010,ISBN 1-84614-254-7, p. 141at Google Books
↑Prosper Montagné, Charlotte Snyder Turgeon,The new Larousse gastronomique: the encyclopedia of food, wine & cookery, 1977, p. 334
↑Gael Greene, "Le Colisee Thrown to the Lions",New York (magazine) November 3, 1975,p. 101
↑"Archived copy"(PDF).Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2011. Besoek op15 November 2011.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
↑Flegr, J.; Preiss, M.; Klose, J.; Havlícek, J.; Vitáková, M.; Kodym, P. (2003). "Decreased level of psychobiological factor novelty seeking and lower intelligence in men latently infected with the protozoan parasite Toxoplasma gondii Dopamine, a missing link between schizophrenia and toxoplasmosis?".Biological Psychology.63 (3): 253–268.doi:10.1016/S0301-0511(03)00075-9.PMID12853170.S2CID18434783.
↑ Jacques Mercier, Au coeur des mots: Les rubriques de Monsieur Dico, p. 216
Albert Jack,What Caesar Did for My Salad: Not to Mention the Earl's Sandwich, Pavlova's Meringue and Other Curious Stories Behind Our Favourite Food, 2010,ISBN 1-84614-254-7, p. 141by Google Books