'nStaatshoof is 'npersoon wat die hoogstegesag van 'nland beliggaam of verteenwoordig. Die funksies van die staatshoof verskil van land tot land. So kan 'n staatshoof absolute magte hê, of slegs seremoniële take verrig.
Inmonargieë word die staatshoof oor die algemeen deur oorerflike troonopvolging bepaal. Hierdie staatshoofde kan verskillende titels dra, soos koning, keiser of prins. Sommige monargieë soosMaleisië het 'n verkose monarg wat elke 5 jaar uit die sultans van die deelstate verkies word.
Inrepublieke word die staatshoof oor die algemeen verkies, óf direk deur die kiesers, óf deur volksverteenwoordiging. Die titel van so 'n staatshoof is meestalpresident of staatspresident.