Diespringbok (Antidorcas marsupialis) is 'n klein, bruin-en-witwildsbok wat in die westelike dele vanSuider-Afrika aangetref word.
Volwasse springbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75cm. Springbokramme weeg 33–56kg, terwyl ooie 'n gewig van 25–40kg kan bereik. Die ram het horings wat tot 48cm lank kan wees. Springbokke bereik 'n spoed van 80–90km/h, terwyl hul naam op hul springvermoë dui: hulle kan 3,5m hoog en tot 15m ver spring.
Springbokke kom voor in die droë binnelandse gebiede van Suider-Afrika en was eens op 'n tyd volop hier. Weens die jag op hulle en die menslike besetting van hul woongebied is daar egter vandag aansienlik minder oor.
Die ooi is tussen 5,5 en 6 maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie gewoonlik in November gebore word. Springbokke het 'n moontlike lewensduur van tien jaar.
(af)Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika.ISBN 0-86953-027-5.