Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Speyer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Speyer
Die "Altstadt" von Speyer

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 DeelstaatRynland-Palts
 Koördinate49°19′N8°26′O / 49.317°N 8.433°O /49.317; 8.433
 Stigting150 n.C.(Noviomagus)
 Stadstatus1230
 Oppervlakte: 
 - Totaal42,58vk km
 Hoogte bo seevlak103 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2010)49 857
 - Bevolkingsdigtheid1 171/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 -SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterHansjörg Eger (CDU)
 Amptelike webwerfspeyer.de

Speyer is 'n kultureel en histories belangrike stad aan dieBo-Ryn. Dit is een van die oudste nedersettings inDuitsland wat deur die Romeine omstreeks150 n.C. as hoofstad van die Nemeters-stam onder die naam Noviomagus of Civitas Nemetum gestig is. As Spira was die stad omstreeks 600 die sentrum van die gewes Speyergau.

Domkerk van Speyer

In dieMiddeleeue was Speyer as Vrye Ryksstad een van die beduidendste nedersettings in dieHeilige Romeinse Ryk. Tussen 1816 en 1945 het dit as administratiewe setel van die Beierse administrasie van die Palts gefungeer en is tans 'n selfregerende stad in die deelstaatRynland-Palts met 'n bevolking van sowat 50 000.

Speyer staan veral bekend vir syKeiser- en Maria-domkerk, die grootste bewaarde Romaanse kerkgebou ter wêreld wat in 1981 deurUnesco totwêrelderfenis verklaar is. Speyer se domkerk is saam met die domkerke inMainz enWorms een van die drie Romaanse keiserdomkerke.

Speyer was een van dieAsjkenasiese Jode se hoofsentra in dieMiddeleeuseHeilige Romeinse Ryk. In 2021 is die drie SchUM-stede Mainz, Speyer en Worms (afgelei van die hoofletters van dieHebreeuse name van die drie stedeSjin (Sj, ש) virSjpira (שפירא, Speyer),Waw (U ו) virWarmaisa (Worms) enMem (M מ) virMagenza (Mainz) deurUnesco aswêrelderfenisgebiede gelys.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"ShUM Sites of Speyer, Worms and Mainz".Unesco. Besoek op29 Julie 2021.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Speyer&oldid=2419919"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp